Beauty by Chanteléze

Beauty by Chanteléze

Share

Beauty Therapist

14/09/2026

A little lash magic goes a long way!

Chanteléze - 060 995 0582

14/09/2026

- Brow Lamination, wax & stain
- Lash lift & tint

DEFINED & LIFTED

#ʙʀᴏᴡʟᴀᴍɪɴᴀᴛɪᴏɴ

14/09/2026

Lashes so lifted, you’ll forget about your mascara.

- Brow Lamination, wax & stain
- Lash lift & tint

LIFTED & DEFINED

#ʙʀᴏᴡʟᴀᴍɪɴᴀᴛɪᴏɴ

11/09/2026

Your lashes, but better

11/09/2026

Soft Bridal Makeup

11/09/2026

Classic never goes out of style

02/09/2026

Beauty, but make it effortless.

Simoné Bothma

02/09/2026

MEER OOR BEAUTY BY CHANTELEZE EN DIE VROU AGTER DIE BESIGHEID

My loopbaan het begin by ‘n Rekenmeesters Firma waar ek my artikels gedoen het en deur Unisa BCom Rekeningkunde studeer het. ’n Kort makeup-kursus het my toe laat besef dat skoonheid nie net iets is waarvan ek hou nie maar dat dit my passie is. Met tyd het ek opleiding gedoen, meer geleer, gegroei en stadig maar seker my kliëntebasis opgebou.

Hierdie jaar vier ons Beauty by Chanteleze se 7de jaar!

7 jaar van vrouens ontmoet, stories hoor, vriendskappe bou en die ongelooflike voorreg te hê om te sien hoe ’n bietjie skoonheid soms soveel meer as net mooi voel bring — dit bring selfvertroue.

Ek glo met my hele hart dat dit wat ek doen, ’n talent is wat God vir my gegee het. Die Here het my geseën met ’n beroep waarvoor ek lief is en dit is vir my ’n groot voorreg om met vrouens te werk.

Ek is ’n vrou wat op 21-jarige ouderdom getroud is met ’n wonderlike man wat, soos ek altyd sê, reguit uit God se hande gekom het.

Op 23 het ek my eerste kindjie, my dogtertjie, gekry. Twee jaar later het my seuntjie gekom. Die Here het ons geseën met twee pragtige kinders wat Hy aan ons toevertrou. Ek dank Hom elke dag vir my man en my kinders.

Ek is mal daaroor om met vrouens te werk — nie net om hulle mooier te laat voel nie, maar om hulle harte te hoor.

Buite die werk is ek eintlik ’n groot kampmens. Ek het al baie gehoor ek lyk glad nie soos die kamp-tipe nie, maar vir my is daar min dinge lekkerder as ’n kampnaweek saam met my gesin. Gesinstyd beteken vir my alles.

Ek is ook baie sportief en hou daarvan om aktief te wees. Ek hardloop, ry fiets en geniet ’n goeie uitdaging. Die Ride Joburg 94.7 is definitief een van my gunsteling wedrenne. Ek hardloop tans halfmarathons en oefen vir my eerste marathon. Comrades en Ironman is vir my ’n groot droom.

Ek is mal oor dans en het ook met professionele dans grootgeword.

Maar as ek een ding oor myself moet sê, is dit dat om mense te help, te gee en werklik belang te stel in mense se lewens, my liefdestaal is.

Ek is ongelooflik dankbaar vir die mense wat deel is van my lewe — die mense wat regtig my ondersteun, vir my omgee en my liefhet. Nie net in my besigheid en persoonlike lewe nie, maar ook in my gesin se lewe.

Ek is ongelooflik dankbaar vir my man, my ouers en my broer se ondersteuning. Hulle staan altyd agter my, dra my wanneer ek dit nodig het en praat my moed in.

En bo alles…

Ek is dankbaar teenoor my Hemelse Vader.
Vir alles wat Hy vir my doen.
Vir elke deur wat Hy oopmaak.
Vir my man en my kinders.
Vir my besigheid.
En vir elke liewe kliënt wat Hy oor my pad stuur.

Ek glo werklik: Elke kliënt is van Hom af.

Alles wat ek het, alles wat ek is en alles wat ek bereik het…

is net genade.

Fotograaf - Deané Jacobs Kühn
Hare - Celeste Barnard

02/09/2026

Don’t worry!!
I will make sure your boss thinks it was a doctor’s appointment.

25/08/2026

Congratulations, Cindy! 🩷
Cindy Noenoe

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Brits?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Harrington 5
Brits
0250