Heaven’s Touch
Join us on a journey to optimal well-being⚘️
Empowering holistic wellness for body, spirit, and soul 🌿✨🕊 Discover handmade bath & body products, natural skincare, candles, and remedies to elevate your everyday living.
27/08/2026
🌿Net nou die dag het die landskap voor ons oë helder goudgeel geblom 🌾
Alles het vol lewe, kleur en belofte gelyk...maar nou begin die canolalande stadig maar seker van kleur verander. Die blomseisoen kom tot ’n einde… en die landskap begin anders lyk.
Dit het my laat d**k aan die lewe....
Ons kan nie altyd op die bergtoppe dans nie.
Ons kan nie elke seisoen vasvang en vir altyd laat aanhou nie.
Alles is nie altyd perfek, uitgesorteer en presies soos ons dit graag wil hê nie.
Seasons come and seasons go.
Daar is seisoene van blom en seisoene van rus.
Seisoene waarin alles helder en mooi voel en ander waarin ons wonder wanneer die landskap van ons lewe weer kleur gaan kry.
As jy tans deur ’n ongemaklike of uitdagende seisoen gaan, wil ek jou vandag herinner:
Moenie moed verloor net omdat hierdie seisoen anders lyk nie.
Die feit dat die blomme begin verdwyn, beteken nie dat daar iets verkeerd is nie.
Dit beteken nie dat daar nooit weer blomme gaan wees nie.
Dit beteken eenvoudig dat een seisoen besig is om plek te maak vir die volgende.
God is ook teenwoordig in die seisoene wat nie mooi voel nie.
Hy is daar wanneer jy op die bergtop is… maar ook wanneer jy deur die vallei stap.
Jy hoef nie vandag te weet hoe die volgende seisoen gaan lyk nie.
Hou aan om te vertrou.
Maak seker jou wortels hou aan groei...
Selfs wanneer jy nie kan sien wat "onder die grond" gebeur nie, is God steeds aan die werk. 🤍
“There is a time for everything, and a season for every activity under the heavens.” Ecclesiastes 3:1
🌿 Your season may be changing, but God is not.
Hou moed.
Hierdie is nie die einde van jou storie nie.
Dis net ’n nuwe seisoen wat besig is om aan te breek.
Rooted in Nature • Inspired by Faith
26/08/2026
🩷A warm welcome to all our new followers! 🌿
We’re so happy you’ve joined our journey.
May this little space inspire you, encourage you, teach you something new, and remind you to take a moment to nurture body • soul • spirit.
May you feel the love behind what we do, be inspired by the journey, and perhaps discover a little piece of Heaven’s Touch along the way. ✨
Thank you for being here.
We’re so glad you are 🩷
Reshika Kassienarian, Charlotte Pretorius, Christelle Wiggins, Mandy Van der Berg, Micala Maritz, Erica van der Merwe, Wendy Coetzee, Lerthu Lerthu Khuzwayo, Sindisiwe Mngoma, Stacey Grobbelaar, Juanita Brandt, Devika Jawahir, Ulisha Reuben, Claudia Vecchio, Marlene Naidoo, Glynis Lakey, Jo Anne Jephta, Lebo Jafta, Megan Stroebel, Devlin Hurst, Ashania Singh, Melinda Sturgeon, Marais WD, Beverley de Beer, Mary K Manchidi, Thabiso Mphahlele, Joleen Keys, Fairoez Florentino, Brian Kholoane
26/08/2026
❤️ TODAY'S LOOKS ❤️
Two looks. Two vibes. One question… 👇
🤍 CLASSIC & EFFORTLESS
or
🍷 BOLD & BEAUTIFUL
And that little touch of red… ❤️
Would you wear the boots, the parka, or BOTH? 😉
Tell me your choice: A or B! 👇
Everything is pre-loved, carefully selected and priced to make looking fabulous affordable. 🌿
📲 See something you love? WhatsApp me to reserve it.
🛍️ Pop in and browse the rails Saturday 08:00–14:00
✨ Afternoon fittings also available by appointment.
Re-cover-ie — beautiful pieces, loved again. ❤️
26/08/2026
✨️While we are still celebrating Women’s Month and all the incredible, worthy women who inspire, encourage and uplift those around them… 🌸✨
We’re adding a little something extra! 💕
For Wednesday, 26 August ONLY, enjoy FREE COURIER on every order of R500 or more.
Why not treat yourself, spoil a special woman in your life, or simply stock up on your Heaven’s Touch favourites? 🌿
Jump at the opportunity — place your order today! 💗 Follow the link to the online shop in the comments💗
Rooted in Nature • Inspired by Faith
25/08/2026
Real clients • Real feedback • Unedited 🤍
“Elze, I honestly don’t have the words to describe how amazing your moisturizer and serum are. I’ve been using them for about a week now, morning and evening, and they have really given me such a beautiful glow. Even my fine lines look softer, and my skin feels fresh and clean. As someone who has tried just about everything, this is a winner in my eyes. Thank you for these awesome products!”
This is exactly why I love what I do. 🥹🤍
Happy customers make my heart sing 💃
Thank you for trusting Heaven’s Touch and for allowing me to be part of your skincare journey. 🌿✨
✨️ Where Heaven Touches Everyday Life ✨️
25/08/2026
💐Thanks for being part of our Heaven’s Touch family and taking time to interact, like and share content on our page🙏 you've been selected as a top engager and made it to my weekly engagement list! 🎉You are appreciated!!! ⚘️♥️🙌 together we are better 🌺 Mu Lalo, Joyce Friend, Marlene Naidoo, Glynis Lakey, Layla Basha, Dineo Mohlala, Sharon Lottering, Charlotte Pretorius, Jahaan Stemmet, Nomps Bashir, Thope Ya Phokeng, Itumeleng Itu Maema, Fumba Nonvula Bongiwe, Juanita Joubert, Joline Paulo, Marais WD, Linda Tholo, Karabo Mafora Karabo Mafora, Didi C EmpowerUtoo, Melinda Sturgeon, Shamiela Booth, Mphahlele Shank, Marina Meyer, Rebeccah Ramahlo, Erica van der Merwe, Kamilah Francis, Erica Isaacs, Lucinda Faroo, Tinkie Nel, Thabiso Mphahlele, Anita Onesimo, Ashika Sheopersadh, Ulisha Reuben, Ashania Singh, Melissa Alexander, Siphosethu L. Msindazwe, Keamogetse Ramoitheki, Keba Nage, Matlatse Maenetja, Maggie Matthew, Fairoez Florentino, Sindisiwe Mngoma, Ntombenhle Thobile, MaKay Mnguni, Lerthu Lerthu Khuzwayo, Marietjie De Villiers, Antoinette Mendes, Grace Williams, Linda Andrews Laing, Dikeledi Nzimande
24/08/2026
Die foto mag dalk glad nie met jou praat nie…maar vir my sê dit iets besonders.
Hierdie mos groei om ’n klein dammetjie in my tuin. Die paddastoel het omgeval en die mos het daaroor begin groei.
Dit het my laat d**k aan ons lewens… aan die mense met wie ons onsself omring.
Wanneer jy jouself doelbewus in ’n plek...in situasies plaas waar daar genade is vir mekaar, waar mense mekaar bemoedig, aanmoedig, opbou en ruimte gee om te groei, gebeur iets besonders.
Dit wat rondom jou groei, begin ook in (op) jou groei. 🌱
Iemand anders se geloof kan jou eie geloof versterk.
Iemand se hoop kan weer hoop in jou wakker maak.
Iemand se vriendelikheid kan jou sagter maak.
Iemand se woorde van bemoediging kan jou help om weer op te staan.
Net soos hierdie sagte groen mos stadig maar seker oor iets wat omgeval het begin groei, kan die regte mense en die regte omgewing ook oor die plekke in ons lewe wat seer is, geval het of gebreek voel, begin groei.
Ons word beïnvloed deur wat ons toelaat om naby ons te wees.
Vra jouself vandag:
🌿 Wat groei om my?
🌿 Wie spreek lewe in my in?
🌿 Is ek in ’n omgewing waar my geloof, vrede en vreugde kan groei?
🌿 En… wat groei deur my in die lewens van ander?
Miskien is die mooiste ding wat ons vir iemand anders hierdie week kan wees, eenvoudig dit....’n plek waar hulle veilig genoeg voel om weer te begin groei. 🤍
“Encourage one another and build each other up…”
1 Thessalonians 5:11
Mag ons mense wees wat "afsmeer" op ander...tot hulle voordeel... 🌿
Elze Radyn
23/08/2026
Is jy al ooit gesalf…of het jy al gesien hoe iemand gesalf word?
Wonder jy dalk hoekom dit gedoen word en wat dit eintlik beteken?
✨ DIE WAARDE VAN SALWING ✨
Salwing met olie is ’n gebruik met diep Bybelse betekenis.
Reeds in die Ou Testament is olie gebruik om mense en voorwerpe vir God af te sonder en aan Hom toe te wy. Konings, priesters en profete is gesalf as ’n uiterlike teken van hulle roeping en diens aan God.
Ons moet net onthou
daar is geen “magic” in salwingsolies nie.
Ons vertroue is in God alleen.
Die olie is ’n sigbare en tasbare simbool van ’n onsigbare geestelike waarheid... ’n herinnering aan die teenwoordigheid, werking en salwing van die Heilige Gees in ons lewens.
Wanneer ons iemand of iets met olie salf, kan dit ’n eenvoudige maar betekenisvolle geloofshandeling wees...
🌿 Om iets aan God toe te wy
🌿 Om te bid en God se teenwoordigheid te erken
🌿 Om iemand se lewe, roeping of situasie aan Hom oor te gee
🌿 Om ons te herinner aan ons geloof en afhanklikheid van Hom
🌿 Om te erken dat Hy die Een is wat werk
Mag die salwingsolies nooit voorwerpe van bygeloof of ’n plaasvervanger vir geloof word nie, maar eerder ’n mooi herinnering wees om stil te word, te bid, oor te gee en te onthou Wie se teenwoordigheid saam met ons gaan.
🌿 Heaven’s Touch se Salwingsolies word elkeen
sorgvuldig gemeng met ’n spesifieke geestelike betekenis. Olies soos Frankincense, Mirre, Sipres, Kassia, Nardus, Hissop, Sederhout, Spikenard en meer word gebruik.
As jy vrae het oor die salwingsolies of iets spesiaal wil deel, gesels gerus saam in die comments.
Elze 🕊️
22/08/2026
🌿 Het ’n woud vir jou ook ’n magiese aantrekkingskrag?
Asof jy sommer ’n bietjie oerkennis sal opdoen terwyl jy tussen mosbegroeide bome stap… 🌳
Tussen ragfyn varings wat soms lyk asof hulle ’n bietjie wegkruip vir nuuskierige oë. Tussen die gefilterde sonlig, die reuk van nat grond en die sagte geritsel van blare onder jou voete… is daar iets wat ’n mens stadiger laat asemhaal. 🍃
En dit is nie net in jou kop nie. 😉 Daar is toenemende navorsing wat wys dat tyd in ’n natuurlike, beboste omgewing kan help om stres te verminder, jou gemoed te verbeter en jou algemene welstand te ondersteun.
Maar hier is die quirky fun fact wat my fassineer:
🌱 Bome kommunikeer!
Onder die bosvloer bestaan daar ’n netwerk van swamdrade wat met boomwortels verbind...dikwels beskryf as die “Wood Wide Web”. Deur hierdie netwerk kan bome en plante onder sekere omstandighede voedingstowwe en ander chemiese seine met mekaar deel.
So wanneer jy volgende keer deur ’n woud stap, onthou…
Jy stap dalk deur ’n wêreld wat baie meer “gesprekke” voer as wat jou ore kan hoor. 🌿
Miskien is dit hoekom ’n mens soms voel asof die bos iets vir jou wil sê…
Jy hoef nie altyd vinniger te gaan nie.
Soms moet jy net stil genoeg wees om te luister. 🤍
Vertel ń bietjie...waar gaan stap jy graag? Hoekom geniet jy dit daar?
🌿 Rooted in Nature • Inspired by Faith
Elze 💚
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Address
Cape Town
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 17:00 |
| Tuesday | 09:00 - 17:00 |
| Wednesday | 09:00 - 17:00 |
| Thursday | 09:00 - 17:00 |
| Friday | 09:00 - 17:00 |
| Saturday | 09:00 - 13:00 |