Bianca Botha

Bianca Botha

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Bianca Botha, Knysna.

Bianca | 90’s 👶
Owner of BB’s Boutique
Entrepreneur operating in SA & internationally

Passionate, professional, and driven to deliver excellence.

✨ Support with Stars ✨

26/09/2026

Ek moes net so bietjie wegbreek van al die worries en stres… 🥹❤️

Net vir ’n oomblik alles vergeet, die musiek harder sit, voluit dans en myself geniet! 💃🔥

Want soms het ’n mens net nodig om asem te haal, die lewe te geniet en vir ’n rukkie van alles weg te breek. ✨

Geen worries. Geen stres. Net ek, die musiek en ’n lekker tyd! 💃🥂❤️

Best 🤳 camera 📷 man : Luan Els

26/09/2026

🌑 “Die Stem van My Jonger Self”

Geskryf deur
Bianca Botha

As ek terugkyk na my jonger self, sien ek ’n kind vol drome wat soms meer swaar as hoop gedra het. Ek sien die oë wat al te vroeg geleer het dat die lewe jou nie altyd sagkens hanteer nie. Ek sien die trane wat stil geval het in die nag, sonder dat iemand dit gesien het – trane wat gebrand het van seer, maar ook gewas het met ’n stille krag wat ek eers jare later sou verstaan.

My jonger self het geval – hard geval. Sy het gedink sy is nie genoeg nie, dat die wêreld te groot en te hard vir haar klein stem is. Maar elke keer het sy opgestaan. Met seer knieë en ’n gebroke hart het sy haarself weer opgetel, omdat sy geweet het: elke val is ’n les, elke wond ’n storie, elke litteken ’n herinnering dat ek oorleef het.

Ek kom uit ’n plek waar trots nie in goud gemeet word nie, maar in moed. Waar jy leer om met min, baie te maak. Waar jy leer dat liefde jou anker is wanneer alles om jou uitmekaar val. Ek het gekom uit nagte van twyfel en dae van harde werk – en elke oomblik het my gevorm in die vrou wat ek vandag is.

My jonger self, ek wil vandag vir jou sê: Ek is trots op jou. Jy was nie swak omdat jy gehuil het nie, jy was sterk omdat jy nooit opgehou het om weer te probeer nie. Jy het gebreek, maar jy het nooit jou gees laat sterf nie. Jy het gestruikel, maar jy het nooit opgegee nie.

Die wêreld sien vandag die glimlag, maar min verstaan die prys wat betaal is. Min weet van die gevegte wat agter geslote deure gevoer is. Maar ek weet. Ek weet en ek dra jou in my hart – elke deel van jou, elke traan, elke oorwinning.

Vandag staan ek. Nie omdat die pad maklik was nie, maar omdat ek geleer het dat groei pynlik is, maar noodsaaklik. Ek staan omdat jy, my jonger self, geweier het om te bly lê.

En dalk, net dalk… as iemand anders hierdie lees, sal hulle hul eie jonger self onthou, en met sagte oë sê: “Ek is ook trots op jou.”

#fypchallenge ❤️❤️

26/09/2026

Great specials and offers on Vit C skincare and suncare range at Aesthetic brew 🏖
Make sure you dont miss out on these offers and invest in your skin .The Skin Lab Professionals NEW Luminew spf30 mist
Sunskin Sunscreen tinted spf50

26/09/2026

Hier is sommer ’n spesiale somer vir al die jaloerse tannies op my page! 😆🤣😂

Jis, van julle mense in die comments is darem maar hartseer! 😂 Maar geen probleem nie — ek delete dit sommer. 🗑️😉

Dis MY page, my lewe en my content. 😌✨
As jy nie daarvan hou nie, vat jou paai en waai! 👋😂

Daar is ’n unfollow-knoppie vir ’n rede. 😉
Ek gaan in elk geval aanhou om my ding te doen! 💅🏼🔥

26/09/2026

🔥 SEEING THIS VIDEO? THIS IS YOUR SIGN! 🔥

It’s time to get behind the wheel of the GWM P300 LTD Bakkie! 🛻💪

Built for work. Ready for adventure. Designed to stand out! 🔥

📲 Contact Bianca Botha today for assistance:
069 469 1770
📧 [email protected]

📍 Motus GWM George

Your next bakkie could be just one WhatsApp away! 🤩🛻

26/09/2026

🚨 KYKNET BUITE LIG EXPO – HARTENBOS! 🚨

Die een waarvoor almal wag is HIER! 🔥
Kom bewonder die splinternuwe GWM TANK 500 3.0L – groot, kragtig en gereed om jou te beïndruk! 🖤

Ons het ook die bekende:
🚙 TANK 300 2.4 Diesel
⚡ GWM ORA 5

📍 Kom maak gerus ’n draai by ons hier in Hartenbos!
Kom kuier, vra vrae en ervaar die voertuie van naderby.

Motus GWM George
Your next adventure starts here. 🏁

25/09/2026

Ek belowe dis my eie oë!

Ekt my pa se oë gekry. 📌

25/09/2026

Gelukkige Vrydag almal!
🌻 ❤️

24/09/2026

Happy Anniversary my liefste Lu ! ❤️

❤️ ❤️ ❤️

22/09/2026

Ons dans sommer die stres weg man! 💃

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Knysna?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address

Knysna
6570