The Nail & Lash Studio, by Janine Schoeman
Nail Technician (since 2005)
Eyelash Extension Technician (since 2012)
13/06/2026
Gaan stem asb deur my foto's te "like" (foto's 3, 4, 5 & 6) op 'The Hub Bethlehem' se blad.
Janine is soveel meer as net ’n naeltegnikus. Elke afspraak by haar is ’n ervaring van vriendelikheid, professionaliteit en opregte omgee. Haar talent en oog vir detail is ongelooflik, en sy lewer altyd werk van die hoogste gehalte. Sy laat elke kliënt spesiaal, mooi en waardevol voel. Ek stap nooit net met pragtige naels weg nie, maar ook met ’n ligter hart en ’n glimlag. Dankie, Janine, vir jou passie, toewyding en die liefde wat jy in jou werk insit. Jy is werklik een uit ’n duisend!
Wat begin het as 'n afspraak vir mooi naels💅, het oor tyd gegroei in 'n kosbare vriendskap.🤗
Ten spyte van alles wat die lewe soms na haar kant toe stuur, bly haar standaard altyd uitmuntend.
Sy gee nooit minder as haar beste nie, en dit wys in elke stel naels wat sy doen.
Maar dit is nie net haar talent wat haar besonders maak nie.
Haar raad en advies, haar opregte omgee, en veral haar oor wat altyd luister, is iets wat mens nie elke dag kry nie.
Sy het 'n manier om mense spesiaal te laat voel.
Ek is gewoonlik lankal tevrede met my naels, maar dan maak sy steeds nóg tien keer seker dat sý ook gelukkig is met haar werk.
Daardie trots, passie en perfeksionisme is wat haar onderskei.
Jy is eenvoudig net tops!
Dankie vir jou harde werk, jou vriendskap, jou luisterende oor en vir wie jy is.
Ek waardeer jou meer as wat woorde ooit sal kan beskryf. 🤍 🌸💅✨
Ek doen al vir 15 jaar my naels by Janine, getrou elke 3 weke, en daar is ’n rede hoekom ek nooit elders sal gaan nie. Haar passie vir wat sy doen, haar toewyding aan elke kliënt en haar oog vir detail is werklik besonders. Elke stel naels word met soveel liefde, sorg en trots gedoen.
Janine se perfeksionisme is ongelooflik , sy gee aandag aan die kleinste detail en streef altyd na uitnemendheid. Vir haar is dit nie net ’n beroep nie, maar ’n ware passie. Oor die jare het sy konsekwent werk van die hoogste gehalte gelewer, en haar talent, professionaliteit en kreatiwiteit verdien beslis erkenning.
Sy skep nie net pragtige naels nie, sy laat elke kliënt mooi, spesiaal en waardevol voel.✨💅🏻💕
Dit is vir my 'n groot voorreg om my naeltegnikus aan te beveel. Sy is nie net uiters professioneel nie, maar ook iemand wat haar werk met passie en toewyding doen.
Haar naels spreek vanself – elke stel word met ongelooflike sorg, kreatiwiteit en perfektheid afgehandel. Sy luister altyd na haar kliënte se wense en laat jou deel voel van die hele proses, terwyl sy ook eerlike en kundige advies gee.
Wat haar egter besonders maak, is dat sy nie net na jou hande omsien nie, maar ook na jou hart. Oor die jare het sy meer as net my naeltegnikus geword; sy het 'n vriendin geword wat deel is van my lewe, My hartseer en geluk.
Haar diens is werklik op 'n volgende vlak, en die gehalte van haar produkte is uitstekend. My naels hou pragtig, die werk is duursaam en daarom keer ek elke maand met volle vertroue terug.
Sy verdien hierdie erkenning, want sy leef professionaliteit, uitnemendheid en opregte omgee uit in alles wat sy doen❤️
13/06/2026
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
42 Slabbertstreet, Morelig
Bethlehem
9701
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 14:00 |
| Tuesday | 08:00 - 14:00 |
| Wednesday | 08:00 - 14:00 |
| Thursday | 08:00 - 14:00 |
| Friday | 08:00 - 14:00 |