The Loots Leap
"In geloof het ons gespring. Deur geloof het ons aangekom. God het voorsien."
Ons is die Loots-gesin – 'n Suid-Afrikaanse gesin van vyf wat 'n groot sprong van geloof geneem het en God vertrou het om vir ons 'n nuwe lewe in Amerika te maak.
😂🇿🇦🦬 POPcorn Brigade… ONS HET ’N PROBLEEM!
Wanneer jy dink jy het Suid-Afrika verlaat en jy is nou veilig in Amerika… 🇺🇸
En toe kry ons sommer ’n RIEKIE én ’n BUFFELS in ons geweste! 🤣🤣🤣
Nou julle… wat doen ’n mens?!
In Suid-Afrika sou ons sê:
“Kom ons maak ’n vuur, gooi ’n vleisie op en kuier!” 🔥🥩
Maar hier in Amerika bly ons mos in ’n woonstel waar die reëls sê:
🚫 Geen oop vure nie.
🚫 Geen braai waar jy wil nie.
🚫 Moenie sommer ’n vuur maak nie.
So wat doen die Suid-Afrikaner?
ONS SIT DIE VUUR OP DIE TV AAN! 😂😂🔥📺
Daar sit ons toe… met ’n digitale kaggelvuur op die skerm, Rikkie aan die een kant, Buffels aan die ander kant, koue drankies in die hand en almal wat lag asof ons nog op ’n plaas in Suid-Afrika sit! 🤣🤣🤣
Ek sê julle… Amerika het nie geweet wat hulle kry toe hulle ons hier laat land het nie. 😂🇿🇦
Want gee vir ’n Suid-Afrikaner genoeg tyd en hy sal selfs ’n TV-vuur in ’n Amerikaanse woonstel verander in ’n volwaardige Suid-Afrikaanse kuierplek! 🔥😂
En dan hoor jy:
“Waar is die braai?”
“Op die TV.” 🤣
“Waar is die vuur?”
“Ook op die TV.” 😂
“Waar is die vleis?”
“Nog by Food Lion, maar ons werk daaraan.” 🤣🤣🤣
Maar honestly… wanneer jy ’n Rikkie Louw én ’n Buffels kry, het jy eintlik klaar alles wat jy nodig het.
Want die vuur is nie wat die kuier maak nie…
DIS DIE MENSE WAT DIE VUUR BRING. ❤️🔥🇿🇦
En vanaand het ons behoorlik warm gekuier — sonder om eers die woonstel se brandalarm te toets! 😂😂😂
🇿🇦🇺🇸
🍿
😂🔥
😂❤️ POPCORN BRIGADE… AS JULLE ONS GESIN KEN, KEN JULLE MY AMAZING MAN! ❤️😂
En as julle vir Alwyn ken, sal julle weet… dié man is ’n man van vele talente! 🤣
Maar vanaand het iets gebeur wat ek in baie jare nie gesien het nie…
HY HET SY KIERIE EN GOED WEER OPGETEL! 😂😂😂
Ja, julle lees reg!
Vir die eerste keer in baie jare het hy weer sy ou talent afgestof en besluit om ons te vermaak met OOM KALLIE! 🤣🤣🤣
En Popcorn Brigade… ek sê nou vir julle:
HY WAS DIE ORIGINAL! 😂
Nie daai nuwe generasie goed nie… nee nee… OOM KALLIE VAN TOENTERTYD! 🇿🇦😂
Ons het daar gesit en kyk en binne minute het die hele huis verander in ’n komedieklub. 🤣
Ek weet nie of dit die storie was, die maniere, die stem, die gebare of net die feit dat hy ná al die jare nog steeds presies weet hoe om OOM KALLIE uit te bring nie… maar ons het gelag tot die trane geloop het! 😂😭
En honestly… ná alles wat hierdie nuwe hoofstuk van ons lewe vir ons gebring het — al die veranderinge, spanning, nuwe dinge, nuwe land en alles tussenin — was dit presies wat ons nodig gehad het.
’n Aand van familie, vriende, lekker kuier en ’n klomp onbeheerste lag. ❤️
En wat ’n manier om ons ongelooflike aand af te sluit…
MET OOM KALLIE! 😂😂😂
Alwyn, jy het vanaand weereens bewys dat jy nie net my man is nie…
jy is ook ons eie een-man-komedievertoning! 🤣❤️
En Popcorn Brigade…
MOENIE EERS VIR MY VRA VIR ’N VIDEO NIE! 😂😂😂
Ek weet julle wil hom sien! 🤣
Maar ek sal net sê:
OOM KALLIE IS TERUG. 🇿🇦😂
☕🍿 Hello, Popcorn Brigade! Die koffie is warm en die nuus is vars!
Julle...
Gisteraand kry ons 'n voice note van ons goeie vriende.
📞 "Daar's moeilikheid. Julle moet kom. Daar is 3 goed weg gesteek in die huis en die Alwyn moet kom help , die bloedhond Gaan sniffel!" 🤣
Nou kyk...
Wanneer iemand vir my sê daar's moeilikheid, dink ek mos iemand het 'n been gebreek of die kat het die buurman aangeval.
Nie dat ons op pad is na Amerika se eie episode van Tannie Rikkie Louw nie. 😂
So daar troeper ons.
En wanneer ek sê troeper, bedoel ek:
So vinnig as wat my kort bene my dik g*t kon dra. 🤣
Toe wag die volgende uitdaging...
Die 103 trappe.
Teen trap 50 het ek begin hyg.
Teen trap 75 het ek begin bid.
Teen trap 103 het ek my voorouers gesien. 😂
Ons kom uiteindelik bo...
En julle...
Die effort wat in hierdie hele vertoning ingegaan het was next level.
Daar was leidrade.
Daar was verdagtes.
Daar was ondersoeke.
Daar was chaos.
En natuurlik...
Die ondersoekspan:
🕵️♂️ Alwyn
🕵️♂️ Victor
🕵️♂️ Eljay
🐶 Sniffels die Bloedhond
Ek weet nie wie die meeste gewerk het nie...
Maar ek is redelik seker Sniffels was die enigste een wat geweet het wat aangaan. 🤣
Na 'n intense ondersoek...
Die drie moeilikheidmakers is uiteindelik opgespoor!
Saak opgelos.
Verdagtes gevang.
Amerika veilig vir nog 'n dag. 😂
Natuurlik het ons toe 'n yskoue een gevat.
Want mens kan nie so 'n ernstige ondersoek doen sonder behoorlike verversings nie. 🍻🤣
Toe luister ons Tannie Rikkie.
Want as jy al twee maande in Amerika is, raak mens desperaat vir behoorlike Afrikaanse drama.
En daarna?
Ons het heerlik gekuier.
Lekker pizza geëet.
Stories vertel.
Gelag tot almal se mae seer was.
En die aand afgesluit met smoky.
Want hoe dan anders? 🤣
Dis die tipe aande wat mens laat besef dat huis nie altyd 'n plek is nie.
Soms is dit net goeie mense.
Goeie lag.
Goeie kos.
Nou kyk... wanneer Suid-Afrikaners nie net 'n Tannie Rikkie Louw nie, maar ook 'n Buffels in ons geweste kry, is dit presies wat gebeur." 😂
"Ek het nou besef wat gebeur wanneer jy 'n klomp Suid-Afrikaners vir twee maande van Tannie Rikkie Louw ontneem en dan skielik vir hulle 'n Buffels gee..."
🎭 Dieatrale produksies ontstaan. 🕵️ Speurspanne word gevorm. 🐶 Bloedhonde word ontplooi. 🍺 Yskoue eene word oopgemaak. 🍕 Pizza word bestel. Smoky verskyn uit die niet.
En voor jy jou oë uitvee, sit almal om 'n tafel en kuier asof hulle mekaar al 20 jaar ken. 🤣🇿🇦🇺🇸
Dis hoekom ek sê...
Jy kan die Suid-Afrikaner uit Suid-Afrika haal, maar jy kan nie die chaos uit die Suid-Afrikaner haal nie. 😂🍿❤️
🤣🇺🇸🇿🇦🍻🌭🍕🐶
🍿👇 Nou sê vir my, Popcorn Brigade...
Wat is die snaaksste speletjie of verrassing waaraan julle al deelgeneem het? 😂👇🍕🍻🐶
🍿 HELLO POPCORN BRIGADE!
Welkom by nog ’n episode van ons weeklikse reeks:
🇿🇦 SA vs 🇺🇸 AMERIKA
👨👩👧👦 DIE MENSE
Nou kyk… ons het al oor baie dinge gepraat sedert ons hier aangekom het.
Kos.
Inkopies.
Paaie.
Huise.
Werk.
Skole.
Maar vandag praat ons oor DIE MENSE. 😂
En laat ek sommer vooraf sê:
Nie ALMAL is so nie. 😂
Maar hierdie is die kultuurverskille wat ONS as Suid-Afrikaners raakgesien het.
---
👋 1. AFRIKANERS GROET. ALMAL.
Afrikaners het ’n vreemde vermoë om vir absoluut enige mens te groet.
Jy loop verby iemand:
“More!”
Geen idee wie dit is nie.
Geen idee of jy hom ooit weer gaan sien nie.
Maar jy GROET.
By die winkel:
“More!”
By die petrolstasie:
“More!”
By die dokter:
“More!”
In die hysbak:
“More!”
In die hysbak saam met 7 vreemdelinge?
“More almal!”
😂😂😂
En as niemand teruggroet nie?
Dan begin jy wonder:
“Het ek iets gedoen?”
🇺🇸 Amerika:
Jy loop verby iemand.
Jy kyk.
Hulle kyk.
Julle kyk albei vinnig weg.
INTERAKSIE VERMY. 😂
Maar dan gebeur dit:
“Hi! How are you?”
Jy:
“Good, how are you?”
Hulle:
“Good!”
Jy:
“Good!”
En almal loop verder.
EN NIEMAND HET EINTLIK GESÊ HOE DIT GAAN NIE. 😂
---
👵 2. WAAR IS OOM EN TANNIE?!
Hierdie een was vir ons ’n kultuurskok.
In Suid-Afrika het ons:
Oom.
Tannie.
Meneer.
Mevrou.
Jy respekteer iemand wat ouer as jy is deur hulle so aan te spreek.
Hier?
Hi, Sarah!
Sarah is 87.
Jy is 16.
Sarah.
😂😂😂
Jy kyk na jou kind:
“Go say hello to Sarah.”
Jou kind:
“Maar Mamma… sy’s oud!”
“Ja.”
“Moet ek nie Tannie sê nie?”
“NEE.”
“Wat moet ek sê?”
“Sarah.”
😂😂😂
Jy kan letterlik vir iemand wat drie keer jou ouderdom is sê:
“Hey Mike!”
En Mike is heeltemal gelukkig daarmee.
---
🫣 3. AFRIKANERS HOU VAN GESELS
Ons kan met enigiemand ’n gesprek begin.
Jy staan by die kasregister.
Die kassier sê:
“Did you find everything okay?”
Afrikaner:
“Ja, dankie! Ons het eintlik pas van Suid-Afrika af gekom…”
TWEE MINUTE LATER:
Die kassier weet van jou immigrasie, jou kinders, jou man se werk, waar jy woon, waar jy vandaan kom en waarskynlik jou hond se naam.
😂😂😂
Amerikaner:
“Did you find everything okay?”
“Yes.”
TRANSAKSIE VOLTOOI.
😂
---
🛒 4. DIE KASSIER IS NIE JOU NUWE BESTE VRIEND NIE
In Suid-Afrika kan ’n winkelbesoek soms ’n sosiale geleentheid wees.
Jy gaan koop melk.
Jy kom 45 minute later uit.
Want jy het iemand raakgeloop.
Daardie persoon het iemand anders raakgeloop.
En toe staan julle almal en praat.
Jy vergeet amper die melk.
😂
Hier gaan jy Walmart toe:
In.
Melk.
Uit.
Mission accomplished.
En jy kyk rond en dink:
“Maar… waar is almal se stories?” 😂
---
🏡 5. BUURMENSE
Suid-Afrika:
Jy trek in.
Dag 1:
“Hi buurman!”
Dag 2:
“Het julle al ingetrek?”
Dag 3:
“Ons braai Saterdag, kom kuier!”
Dag 4:
“Julle moet daai boom snoei.”
Dag 5:
“Jou kar se band lyk pap.”
Dag 6:
“Waar was julle gister?”
😂😂😂
Jou buurman weet basies alles.
Amerika:
Jy trek in.
Jy sien jou buurman.
“Hi.”
“Hi.”
Dag 2:
“Hi.”
Dag 30:
“Hi.”
Dag 90:
“Hi.”
Dag 180:
“Hey… what’s your name again?” 😂
---
🚪 6. “KOM KUIER!”
Hierdie frase het vir ’n Afrikaner ’n baie spesifieke betekenis.
“Kom kuier enige tyd!”
Ons bedoel:
KOM KUIER ENIGE TYD.
Maar dan leer jy…
Amerikaners hou nogal van:
“Let’s make plans.”
Wanneer?
Hoe laat?
Hoe lank?
Wie kom?
Wat bring jy?
😂
In Suid-Afrika:
“Kom braai Saterdag.”
“Okay.”
“Bring net iets.”
“Okay.”
En 17 mense daag op.
🇺🇸 Amerika:
“BBQ Saturday.”
“Great!”
“Who’s coming?”
“What time?”
“What should I bring?”
“How many people?”
😂😂😂
---
🍖 7. BRAAI vs BBQ
En moenie eers met ons oor hierdie een begin nie.
🇿🇦 BRAAI:
Die vleis is die belangrikste.
Iemand staan by die vuur.
Daar is ’n koelhouer.
Iemand bring slaai.
Iemand bring brood.
Kinders hardloop rond.
Musiek speel.
Iemand sê:
“Net nog een vleisie.”
Twee ure later eet almal nog.
😂
🇺🇸 BBQ:
Daar is burgers.
Hotdogs.
Chips.
Potato salad.
En almal vra:
“What did you bring?”
😂😂😂
---
👨👩👧👦 8. FAMILIE IS FAMILIE
In Suid-Afrika is familie dikwels oral.
Ouma.
Oupa.
Oom.
Tannie.
Niggie.
Neef.
En iemand wat nie eintlik familie is nie, maar almal noem haar Tannie Susan.
😂
Hier kan familie soms baie verder van mekaar af woon.
En ons besef hoe anders dit is om nie sommer net te kan sê:
“Ons gaan Ouma toe vir koffie.”
Want Ouma woon dalk vier ure weg.
😢❤️
Maar aan die ander kant kry ons om nuwe mense hier te leer ken en nuwe verhoudings te bou.
---
🎂 9. VERJAARSDAE
Suid-Afrika:
“Wat doen julle vir jou verjaardag?”
“Ag niks groot nie.”
Daag op by die huis:
20 mense.
😂
Amerika:
“Are you having a birthday party?”
“Yes.”
“Great! Where?”
“Saturday.”
“Okay, I’ll RSVP.”
RSVP?!
Ons Afrikaners:
“RSVP wat? Ek stuur net vir jou ’n WhatsApp.” 😂😂😂
---
☕ 10. “KOM DRINK ’N KOFFIE”
In Suid-Afrika:
“Kom drink ’n koffie.”
Dit beteken:
Kom sit.
Praat.
Vertel jou hele lewe.
Eet iets.
Nog koffie.
Nog gesels.
“Ag, bly sommer vir aandete.”
😂
Hier leer ons:
“Want to grab coffee?”
Dit kan letterlik beteken:
Koffie.
20 minute.
Bye.
😂😂😂
Ons:
“Maar ons het nog nie eens behoorlik gesels nie?!”
---
🫶 11. HULP AAN ’N VREEMDELING
Hierdie is een ding wat ons baie mooi gevind het.
Jy kan in Amerika iemand vra:
“Excuse me, can you help me?”
En baie mense sal probeer help.
Selfs al ken hulle jou glad nie.
En vir ’n immigrantegesin wat hier aankom en NIKS ken nie…
is daardie klein oomblikke van vriendelikheid groot.
❤️🇺🇸
---
🗣️ 12. “HOW ARE YOU?”
Hierdie een het ons lank geneem om te verstaan.
In Suid-Afrika:
“Hoe gaan dit?”
Jy vertel hoe dit gaan.
Regtig. 😂
“Ag, nie baie goed nie. My rug is seer, die kinders is stout, my kar maak ’n snaakse geluid…”
😂
Hier:
“How are you?”
“Good!”
“How are you?”
“Good!”
“How are you?”
“Good!”
😂😂😂
Ons Afrikaners:
“Maar jy vra my mos hoe gaan dit?!”
---
🙏 13. “GOD BLESS YOU”
Nog iets wat vir ons mooi was.
Jy hoor mense maklik sê:
“God bless you.”
En soms is dit net ’n klein sinnetjie…
maar wanneer jy duisende kilometers van jou huis af is, jou hele lewe probeer herbou en iemand sê dit vir jou…
voel dit anders. ❤️
---
😂 14. DIE GROOTSTE VERSKIL?
Afrikaners kan baie persoonlik wees.
Ons vra:
“Waar bly jy?”
“Wat werk jy?”
“Hoeveel kinders het jy?”
“Hoe oud is hulle?”
“Waar kom julle vandaan?”
“Is jy getroud?”
“Hoe lank is julle al getroud?”
“Hoe gaan dit met jou ma?”
😂😂😂
En ons dink:
DIS NET GESPREK!
Maar ’n Amerikaner kan dalk dink:
“Wow… this person wants my entire biography.” 😂
---
❤️ EN TOG...
Na alles wat ons grappenderwys uitwys…
is daar een ding wat ons besef het.
Ons hoef nie te kies watter kultuur “reg” is nie.
🇿🇦 Suid-Afrika het ons geleer om mense te groet, te kuier, familie te waardeer en sommer ’n vreemdeling soos ’n ou vriend te behandel.
🇺🇸 Amerika leer ons dat vriendelikheid ook stil kan wees — ’n glimlag, ’n “Have a great day”, iemand wat ’n deur vir jou oopmaak, of ’n vreemdeling wat stop om te help.
Ons is nog besig om hierdie hele Amerikaanse ding uit te figure. 😂
Party dae voel ons soos:
“Okay, ons verstaan!”
En die volgende dag:
“NEE. WATTER KULTUUR IS HIERDIE?” 😂😂😂
Maar stadig maar seker begin ons ons plek hier vind.
Ons mis ons mense.
Ons mis die lang kuier.
Ons mis die spontane braais.
Ons mis daardie Suid-Afrikaanse “kom sit gou”.
Maar ons maak nuwe vriende.
Ons leer nuwe gebruike.
Ons leer nuwe maniere van lewe.
En miskien is dit presies wat immigrasie is…
Jy verloor nie jou kultuur wanneer jy ’n nuwe land leer ken nie. Jy vat jou kultuur saam… en voeg nuwe hoofstukke by. ❤️🇿🇦🇺🇸
So Popcorn Brigade…
🍿 Wat is die grootste verskil wat JY tussen Suid-Afrikaners en Amerikaners raakgesien het?
En asseblief…
MOENIE MY IN DIE KOMMENTAAR AFKRAAK NIE. 😂😂😂
Ek is nog nuut hier!
🇿🇦➡️🇺🇸❤️
24/09/2026
☕🍿 Liewe Popcorn Brigade...
As jy my video oor boelies geluister het, wil ek jou vra om vir 'n oomblik stil te word en na my dogter se storie te luister. ❤️
Gabriella is nie net my kind nie.
Sy is 'n oorlewende.
Sy het die pyn van boelies, verwerping, angs en trauma eerstehands beleef. Dinge wat geen kind ooit behoort te ervaar nie.
Daar was dae wat ons as ouers magteloos gevoel het.
Dae wat ons gewonder het hoe ons haar weer laat glimlag.
Dae wat ons harte gebreek het saam met hare.
Maar deur al die seer het sy iets ongeloofliks gedoen...
Sy het haar storie geskryf. ✍️❤️
"It Starts With Acceptance" is nie net 'n boek nie.
Dis die stem van 'n tiener wat geweier het om deur haar trauma gedefinieer te word.
Dis eerlik.
Dis rou.
Dis hartseer.
Maar dis ook vol hoop.
As hierdie boek net een kind help besef hulle is nie alleen nie, of net een ouer help verstaan wat in hul kind se hart aangaan, dan was dit die moeite werd.
En dankie dat julle altyd ons familie ondersteun. Julle besef nie hoeveel dit vir ons beteken nie. ❤️🍿
❤️📖
ASB!!! Staan op teen boelies. Een kind wat voel hy of Sy is nie goed genoeg nie is een kind TEVEEL!
24/09/2026
☕🍿 Hello, Popcorn Brigade! Die koffie is warm en die nuus is vars!
🇿🇦🇺🇸 SA vs Amerika Week – Dag 4: INKOPIES 🛒😂
Julle...
Kan ons net vir 'n oomblik praat oor inkopies in Amerika?
Want ek weet nie wie hierdie winkels ontwerp het nie, maar ek is redelik seker hulle het begin met:
"Hoe maak ons seker niemand kry ooit weer hulle kar binne 5 minute gevind nie?" 🤣
🇿🇦 Suid-Afrika:
Jy ry winkel toe.
Jy parkeer.
Jy stap in.
Jy koop melk.
Jy koop brood.
Jy koop toiletpapier.
Jy stap uit.
Klaar.
🇺🇸 Amerika:
Jy parkeer.
Jy stap.
En jy stap.
En jy stap nog bietjie.
Teen die tyd wat jy by die voordeur kom, het jou slimhorlosie jou gelukgewens met jou daaglikse stappeteiken. 😂
🛒 DIE TROLLIES
In Suid-Afrika vat jy 'n trollie.
In Amerika vat jy 'n trollie met die draaivermoë van 'n Boeing 747.
Ek weet nie hoekom nie, maar daai goed wil nooit gaan waar ek wil gaan nie.
Ek draai links.
Die trollie besluit:
"Nee, ons gaan vandag regs." 🤣
🥫 DIE KEUSES
Julle...
Wie het besluit een winkel het 47 verskillende soorte ketchup nodig?
Ek wou net tamatiesous koop.
Nou staan ek voor 'n rak vir 20 minute en lees:
✔️ Organies
✔️ Extra organies
✔️ Geen suiker
✔️ Minder suiker
✔️ Meer suiker
✔️ Pittig
✔️ Ekstra pittig
✔️ Pittig vir mense wat nie van pittig hou nie
Ek wou net chips eet. 😭😂
🥛 MELK
In Suid-Afrika:
Volroom.
Laevet.
Vetvry.
Klaar.
Amerika:
Amandelmelk.
Hawermelk.
Sojamelk.
Klappermelk.
Cashewmelk.
Ek is redelik seker daar is iewers eekhoringmelk ook. 🤣
🧾 DIE PRYSE
Nog iets...
Die prys op die rak is NIE die prys wat jy betaal nie.
Want dan kom belasting.
Elke keer.
Ek staan by die kas en dink:
"Maar jy het dan gesê dis $4.99?"
Die kasregister:
"Nee." 😂
🏪 DIE WINKELS
Walmart.
Target.
Costco.
Sam's Club.
BJ's.
Aldi.
Lidl.
Kroger.
Safeway.
Giant.
Food Lion.
Publix.
Manne...
Ek voel soos iemand wat Pokémon probeer versamel. 🤣
🧻 GROOTTE MAAK SAAK
In Suid-Afrika koop jy 'n pakkie toiletpapier.
In Amerika koop jy genoeg toiletpapier om 'n klein dorpie deur die winter te kry. 😂
Dieselfde met mayonnaise.
Dieselfde met koffie.
Dieselfde met kaas.
Ek het al goed gesien wat groot genoeg is om as meubelstukke te kwalifiseer. 🤣
❤️ MAAR...
Een ding wat ek moet sê...
Amerika maak inkopies maklik.
Die winkels is skoon.
Die rakke is vol.
Die keuses is eindeloos.
En as jy iets soek...
Is daar gewoonlik 73 weergawes daarvan. 😂
🍿👇 Nou sê vir my, Popcorn Brigade...
Wat was die grootste kultuurskok vir julle toe julle die eerste keer in 'n Amerikaanse winkel ingestap het? 🇿🇦🛒🇺🇸😂
🍿❤️🇺🇸🇿🇦
Ons is blessed!
🍿 Guys, gaan volg ons asseblief op TikTok ook as julle nog nie doen nie! 😂❤️
Ons deel daar ook ons Loots Leap adventures, chaos, Amerika stories en alles tussenin. 🇿🇦🇺🇸
Kom loer in, druk daai Follow-knoppie en stap saam met ons op TikTok! 🥰✈️
🎬 .leap
Ons Popcorn Brigade groei daar ook! 🍿❤️
https://www.tiktok.com/?_r=1&_t=ZS-99ylSuiqiW4
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the business
Telephone
Website
Address
22301