Klein Bederf Produkte Namibië - Roselee
Klein het 'n bederf vir groot en klein; van kop tot toon. Net die beste, NATUURLIK!
10/07/2025
GEUR VD WEEK - LEMOEN & VANIELJE
’n Delikate balans van Soet Sitrus en Vertroostende Vanielje 🍊
Laat jou vel en sintuie omvou word deur die soet reuk van sappige lemoenskille — vars en vrolik — perfek gebalanseer met die fluweelsagte warmte van egte vanielje. Hierdie geur is soos sonlig op jou vel en trooskos vir jou siel.
Dis opgewek maar oók kalmerend, speels maar vertroostend – ’n geur wat jou herinner aan kindwees, warm gebak uit die oond, sonskyn op jou gesig en ñ rustige Sondagmiddag.
Beskikbaar in ñ wye verskeidenheid van produkte 🍊🍊
06/07/2025
Hello JULIE!
Dit Julie en ons betree al sowaar die tweede helfte van 2025.
Ons teksvers vir die maand is Jesaja 40:31 - "Maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie."
Dit beklemtoon die beloning van geduld en vertroue in God, wat ons krag en volharding gee in moeilike tye.
In JOU seisoen van wag en herstel, sal God jou krag gee om WEER te VLIEG 🤗
Geniet jou Julie-maand
12/06/2025
GEUR VD WEEK - BOKMELK 🐐
Ons Bokmelk reeks bevat Bokmelk, Essensiële Olie, Druiwepit-olie asook Shea botter en is geskik vir die HELE gesin, van kroon tot toon!
HET JY GEWEET?
Bokmelk se PH is baie naby aan die ph van die menslike vel, daarom versteur dit nie die natuurlike oliebalans nie.
Klein se Bokmelk produkte is natuurlik ook vry van harde chemikalieë en sintetiese bestanddele, wat dit geskik maak vir mense met sensitiewe of allergiese velle.
Vir enige navrae of bestellings whatsapp my gerus. 081 619 7788
01/06/2025
Hello JUNIE! 💛
In ’n oogwink is ons HALFPAD die “nuwe jaar” in..
Baie dankie vir almal se ondersteuning en liefde vir Klein en elkeen van ons wat saam ’n deeltjie van die hart en hand agter hierdie besigheid is.
Kyk uit vir die lekker “Geliefd” geur (wat soos JAdore parfuum ruik) wat die maand in verskeie produkte by ons kuier…
Vir bestellings stuur gerus vir my 'n whatsapp- 081 6197788
07/03/2025
VELSORG VRYDAG - OMEGA SERUM
Klein se Omega Serum bevat Omega 3. Vandag kyk ons ñ bietjie na wat Omega 3 vir jou vel kan doen.
1. Vog en Hidrasie – Dit help om die vel se natuurlike olies in balans te hou, wat droogheid en skilfering kan voorkom.
2. Verminder Ontsteking – Dit kan help met toestande soos aknee, ekseem en psoriase deur inflammasie te verminder.
3. Teen-veroudering – Omega 3 ondersteun kollageenproduksie, wat help om fyn lyntjies en plooie te verminder.
4. Beskerming teen sonbeskadiging – Dit kan help om die vel te beskerm teen UV-skade en vroegtydige veroudering.
5. Genesing en Herstel – Dit bevorder genesing van wondjies en help die vel om gesonder te lyk.
Vir bestellings whatsapp my gerus 081 619 7788
05/03/2025
H E L L O
M A A R T!
Nou kyk…. of jou Februarie te lank… of te kort was… hy is agter die rug!
Kom ons maak Maart ’n GEURIGE ene en ons begin sommer klaar so bietjie bou, beplan en bymekaarmaak vir die lange Winter en sy verkoue goggas wat nie meer ver is nie!
Maart gaan ons groot met KRUIE by Klein en ons dek sommer alles… van die klein-kroos se immuunstelsel tot die potte binne in die kombuis…
GENIET HOM!
🛒Volgende bestelling gaan die 28ste Maart in. Indien jy iets wil bestel stuur gerus vir my 'n whatsapp. 081 619 7788
24/02/2025
🫧Klein se VELSORG het 2025 met ’n "bang" begin en afgeskop met ’n hele reeks splinternuwe produkte wat o.a serums en ’n kollageenroom insluit!
Jy WIL hierdie produkte insluit by jou reeds bestaande velsorgroetine, glo my!
Die navrae oor die nuwe produkte het ingestroom en ons het dan ook grafiese inligtingstukke bymekaar gesit om bietjie meer inligting oor elke produk deur te gee.
Vir enige navrae of bestellings whatsapp my gerus 081 619 7788
12/10/2024
Dit is met GROOT opgewondenheid wat ons die 2024 Kers/VakansieFEES Katalogus met jul deel!
Ek glo daar is ’n iets vir almal en ’n kleur en geur na elkeen se smaak.
Vir bestellings of navrae whatsapp my gerus 081 619 7788
Bestellings moet asseblief in wees voor die 8ste November 😊
01/09/2024
S E P T E M B E R
jou lekker ding!
Nie nét verjaar ons hierdie maand nie - maar ons LAASTE GROOT SAKKIE CHALLENGE SKOP AF…
Loer solank in ons mooie SEPTEMBER Brosjure na die DRIE… JA, 3… verskillende sample sakkies wat NOU beskikbaar is PROPVOL 2025 samples….
Whatsapp my gerus om jou bestelling te plaas 081 619 7788
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Swakopmund