Klein Bederf Produkte - Bethlehem Oos Vrystaat
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Klein Bederf Produkte - Bethlehem Oos Vrystaat, Health/Beauty, Bethlehem.
20/02/2026
FÉJNBOS VRYDAG
Die 3 Essensiële Olies wat elke huis moet hê.
Soms het jy nie ’n groot versameling nodig nie — net die REGTE drie. Lemon, Peppermint en Lavender is die klassieke kombinasie wat soveel behoeftes dek, van gemoed, selfs skoonmaak tot algemene welsyn.
🍋 LEMON – Vars & lig
Fisiese voordele: Suiwer die lug, ondersteun immuunstelsel, bevorder konsentrasie.
Gebruik: Diffuse in die oggend vir ’n helder, vars begin.
🌿 PEPPERMINT – Koel & verfrissend
Fisiese voordele: Verminder naarheid, verlig hoofpyn, bevorder asemhaling.
Gebruik: Diffuse in jou werkruimte vir beter fokus of massering van gespanne spiere.
🪻 LAVENDER – Sag & kalmerend
Fisiese voordele: Verminder angs en stres, bevorder slaap, verlig spierspanning.
Gebruik: Diffuse in die aand, paar druppels in jou bad of op jou kussing vir kalmte.
🍒 GEUR VD WEEK - KERSIE 🍒
Soet. Sappig. Spankelend
Vier die liefde en die soet oomblikke met ons spesiale Hartjie My Liefie pakket! Elke produk is gevul met die ligte, sappige en soet kersie-geur wat jou vel streel en jou dag net ’n bietjie meer vrolik maak.
Onthou: Ons Hartjie-my-Liefie pakket is SLEGS beskikbaar vir Februarie
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
17/02/2026
PRODUK VD WEEK - KLEIN SE SEEPKOEKE
Ons seepkoeke word HANDGEMAAK met sorg en LIEFDE. Geen harde chemikalieë, net sagte, natuurlike bestanddele wat jou vel voed en laat goed voel.
Dit is die tipe seep wat jou herinner hoe lekker eenvoudige selfversorging kan wees – romerig, sag op die vel en propvol goeie dinge uit die natuur.
Ons seepkoeke is ook geskik vir jonk en oud in ñ wye verskeidenheid van geure 🩷
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
12/02/2026
L Y F S P R O E I
Klein se Lyfsproei in Lietsjie, Roos & Rooibos is sag, romanties en heeltemal verslawend. Die geur is lig genoeg vir elke dag, maar steeds spesiaal genoeg om uit te staan.
Wat maak Klein se Lyfsproei anders?
• Dit voel vars op die vel en laat geen taai laag agter nie.
• Die geure word met sorg gemeng sodat dit natuurlik en nie oorweldigend ruik nie.
Ideaal vir gym, werk, jou handsak, dogter se skooltas of sommer net vir “’n vinnige sproei” wanneer jy ’n hupstoot nodig het.
As jy van iets vroulik en vrolik hou, is hierdie jou nuwe “go-to”.
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
11/02/2026
LIETSJIE, ROOS & ROOIBOS 🩷
’n Sagte, uitnodigende geur wat soos ’n liefdesbrief in die lug hang. Soet Lietsjie bring ’n speelse varsheid, Roos gee ñ sagte warmte en Rooibos rond alles af met ’n rustige, natuurlike diepte. Dis lig, vroulik en vol ’n rustige sjarme.
7 jaar in ñ ry is Lietsjie, Roos & Rooibos ons TOPVERKOPER geur!
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
10/02/2026
♥️ Hartjie my Liefie ♥️
'n Klein kersie-storie…🍒
Daar word gesê dat kersiegeur jou gemoed op dieselfde manier oplig as wanneer iemand vir jou glimlag. Dit bring daardie soet, speelse gevoel wat jou sommer dadelik beter laat voel.
Dit is ook hoekom dit so goed pas by romanse – daar’s iets aan kersie wat altyd ’n bietjie liefde, vrolikheid en lewe saambring.
Dit is dan ook wat ons Hartjie my Liefie pakket so besonders maak...dit is PROPVOL kersie 🍒
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
07/02/2026
Geniet Februarie se LEKKER Brosjure!
Ons is ekstra opgewonde oor hiérdie Liefie-maand want behalwe dat ons die LIEFDE opnuut vier, het ons besluit om hierdie maand, saam met al die gewone KLEIN-bederwe… sommer ’n lekker kompetisie en ’n gelukkige trekking ook te hou!
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
21/01/2026
Hoe ROOIER… hoe MOOIER…
As ons vir Januarie ’n kleur moet gee… is hy maar ’n ou vaal ene… iets tussen vaal en ’n blou (soos ’n baie lang blou-Maandag) dalk… MAAR gelukkig kan ons KIES watter kleur ons hierdie vaal ou maandjie mee wil afsluit en daarom het ons besluit op ROOI!
Hoe Rooier.. hoe Mooier en mag die res van 2026 sommer vir jou ook net mooi wees.
Hier is ’n paar van ons baie gewilde, maar skaars, geure waaroor ons altyd baie navrae kry en hulle is alles beskikbaar tot 31 Januarie.
Geniet die laatste bietjie van Januarie - ons groet hom met ’n “rooi-lip-soen” op die wang…
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Kontak my vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
19/11/2025
Kies eenvoud. Kies SUIWER
Elke produk is gemaak sonder natuurlike geure of kleurmiddels – net die goeie, voedende bestanddele wat jou vel nodig het. Perfek vir sensitiewe velle, babas, kinders, en almal wat van skoon versorging hou.
Wil jy jou eie unieke geur skep? Voeg jou gunsteling essensiële olie by en maak jou Suiwer-produk net so spesiaal soos jy!
As jy van “minder is meer” hou, sal die Suiwer-reeks jou nuwe gunsteling word.
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
15/11/2025
DAPPER soos DEBORA
Debora was sterk, wys en vol geloof — sy het nie teruggestaan vir uitdagings nie. Sy het geweet waar haar krag vandaan kom. 💛
Laat hierdie Debora Geskenkboks jou daaraan herinner om met selfvertroue en moed die lewe aan te pak. Elke produk – van die sagte Vanielje-lyfwas tot die kalmerende badsout – is daar om jou te help rus, herstel en herlaai.
’n Pragtige geskenk vir die vrou wat haar geloof uitleef, of vir jouself as ’n herinnering: Wees dapper soos Debora – Joshua 1:9
Ingesluit in die Pakket:
• 100ml Lyfwas & 100ml Lyfroom
• Vanielje Badsout
• Lipbalm + GRATIS bad borrel Bal
🗒️ Slegs beskikbaar vir bestelling tot 30 November om seker te maak almal kry hul pakkies betyds voor die vakansie.
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
15/11/2025
🤭 Die Kers-Geskenk brosjure is hier.
Soveel pragtige geskenke om van te kies of om jouself mee te bederf.
🗒️ Slegs beskikbaar vir bestelling tot 30 November om seker te maak almal kry hul pakkies betyds voor die vakansie.
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
07/11/2025
KLEIN SONBLOK
Klein se organiese Sonblok beskerm jou vel op die natuurlike manier.
Met minerale bestanddele wat UV-strale weerkaats, hou dit jou vel jonk en gesond — sonder harde chemikalieë of kunsmatige geure.
🌞 Sag op sensitiewe vel
🌞 Voed en bevogtig met plantolies
🌞 Koraalrif-veilig en omgewingsvriendelik
🩷 *Slegs R30 koerierkoste bydrae vir plaaslike kopers en 50% af op koerierkoste vir kliënte buite die dorp.
Vir meer navrae en bestellings - whatsapp 0827792915.
Click here to claim your Sponsored Listing.