Mathilde doen grimering

Mathilde doen grimering

Share

Mathilde doen grimering (.....en soms hare) Wanneer ek na kliente toe gaan, stap ek vir ‘n rukkie in hulle huise/wêreld/hulle “safe space” in. Ek leer hulle ken.

My page is baie stil, maar regtig vir geen ander rede as dat my ervaring met grimering en kliente so persoonlik is, dat ek soms vergeet dat dit ‘n visuele industrie is en mense wil SIEN wat ek doen. Hulle laat my toe om ‘n stukkie daarvan met hulle te deel. Omdat dit vir my gaan oor ‘n persoonlike konneksie en diens, is die laaste ding waaraan ek gewoonlik d**k, om my foon uit te ruk en foto’s te

Danila Kotzé - SARIE Matriekafskeidrok van die jaar 2025 31/10/2025

Een van my dierbare matriekafskeidmeisies!!! Danila, jy het soos n sprokie gelyk en dit was SO lekker om tyd met jou te spandeer!!!

Danila Kotzé - SARIE Matriekafskeidrok van die jaar 2025 Danila Kotzé Hoërskool Durbanville Deel: Tuisdorp Durbanville Skool Hoërskool Durbanville Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop? My matriekafskeidrok was ontwerp en gemaak deur Ilse Roux. Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok? My rok is geinspireer deur ‘n ...

Photos from Mathilde doen grimering's post 19/10/2025

Soos die matriekafskeidseisoen tot n einde gekom het, staan ek met n dankbare hart vir die geleentheid om te doen waarvan ek hou!! Ek het net weer opnuut besef hoe baie ek dit geniet!!! Dit is so n groot voorreg om deel te wees van spesiale oomblikke in mense se lewens. En daar is iets kosbaar omtrent n meisie wie se hele lewe nog voor haar lê.
Soms is dit meisies op wie ek al baie die geleentheid gekry het om met my grimeerkwassies te speel vir al hulle skooldanse - waar ek al amper deel van die meubels is.
Met ander is dit weer soms ons heel eerste ontmoeting, maar waar ek sommer net dadelik tuis voel asof ek hulle al jare ken.
Lekker-lag oomblikke, snaakse stories deel, diep betekenisvolle gesprekke, saam droom oor hulle toekoms....
Dankie aan die lieflike mamma's wat my vertrou het met hulle dogters!!

Ek deel sommer net twee fototjies uit my seisoen....

Gister n pragtige bos rose en sjokolade gekry by een van die meisies - ek was sommer net oorweldig met dankbaarheid.

Hierdie jaar was ek bietjie uit my gemak-sone geneem deur op te eindig om 3 haarstyle ook te doen. Ek was baie huiwerig, maar die mamma's het mooi gevra....en toe die senuwees eers gaan lê, het ek dit so geniet om weer met hare te speel!

Photos from Mathilde doen grimering's post 15/06/2025

My tweede bruid uit een familie in 7maande Dan voel mens mos sommer self soos familie 🥰
Grimering: Bruid, mamma en bridesmaid
Foto's deur Samantha en Anver Abrahams

Photos from Mathilde doen grimering's post 14/06/2025

Ek MOET net deel hoe trots ek op my meisiekind is wat hierdie vir my gemaak het om my borsels/kamme netjies bymekaar te hou wanneer ek na n klient toe gaan 🥰🥰🥰

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Cape Town?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address


Cape Town
7600