Die Burger Gesond
Gesond! is Die Burger se gesondheidsbylae wat twee keer per maand verskyn met interessante leesstof.
22/09/2026
🤓 Ooggesondheid
LEES GRATIS | Wil jy ontslae raak van jou bril? Refraktiewe prosedures – van lasertegnologie tot kunsmatige lense – maak dit moontlik om permanent sonder ’n bril of kontaklense te kan sien.
➡️Dr Frikkie Hartog, ’n oftalmoloog van Bellville, deel meer oor watter prosedures die beste is om brilonafhanklikheid te verkry.
Sê só totsiens vir jou bril | Netwerk24 Wil jy ontslae raak van jou bril? Refraktiewe prosedures – van lasertegnologie tot kunsmatige lense – maak dit moontlik om permanent sonder ’n bril of kontaklense te kan sien.
21/09/2026
👁️ Ooggesondheid
LEES GRATIS | Skielike drywende kolletjies in jou sigveld kan op ’n ernstige probleem dui en is dalk oogdrifsels (ook bekend as floaters). Hierdie drifsels is nie net ’n las op jou sig en daaglikse lewe nie, maar kan jou sig ernstig belemmer as dit nie behandel word nie.
➡️ Dr. Pieter van der Merwe van The Atlantic Eye Specialist Centre verduidelik meer oor oogdrifsels en hoe dit behandel kan word.
Moenie dat hierdie verskynsel jou sig ongemaklik maak nie | Netwerk24 Skielike drywende kolletjies in jou sigveld kan op ’n ernstige probleem dui en is dalk oogdrifsels (ook bekend as floaters).
18/09/2026
👶 Kinderkanker
Wanneer die skok van ’n kinderkankerdiagnose ’n gesin tref, is daar baie bekommernisse en vrae wat opduik. Kenners meen dit is normaal, maar met die regte span kan ouers met geruste harte hierdie moeilike tyd navigeer.
➡️ Dr. Johann Riedemann, stigter van die private kinderkankerbehandelingsentrum Crayon, vertel meer oor hierdie reis wat baie gesinne moet aanpak.
Cancercare South Africa
Kinderkankerbewusmakingsmaand: Plaas jou kind se sorg in die regte hande | Netwerk24 Wanneer die skok van ’n kinderkankerdiagnose ’n gesin tref, is daar baie bekommernisse en vrae wat opduik. Kenners meen dit is normaal, maar met die regte span, kan ouers met geruste harte hierdie moeilike tyd navigeer.
18/09/2026
🦻 Gehoorbewusmakingsmaand
In Suid-Afrika is die vroeë opsporing van doofheid ’n konstante probleem, want in teenstelling met ander lande, het ons nie ’n gehoorskanderingsprogram vir pasgeborenes nie. Minder as 10% van pasgeborenes word in hul eerste jaar vir gehoorverlies geskandeer.
➡️ Lees meer oor die tipes gehoorverlies en hoe jy dit kan voorkom.
Love Hearing - Sylvia Richards and Associates
’n Maand van stilte en stemme | Netwerk24 Met ongeveer 3,3 miljoen Suid-Afrikaanse volwassenes wat beduidende gehoorverlies ervaar, is dit belangrik om jou gehoor te beskerm, maar ook bewus te wees van wat gehoorverlies veroorsaak.
18/09/2026
🗞️ Moenie Gesond in Die Burger en op Netwerk24 misloop nie!
🦻 Gehoorbewusmakingsmaand
Met ongeveer 3,3 miljoen Suid-Afrikaanse volwassenes wat beduidende gehoorverlies ervaar, is dit belangrik om jou gehoor te beskerm, maar ook bewus te wees van wat gehoorverlies veroorsaak.
👁️ Oogsorg-bewusmakingsmaand
Volgens die Suid-Afrikaanse regering is ongeveer 75% van gevalle van blindheid vermybaar deur tydige voorkoming of behandeling.
👶 Kinderkanker
Wanneer die skok van ’n kinderkankerdiagnose ’n gesin tref, is daar baie bekommernisse en vrae wat opduik. Kenners meen dit is normaal, maar met die regte span kan ouers met geruste harte hierdie moeilike tyd navigeer.
📲 LEES MEER HIER: https://www.netwerk24.com/dieburger/bylaes/gesond
Ons volgende uitgawe verskyn op Vrydag 2 Oktober 2026
15/09/2026
🫀 Hartgesondheid
Hartsiektes is ook een van die grootste oorsake van sterftes onder vroue, en ’n hartaanval kondig hom nie altyd met ’n dramatiese borspyn aan nie. Uiterste moegheid, kortasem, naarheid, koue sweet en ongemak in die rug, nek, skouers of kakebeen kan alles waarskuwingstekens wees.
➡️ Juandre Watson van die Hart-en-beroertestigting Suid-Afrika sê vroue se risiko word steeds te maklik onderskat.
Hartaanvalle by vroue: Moenie wag vir die ‘klassieke’ borspyn nie | Netwerk24 Wanneer mense aan ’n hartaanval dink, is die beeld dikwels dié van ’n middeljarige of ouer man wat skielik na sy bors of linkerarm gryp.
07/09/2026
🪥 Mondgesondheid
Navorsing toon dat chroniese tandvleisprobleme nie net jou mond raak nie, maar ook jou hart, jou bloedsuikervlakke en selfs jou geestelike welstand beïnvloed.
➡️ Die Mondhigiënistevereniging van Suid-Afrika deel meer oor waarom mondgesondheid so belangrik vir jou mond én algemene gesondheid is.
Tandvleissiekte is nie nét ’n tandprobleem nie | Netwerk24 Daar is ’n algemene misverstand dat mondgesondheid hoofsaaklik oor ’n wit glimlag en vars asem gaan, maar die waarheid is dat die toestand van jou mond ’n venster op jou algemene gesondheid is – veel meer as net ’n kosmetiese bekommernis.
04/09/2026
🗞️ Moenie Gesond in Die Burger en op Netwerk24 misloop nie!
🪥 Mondgesondheid
Daar is ’n algemene wanopvatting dat mondgesondheid hoofsaaklik oor ’n wit glimlag en vars asem gaan, maar die waarheid is dat die toestand van jou mond ’n venster op jou algemene gesondheid is.
👩 Vrouegesondheid
Hartsiektes is een van die grootste oorsake van sterftes onder vroue, en ’n hartaanval kondig hom nie altyd met ’n dramatiese borspyn aan nie.
🍊 Algemene gesondheid
Groen poeiers, eksotiese bessies en duur aanvullings word dikwels as “superkosse” bemark, maar dit beteken nie jy hoef jou beursie leeg te maak om gesond te eet nie.
📲 LEES MEER HIER: https://www.netwerk24.com/dieburger/bylaes/gesond
Ons volgende uitgawe verskyn op Vrydag 18 September 2026.
03/09/2026
🧼 Tienervelsorg
Op sosialemediaplatforms word jongmense daagliks gebombardeer met uitgebreide velsorgroetines en produkte wat
beloof om elke puisie te laat verdwyn. Baie van hierdie produkte is nie vir tienervelle bedoel nie en kan meer skade doen as goed.
➡️ Dr. Judey Pretorius, biomediese wetenskaplike en stigter van Biomedical Emporium, deel meer.
Minder is meer as dit by tienervelsorg kom | Netwerk24 Aknee is vir baie tieners deel van grootword. Wat nuut is, is die druk om ’n foutlose vel te hê.
21/08/2026
🗞️ Moenie Gesond in Die Burger en op Netwerk24 misloop nie!
Fix-4-Nails
Dit is Gesond se 11de verjaardag en ons vier dit met die volgende berigte:
🧼 Tienervelsorg
Op sosialemediaplatforms soos TikTok en Instagram word jongmense daagliks gebombardeer met uitgebreide velsorgroetines, duur serums en teenverouderingsprodukte wat
beloof om elke puisie te laat verdwyn. Baie van hierdie produkte is nie vir tienervelle bedoel nie en kan meer skade doen as goed.
👩 Vrouegesondheid
Al hoe meer vroue verruil tradisionele sanitêre doekies en
tampons vir herbruikbare sanitêre produkte, soos menstruasie-onderklere, -bekers en -swemdrag, maar wees bewus dat nie elke produk vir almal sal werk nie.
🫖 Winkelrak-wonders
Vir diegene wat ná ’n lang dag iets kort om jouself rustig te maak is ’n warm koppie tee net die antwoord – veral een met bestanddele wat jou help ontspan.
📲 LEES MEER HIER: https://www.netwerk24.com/dieburger/bylaes/gesond
Ons volgende uitgawe verskyn op Vrydag 4 September Augustus 2026.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Address
Cape Town
8001
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Die Burger Gesond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.