Elke dag se stories
Elke dag se stories wat relatable is - ons moet lag, anders huil ons �
Daar kom absoluut 'n tyd in jou lewe wat jy dood eenvoudig net nie meer ander mense se 'emosies' op jousel kan dra nie. Jy toon simpatie teenoor 'n situasie en offer dalk advies, maar om daardie persoon se gevoellens op jou skouers en hart te laai, verander verseker met tyd en soos jy ouer word.
As jy 'n slegte dag gehad het, is ek hier om te luister, maar ek gaan nie toelaat dat jy dit op my uithaal of dit my probleem maak nie.
As jy moeg is weens watse okal rede, sal ek jou rustigheid wees, maar ek sal nie toelaat dat jy my afbring tot op jou vlak van energie.
As jy net plein weg gatvol is na 'n dag en ek het nog spoed, gaan ek weereens nie toelaat dat jy my spoed breek nie.
Boundaries en mutual understanding word in vandag se tyd totaal en al misbruik. Mense d**k dis reg om hulle hopie strooi op jou voorstoep te kom gooi en ons tel dit maar op en loop daarmee boonop jou eie hopie waaraan jy reeds dra.
Maak vanaand 'n besluit om JOU boundaries te stel. As iets nie vir JOU voordeel in het, wees gemaklik en hê vrymoedigheid in jouself om daarvan weg te stap.
Jy sal nooit enige ander persoon se 'redder' wees want elke ou het sy eie vryewil en gesonde verstand om sy eie besluite te neem, so inplaas daarvan om jouself moeg te maak om ander se probleme op te los, treê terug en cheer net van die kantlyn af, as hulle val, help jy op tel, tot dit op die lyne van JOU eie boundaries kom.
Hou op sleg voel oor besluite wat jy maak en hoe dit ander gaan affekteer, dit is JOU lewe. As ek nou waaragtig fyngevoellig moes wees oor elke ander jan, raap en maat se opinie oor MY, sou ek seker al in 'n inrigting gewees het.
Met boundaries kom natuurlik respek ook. Jy moet steeds ander in ag neem. Jou besluite kan ook nie ander negatief beinvloed.
'n Kar ry net as al sy party werk, so moet ons wees, ons moet vir mekaar kan sê as jy nie gelukkig is oor iets en dit overstep jou boundary sonder dat die ander party dit persoonlik opneem, as nie, gaan jou 'kar' naderhand begin ingee en dan totaal breek, simbolies vir bv, vriendskappe.
As jy my kwaad/ongelukkig gemaak het, gaan ek vir jou sê, ek verwag dat jy luister, as jy nie saam stem, kan ons daaroor gesels, gesonde kommunikasie gaan vêr.
Stop tollerating drama.
Drama en gestoorde emosies is soos om elke dag bietjies-bietjies gif te drink, jy maak net jouself siek of 'dood'.
Kinders grootmaak is verseker nie vir sussies. Daai klein handjies is blitsvinnig om iets van 'n kas of tafel te pluk, vanoggend 'n koppie koffie insident gehad, dank die Vader die koffie was al lou, maar nog warm genoeg om die sagte velletjie te laat lyk asof jy 'n warm bord teen jou bors vasgehou het, daai rooi, "te lank in die son gelê" velletjies. 5min Later darem weer normaal. Maar jy skrik vir jouself deurmekaar. Dadelik sê my brein ook om die hempies uit te kry want daai koffie gaan in sy velletjie intrek 🤭 en dan hardloop jou brein deur 6 files geleik om te kom by die folder van "brand wonde". Ek het sommer net 'n koue wipe op sy borsie laat lê terwyl ek alles anders uitgepluk het, broek, kouse, hempies en sommer doek.
Nie eers 'n volle half uur later, verstuk die outjie aan 'n miniatuur klein stukkie maalvleis waaraan ek peusel wat oorgebly het van gisteraand se aandete. Ek gee so kleeeeeein happie en daar raak die gesiggie rooi en, soos dit ruik, kom tot verlede week se pronutro uit 🫣, jy slaan daai ruggie dat alles los kom.
Nou ja.. dusver is ons nog veilig en rustig, seuntjie wissel sy vloeistowwe tussen melk en pine nut koeldrank af, 1 slukkie melk, 1 slukkie pine nut - kan nie d**k dit is lekker, maar nie te min, each to their own.
04/09/2024
Ek is mal oor programme wat oor ons natuur en diere gaan. Vandag het my brein 7 keer ge'short curcuit' toe ek 'n video op FB kyk van 2 King Cobra's wat mekaar p*k en natuurlik moes ek verder daaroor gaan lees.
Daar was ook 'n gedeelte, van my navorsing, waar hulle noem as 'n slang vreesbevange is, p*k hulle hulself 🤷♀️, dis soos ek ook nou die dag gelees het dat 'n skerpioen homself steek as dit te warm raak.
Ek wens soms ek kon 100% die ware, rou eerlikheid praat sonder om ongeskik te wees of voor te kom.
Mens moet in vandag se tyd jou woorde SO tel as jy met iemand gesels, want die een is sensitief teenoor dit en daardie een is sensitief oor dat..
Jy ken die mense sommer vroeg in 'n gesprek uit met wie jy kan lekker gesels en wie gaan weer alles wat jy sê persoonlik opneem en 'n moewiese bohaai daaroor opskop.
30/08/2024
Nostalgie.
Ek onthou hoe ek altyd gevoel het ons leef in 'n droë wêreld, asof daar nie genoeg water in die land is soos my ouers kon gil as ek bad getap het. Groot droogte op ons - een of ander pandemie. Naderhand sing jy ook kliphard om die klank te smoor, but they know.. jy hoor die geyser altyd beter in die vertrek waar jou ouers is, jy flous net jouself eintlik.
As kind het jy gevoel "dis reg, ek sal in DRUPPELS bad" - groot houding.
Vandag betaal ek my eie rekeninge and let me tell you, ek verstaan nou, jy kyk net vir jou bad of stort dan vlieg die rande verby 🤭
28/08/2024
*Resep vir die dag*
28/08/2024
*Geloof*
28/08/2024
Ek soek vanoggend seker 'n lank na my borsel en gaan piepie toe heel toevallig in die mits van my soektog en daar dryf die borsel.. Lukas gooi alles wat sy handjies kan dra in die bad, ek het al die besem ook so uitgevis. Ek begin vrees ons gaan nog een oggend die xbox afstandbeheer ook daar moet uithaal, so ek hou maar alles so paar sentimeters hoër as hy, weg.
*Boek Uittreksel*
Ek kan nou nie vir julle vertel van toe ek baba was, maar as ek na die outydste videografie kyk waar jy die tape in die groot boks druk na jy hom terug gedraai het jou vinger, sien ek so klein krulkop dogterjie rondhol met tuisgemaakte klere wat oor elke rolletjie perfek druk. Gras groen en Mamma met haar lang, swart krul hare wat trots afneem wat ek doen. Ek onthou pertinent 'n huis met wit tralies, oopplan kombuis en leefarea, daar is baie maatjies in die video, ek d**k dis 'n partytjie. Ek hoor goeie vriende van my Ma in die agtergeond wat roep "Danielllleeeee", so vriendelik, ek neem aan ek doen iets oulik wat almal giggel.
Volgende op die video sien jy my partytjies waar daar soveel moeite gedoen is, alles hand gemaak, die kleursel sit vir 'n week nog aan my Ma se hande soos sy gebak en karretjies aanmekaar geplak het met icing. Karretjies, cones - ek onthou die Drie Varkies en 'n Barbie koek goed. Ons het nog op so groot trekker band gespring in die rondte, vreeslik lekker. Ek het soggens opgestaan met ballonne orals om my, dit was so lekker. Partytjies by die Spur met klomp maatjies, ek onthou van hulle vandag nog.
Ek onthou ook hoe baie my Ma gewerk het, weg gewerk het.
Dan word ek wakker soggens met my Oupa wat my wakker ruk, seker hoekom ek vandag as grootmend dit grief as iemand my hard wakker maak. Maar, dan druk hy oats of matabela in my hand dat ek eers ontbyt in die bed eet. Ander oggende staan my Oom in die kombuis en maak vir my eiertjies, wou altyd groot geselsies aankoop, dan roep my Ouma my dat sy my hare kam, sy het, soos dit gevoel het, 30 bedkassies gehad waarby jy moes skuif, amper soos in die kerk as jy verby mense se knieë moet skuif. Dan kam sy my hare en praat party oggende glad nie.
Met sport byeenkomste was my Oupa altyd daar as my Ma nie kon, ek onthou kwaad hy langs die atletiek baan kon raak as iemand voor my ingehardloop het of as ek 'n doel gegooi het met netbal hoe hard hy gegil het. Ek was vir hom 'n hoogspring ster. Na 'n besige dag gaan ons huistoe, ek gaan lê op sy skoot, hy kielie my rug en dan raak ek binne minute aan die slaap dan raas my Ouma altyd want ek het nog nie gebad.
As kleintjie en wat ek kan onthou, was ek so gelukkig.
27/08/2024
*Fun fact*
Nou ja.. Dinsdag.
Ek is vrot siek, maar mens kon so iets 'n myl ver sien kom met wat tans alles hier aangaan. Ek gesels nou die dag met my Ma en vertel vir haar dat alles net uitmekaar val die laaste ruk en haar vraag was toe "leef jy die laaste tyd nader aan God?", na ek so rukkie daaroor ged**k het, besef ek ja, my en God se verhouding is nog altyd ons spesiale band en dat ek duidelik kan voel ek word aangeval die laaste ruk deur die bose van onder.
Ons wasmasjien het gebreuk.
Ek kry elke dag tenminste 4-5 oproepe van plekke waar ons geld skuld van daardie week met Apie in die hospitaal wat die medies nie betaal het. Ons hek motor het ophou werk. Ons moes vinnig te werk spring met familie wat hulp gekort het. Marcel se werk is 'n groot deel van ons lewens, ons sien hom min. Apie se mangels flair elke 2de dag op dat ek saans kan hoor die outjie sukkel met asemhaal en sluk as hy tietie drink... ag, die lys gaan aan...
MAAR, dan sê God vir my, jy kan in die bed gaan klim en rus om gesond te word, julle HET 'n wasmasjien, jou kind het RS oorleef, julle het 'n huis al is dit nie perfek, jou familie lid het oorleef en is nou op die beste moontlike plek om te genees in MY naam, Marcel HET werk, Apie is 'n gesonde 16 maande oue seuntjie en daar IS hulp vir sy mangels..
So eintlik, het ek meer om voor dankbaar te wees want elke probleem sê God, "I've got you".
Ons is geneig om vas te kyk aan die probleem en moed op te gee, as meer mense net sal rustig raak en na God luister, sal jy sien jou probleme is eintlik net 'n druppel in die emmer.
Vers wat my dra in die lewe en dis getattoo op my arm - "I can do all things through Him who gives me strength"
Philippians 4:13
As jy vandag 'n struikelblok ervaar, raak rustig, haal asem en luister, God praat met jou.
God vat NIKS weg en vervang dit nie met iets meer worthy nie. Hy is 'n God van liefde.
Jy sal okay wees al voel dit nou bietjie donker.
Click here to claim your Sponsored Listing.