Klein Bederf - Straussburg
Gee jou vel die liefde wat dit verdien – natuurlik!
NATUURLIK 🤍
Jou vel verdien net die beste –
Klein se natuurlike Lyf- en Velsorgprodukte is propvol goedheid uit die natuur om jou vel te voed, te beskerm en te laat straal.
04/10/2026
O I L & G L A S S
Kry 'n gratis 5ml Tea Tree olie saam met jou Oil&Glass Boek hierdie Oktober.
164 bladsye propvol selfdoen-resepte met essensiële olies. Maklik-om-te-volg resepte met mooi foto's.
Hoe om essensiële olies te gebruik en belangrike veiligheidswenke
Verdunningsverhoudings vir kinders en volwassenes
Alle benodighede, mooi gelys
'n Wonderlike geskenk, of 'n pragtige koffietafelboek!
Bestel joune sommer nou teen slegs R450.00
https://kleinsewinkel.co.za/produk/oil-glass-essential-oil-recipe-book/agent/220/
08/09/2026
Ou-gunstelinge kuier die maand by Klein!
Wie onthou...
Ons baie gewilde Roos Redding...
Klein se heel eerste SEEPSKYWE...
Wat van Japie en ons baie oulike Kudde-skapie...
Van Badtee... tot See Skrop... en ons gewilde Opkikkerolie..
Van Klappermelk, Lemmetjie en Borrelgom lyfies... tot "Sample" Sakkies en nog so baie meer... Daar is so ongelooflik baie produkte en geure wat eie is aan Klein en ons herinneringe aan elkeen is nét goed...
Dankie dat ons jou huishouding se velle al vir so baie jare kon voed!
Mag ons dit vir die volgende 80 jaar ook doen...
Bestel al ons "Golden Oldies" hierdie maand op: www.kleinsewinkel.co.za/agent/220/
28/08/2026
28/08/2026
LEKKER LIPPE MET KLEIN LIPSALF ... gereed vir hierdie
VRYDAG! 😁
Ons lipsalf is 'n moet vir elke handsak!
In 5 verskillende geure, geskik vir oud en jonk...kan jy met mooi versorgde lippe pronk 💋
27/08/2026
Lemoen & Vanielje 🍊🍊🍊🍊🍊🍊
’n Heerlike, sonnige sitrusgeur waar vars, sappige lemoen perfek saamsmelt met die sagte, romerige soetheid van vanielje.
Die lemoen bring ’n vars, vrolike energie, terwyl die vanielje ’n warm en sagte afronding gee. Die resultaat is ’n geur wat vars én vertroostend is — soet sonder om oorweldigend te wees.
’n Regte voelgoed-geur wat jou laat dink aan sonskyn, vars lemoenskil en iets lekkers wat in die kombuis bak. 🍊
Bestel ons GROOT verskeidenheid Lemoen&Vanielje produkte nou, aanlyn of by jou naaste Klein Agent.
Lekker terugvoer van 'n Klein-kliënt:
"Baie dankie!!! Ek was gister vir ‘n facial en die vrou sê my vel lyk amazing vandat sy my laas gesien het. Het julle kollageen room en age reversal serum na die Junie vakansie begin gebruik en ek moet sê, nog nie weer gesukkel met droogheid/uitbrekings nie”
Waarvoor wag jy? Kom kry jou Klein Velsorg nou!
www.kleinsewinkel.co.za/agent/220/
22/08/2026
KLEIN MAANDBOKS KLUB!
As jy nog WONDER of jy moet… is dit is NOU die tyd om jouself ook ’n bietjie te bederf elke maand.... of om jouself WEER te begin bederf!
September is nie net Klein se verjaarsdag nie... 'n Nuwe verrassing vir ons Maandbokslede skop ook af! Vanaf September kry jy met jou VERJAARSDAG 'n spesiale Verjaarsdag-maandboks, met unieke bederwe spesiaal vir jou gepak.
NOGSTEEDS teen slegs R395, koerier INGESLUIT, is die verrassing wat jy elke maand op jou stoep ontvang SO die moeite werd!
Volg die skakel en nooi sommer jou vriendinne, Moeder en sussies almal saam!
Maandboks-Klub Registrasies:
https://kleinsewinkel.co.za/dames-maandboks-klub/agent/220/
Vir enige navrae, kontak gerus ons Maandboks-mamma by [email protected]
Ek sien uit om jou naam op die lys te sit!!
Jy is die bederfie-vir-jouself werd.
Liefde,
Klein se Maandboks-span
21/08/2026
Klein se LYFROOMSPROEI is gerieflik en maak roomsmeer sommer baie vinnig en maklik. Veral vir die seuns wat nié mal is oor "SMEER-STORIES" nie en kleine lyfies wat altyd haastig is na 'n nuwe avontuur! 🤍
Ook ideaal vir daai somerdae wat voorlê - as jy nie 'n "swaar" room wil aansmeer nie, maar tog 'n sagte en gesonde vel wil hê.
Ons LyfroomSproei is lank reeds 'n top-verkoper in die winkels en onder ons Agente! Gerieflik in 'n spuit botteltjie wat maklik in enige sak pas.
100ml vanaf R75.00
300ml vanaf R130.00
GOEIE NUUS: Ons Rooibos Redding is ook weer beskikbaar as 'n Lyfroomsproei!
Beskikbaar op ons webblad en landswye Klein Agente.
www.kleinsewinkel.co.za/agent/220/
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the business
Telephone
Address
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Klein Bederf - Straussburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.