Bloemfontein Nooi

Bloemfontein Nooi

Share

*Be a fountain not a drain *
#bloemfonteinnooi

Photos from Rxme - Reset Yourself's post 03/09/2026
27/08/2026

IETS GROOT KOM 💚

Na jare in metaboliese gesondheid het een ding baie duidelik geword:

Wanneer jy suiker begin uitsny, verander méér as net jou gewig.

Daarom launch RXME volgende week die 100-DAE ZERO SUGAR CHALLENGE heeltemal GRATIS en vir die hele gesin.

📲 Jou eie Zero Challenge-dagboek
🏅 Unlock medals soos jy mylpale bereik
💚 Daaglikse wenke & motivering
🎥 Kort video’s & ondersteuning
👨‍👩‍👧‍👦 Doen dit saam met die hele gesin

Geen medikasie. Geen koste.

Net jy, jou commitment en 100 dae om te sien wat kan gebeur wanneer jy suiker begin uitsny.

SUGAR STEALS. WE TAKE BACK.

Is jy in ? 💪🏻🔥🫡

Register here👇🏼
https://forms.gle/qVBLELQZVSBrEdCW8

Rxme - Reset Yourself

18/08/2026

No caption needed 😬🫣🙏🏼💪🏼

Unscripted Episode 5 | Peptides. Hype or Health? 06/08/2026

Unscripted Episode 5 | Peptides. Hype or Health? This week on Unscripted, we’re joined by The Good Dr for an honest,...

03/08/2026

Healthy eating doesn't have to be complicated.

The meal ideas I offer are the same ones that supported me throughout my weight loss journey and continue to help me maintain a healthy lifestyle today. They are practical, easy to follow, and designed to make meal planning simple.

Whether your goal is weight loss, weight management, or simply having healthier meal options, there is a plan to suit your needs.

Available plans include: • One-Pot Meals (30 ideas) • Breakfast Meals (15 ideas) • Lunch Meals (15 ideas) • Dinner Meals (15 ideas) • Sweet Treats (10 ideas) • Healthy Snacks (10 ideas) • Drinks (30 ideas) • 7-Day Meal Plan • 14-Day Meal Plan • 14-Day Runner's 16:8 Plan

Combo packages are also available, offering excellent value.

These are not restrictive diets, they are practical meal ideas that helped me create sustainable, healthy habits, and I believe they can help others do the same.

To place your order, please contact me on WhatsApp: https://wa.me/27728071831

Thank you for supporting my small business. Your support is sincerely appreciated.

03/08/2026
02/08/2026

Daar was 'n tyd waar ek geglo het ek is nie mooi genoeg nie. Van so jonk as 10 jaar oud het ek gewens ek kan soos my maaitjies lyk: slanker, mooier, meer aanvaarbaar. Ek het grootgeword met die gevoel dat ek eers "genoeg" sal wees as my liggaam anders lyk.

Daardie soeke het jare geneem. Dit was nie net 'n geveg teen die skaal nie; dit was 'n geveg teen myself. Teen skaamte, selftwyfel, trane en die stemmetjie wat elke dag gesê het ek is nie goed genoeg nie.

Om met gewig te sukkel is soveel meer as net 'n nommer. Dit raak jou gesondheid, jou selfbeeld, jou verhoudings en selfs hoe jy elke dag in die spieël na jouself kyk. Dis 'n geveg wat baie mense stil-stil alleen veg.

Vandag staan ek aan die ander kant van daardie reis. Nie omdat ek perfek is nie, maar omdat ek vry is. Vry van die kettings wat kos en selfhaat oor my lewe gehad het. Ek is gesond. Ek is gelukkig. Ek het my lewe teruggekry.

Ja, my liggaam dra steeds die merke van my reis. Los vel herinner my elke dag aan waar ek vandaan kom. Maar vandag sien ek dit nie meer as iets om weg te steek nie. Ek sien dit as littekens van oorwinning. Bewyse dat ek nie moed opgegee het nie. Bewyse dat ek gekies het om vir my lewe te veg.

As daar een ding is wat ek wens elke mens kan verstaan, is dit hierdie: leer jou liggaam ken. Leer oor kos. Maak gesonder, slimmer keuses, nie omdat jy jouself haat nie, maar omdat jy jouself liefhet. Want ware verandering begin nie wanneer jy jouself straf nie; dit begin wanneer jy besluit jy is die moeite werd om na om te sien.

Ek wens nie meer om soos iemand anders te lyk nie. Ek wens net om elke dag die gesondste, gelukkigste weergawe van myself te wees.

En dit… is die mooiste gevoel van alles.

30/07/2026

62 kg later... en my hart loop oor van dankbaarheid. ❤️ Hierdie reis was nie maklik nie. Daar was dae van twyfel, trane, opofferings en harde werk. Maar vandag kan ek met 'n dankbare hart sê: dit was alles die moeite werd.

Ek wil my diepste waardering uitspreek aan die ongelooflike mediese span wat my deur elke stap van hierdie reis ondersteun het. Sonder julle kundigheid, aanmoediging, geduld en sorg sou ek eenvoudig nie vandag hier gewees het nie.

Dankie dat julle nie net my lewe verander het nie, maar my ook hoop, gesondheid en selfvertroue teruggegee het.

Aan my familie, vriende en almal wat my ondersteun het, dankie dat julle in my geglo het, selfs wanneer ek nie altyd in myself geglo het nie.

62 kg verloor. 'n Nuwe lewe gewen. 💪❤️

Ek is ongelooflik dankbaar en sien uit na alles wat nog voorlê.

07/05/2026

Moes op die trein klim

11/04/2026

SUIKER.

Die mees aanvaarbare verslawing op aarde…
En die gevaarlikste deel? Dis genormaliseer.

Ons gee dit vir kinders.
Ons beloon onsself daarmee.
Ons troos onsself daarmee.

En dan sê ons: “Dis okay… dis natuurlik.” Maar kom ons praat eerlik…

Jou liggaam gee nie om of dit heuning, bruin suiker of wit suiker is nie.Dit breek dit af na GLUKOSE, dit verhoog jou bloedsuiker en dit trigger ’n dopamien response in jou brein

Ja… dieselfde “feel good” chemical wat met verslawing geassosieer word.

Dis hoekom jy nie net een happie kan eet nie.
Dis hoekom jy later weer lus raak.
Dis hoekom jy dink jy het nie wilskrag nie…

Maar dis nie swakheid nie.
Dis hoe jy gebou is.

En dan kom die grootste leuen: “Natuurlik = gesond.”

Nee.

Heuning het kalorieë
Bruinsuiker het kalorieë
“Raw”, “organic”, “unrefined”… nogsteeds kalorieë

En as jou doel is vetverlies? Dan tel ELKE een.

Te veel suiker:
Word vet gestoor
Hou jou in ’n cravings siklus
Maak vetverlies stadiger (of stop dit heeltemal)
Speel met jou energie, hormone en honger seine

Jy dink jy’s honger…
Maar eintlik is jy net in ’n suiker crash.

Hier’s die waarheid wat min mense wil hoor: Jy hoef nie ALLE suiker te sny nie… Maar jy móét bewus wees.

Want:
Wat jy elke dag doen, bou jou liggaam of breek dit stadig af.

Dis nie oor perfek wees nie… dis oor beheer.

Jy beheer nie net wat jy eet nie— jy beheer hoe jy voel, hoe jy lyk en hoe vinnig jy jou doelwitte bereik

Suiker is nie die vyand nie, maar onbewuste suiker is.

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Bloemfontein?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


Bloemfontein