Bloom Creations
Creating from the heart - and loving it! I love being creative, and from that the Bloom range has be
26/05/2026
Mooiste klei blomme bondels vir 'n bruid🤍
Let wel, ek maak ongelukkig nie meer klei oorbelle nie, maar het op spesiale versoek die gemaak vir 'n klient.
Hul was net te mooi om nie te deel nie.
❤️
26/05/2026
'Gratitude is a powerful catalyst for happiness. It's the spark that lights a fire of joy in your soul.'
Absoluut my gunsteling quote van Amy Collette 🙏
Soveel vreugde op my tafeltjie..en so groot voorreg om die mooiste sleutelhouertjies te kan maak vir
Dankie vir elke bestelling. My hart bons behoorlik van vreugde🩷
maison floraison
13/05/2026
A beautiful process of becoming....
Dankbaar na stormweer dat ons geen skade het nie. En nog meer dankbaar vir 'n tafel vol bestellings💖🙏
07/05/2026
Kan jul groot asb op Titan Jet Africa se blad hierdie foto gaan 'like'😄💖👏 dit sal my 'n kans gun om 'n wonderlike prys te wen.
Liefde
Bloom
Die spesiale blikkies is nuut tot my reeks. Spesiaal om enige spesiale herinneringe in te hou, reis of juwele in te stoor.
Hul is beskikbaar teen R120 per blikkie.
# momentos .africa
07/05/2026
Die spesiale blikkies is nuut tot my reeks. Spesiaal om enige spesiale herinneringe in te hou, reis of juwele in te stoor.
Hul is beskikbaar teen R120 per blikkie.
# momentos .africa
10/04/2026
If the gift of art is in your hands, it’s not random.
Paint. Write. Sketch. Create.
Even if the world doesn’t clap,
Your soul will.
-JSKennedywrites
Die liefste Marilyn se mooi proteakunswerk is omskep in die mooiste glas juwele. Hierdie keer vlieg hulle Kanada toe. ✈️
Dankie Marilyn vir jou ondersteuning en jou vrolike hart.
13/12/2025
Liefste Klei en oorbel Blomme...
PS 16:6
'n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, wat ek ontvang het, is vir my mooi.
Vandag is tyd om die nuus te deel..dis met 'n hartseer maar dankbare hart dat ek besluit het om vir eers die oorbelle te staak vir 2026.
Dus beteken dit dat ek ook nie meer aan die winkeltjies gaan verskaf wat ek altyd probeer verskaf het nie.
Die tyd in my elke dag se routine het net te min geraak om ook by die klei/oorbelle uit te kom. En ek wil eerder niemand teleurstel nie.
Ek wil meer fokus op nuwe fotomagnete en sleutelhouertjies..die ander deel van Bloom wat so geseënd was deur die jare...
INDIEN ek tyd het om oorbelle te maak sal ek hul op my blad post met pryse by..first come, first serve..maar vir eers is dit tyd om asem te skep...
Dankie vir elke persoon wat saam my die pragtige pad gestap het. Vir gebede, vir liefde, vir omgee. Jul vorm almal deel van my storie.
Geniet die feestyd saam jul geliefdes. Gee daardie ekstra drukkies..die lewe is kort..
Liefde
Bloom
25/11/2025
Baby it's HOT!!! 🥵
Wonderlik dat 2025 so groot leerkurwe ingehou het! En natuurlik is die nuwe magnete mooier as mooi!
Dankie
vir elke bestelling. ❤️
Hierdie is net 'n klein deeltjie van my "happy place"
Wat jul nie sien nie, is die beplanning, aankoop van voorraad. Toets en toets en toets todat iets werk! Trail & errors...Baie daarvan...
Baie duur printer wat die gees gee en nuwe program om te leer....
Dit was 'n uitdagende seisoen vir Bloom. Nuwe besluite om te maak met die wete dat dit groei is in die regte rigting...
Bo en behalwe dit als, bars my hart van dankbaarheid! Ek kan net sê DANKIE!
19/11/2025
So rukkie terug reeds gemaak vir die mooiste Amanda van 🤍
Ook hierby 'n nota, dat ek geen meer nuwe individuele bestellings inneem nie. Daar is slegs 'n paar winkeltjies wat ek sal kan voorsien.
❤️
Click here to claim your Sponsored Listing.
Telephone
Website
Address
Somerset West
Cape Town
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 13:00 |
| Tuesday | 09:00 - 13:00 |
| Wednesday | 09:00 - 13:00 |
| Thursday | 09:00 - 13:00 |
| Friday | 09:00 - 13:00 |