Klein Bederf - Pretoria Oos
Pretoria-Oos Agent & Handelshoek Eienaar. Top kwaliteit, natuurlike produkte. Elke produk word gemaak met ń KLEIN bietjie ekstra liefde!
29/11/2025
❗️Clearance Sale ❗️
Laaste paar produkte nog beskikbaar.
First come, first serve 👇
☎️ 083 845 7546
27/11/2025
❗️Clearance Sale ❗️
Klein Bederf Pretoria Oos sluit sy deure.
Hierdie is die perfekte kans om al jou gunsteling bederwe te kry vir jouself OF as ń Kersgeskenk vir jou geliefdes!
First come, first serve 😉
Optel in Equestria/Centurion, of Pudo teen eie onkostes.
☎️ 083 845 7546
15/10/2025
Hello julle! ✨
Hier is die vakansie brosjure van Klein 🤩
Dit is met ń swaar hart dat ek dan ook moet noem dat hierdie die laaste katalogus is wat ek sal deel & na hierdie ongelukkig nie meer ń agent sal wees vir Klein Bederf nie.
Daar is nog ń hele paar items beskikbaar op die handelshoek wat ek van ontslae wil raak- so hou julle oë & ore oop vir winskopies!
Let wel- die brosjure is slegs geldig tot 9 November 🫶
Dankie vir al die ondersteuning tot nou toe 🔆
Liefde!
01/07/2025
KLEIN LYFBOTTER 🐑
Het jy geweet?
Klein se Lyfbotter bevat Shea- en Kakaobotter. Kakaobotter vorm ‘n beskermende lagie teen die wind en koue, terwyl Shea-botter inflammasie en velirritasie kan verminder.
Sonder harde chemikalieë of kunsmatige geure, is Klein se Lyfbotter perfek vir sensitiewe velle of selfs tydens swangerskap.
Beskikbaar in ñ verskeidenheid van geure.
20/05/2025
BEDERF VIR PAPPA - Vadersdag is om die draai!
Bederf daardie spesiale baardman met ons Baard Bederf Pakket – met natuurlike sorg en styl.
Gebruik Klein se Baardolie en SnorWaks só:
- BAARDOLIE: Masseer ñ paar druppels (begin by die wortels en werk tot by die punte) in jou baard EN vel na jou stort of gesigwas. Jy kan ook ñ baardkam gebruik om die olie meer eweredig te versprei.
- SNORWAKS: Gebruik ñ klein bietjie waks, vryf tussen jou vingers (tot dit sag en maklik smeerbaar is). Werk dit in jou snor in – Begin by die middel en werk na buite.
Klein Wenk: As die waks te hard is, hou dit ’n paar sekondes in jou broek- of hempsak om op te warm.
083 845 7546
15/05/2025
Vadersdag is om die draai ✨
Bederf jou pappa!
Bestellings sluit 28 Mei, maak seker jy bestel betyds 🫶
083 845 7546
25/04/2025
FÉJNBOS VRYDAG
Splinternuut by Klein - Essensiële Olie-rollers
As ouer wil jy altyd voorbereid wees vir wanneer jou kind siek is, seer het of die winter-goggas vir jou loer. Essensiële Olie-rollers is 'n natuurlike, maklike en veilige manier om algemene kinderklagtes te hanteer.
Ons Mammas se Vasvat-Vyf Pakket is ñ 5-in-1 pakket wat elke Mamma help om alledaagse kieme
te klop!
Klein Nota: Vir babas onder 'n jaar, verdun (indien nodig) met ñ "carrier" olie van jou keuse en doen 'n veltoets. (Die ideaal vir verdunning sal 3-5ml carrier wees)
083 845 7546
Click here to claim your Sponsored Listing.