Klein Bederf Handelshoek Jeffreysbaai

Klein Bederf Handelshoek Jeffreysbaai

Share

Hier by Klein word die seep, badsout, lyfbotter en ander bederf produkte elke dag vars gemaak.

Photos from Klein Bederf Handelshoek Jeffreysbaai's post 24/04/2026

Gooi weg die waslap...gooi weg die spons...
Klein se Katoen Seep Sakkies het almal aan die gons!

Maak elke bad of stort nét ’n bietjie meer spesiaal. Ons Seep Sakkies is gemaak van 100% katoen met ñ romerige BOKMELK seepkoek.

Voordele van die seep sakkie:
🐑 Laat jou seep lekker skuim
🐑 Help jou seep langer hou
🐑 Sag genoeg vir daaglikse gebruik

En bonus? Dis ook perfek om daardie klein stukkies seep op te gebruik 😉

Kontak my Juanita by 083 500 4509

20/02/2026

PRODUK VD WEEK - KLEIN SE SEEPKOEKE

Ons seepkoeke word HANDGEMAAK met sorg en LIEFDE. Geen harde chemikalieë, net sagte, natuurlike bestanddele wat jou vel voed en laat goed voel.

Dit is die tipe seep wat jou herinner hoe lekker eenvoudige selfversorging kan wees – romerig, sag op die vel en propvol goeie dinge uit die natuur.

Ons seepkoeke is ook geskik vir jonk en oud in ñ wye verskeidenheid van geure 🩷

30/01/2026

Kontak my Juanita Marais by 083 500 4509

16/01/2026

Somer bring swem, sonskyn en buitelewe – maar dit kan jou vel ook uitdroog en beskadig.

Hier is Klein se 5 eenvoudige maniere om jou vel gelukkig en gesond te hou:
1️⃣ Gebruik sonskerm daagliks 💛Klein Sonblok
’n Breëspektrum SPF beskerm jou teen skadelike UV-strale, voorkom sonbrand en veroudering van die vel

2️⃣ Hou jou vel gehidreer 🩷Klein Hyaluronic Vog Serum
Drink genoeg water en gebruik ’n ligte, vogtende room of serum om jou vel se natuurlike balans te behou

3️⃣ Reinig jou vel gereeld 💚Klein GesigSkuim
Sweet, stof en olie bou vinniger op in die somer. ’n Sagte reiniger help om jou vel vars en vry van onreinhede te hou.

4️⃣ Kies ligte, natuurlike produkte
Vervang swaar room met ligter serums of watergebaseerde vogrome wat nie jou porieë verstop nie.

5️⃣ Dra ’n hoed & sonbril vir ekstra beskerming

Kontak my Juanita Marais by 083 083 500 4509

28/11/2025

Klein Bederf gaan by die kersmark wees. Hoop om julle daar te sien.

Photos from Klein Bederf Handelshoek Jeffreysbaai's post 13/10/2025

Hallo almal, hier is ons Vakansie Fees Katalogus! Produkte in die katalogus is beskikbaar tot 9 November. Die goeie nuus is, indien ek 'n bestelling plaas gaan dit ook binne 48 uur uitgestuur word, ons gaan nie meer so lank wag vir bestellings nie.

Kontak Juanita by 083 500 4509

Photos from Klein Bederf Handelshoek Jeffreysbaai's post 06/10/2025

Hallo almal, hier is Klein Bederf se nuwe katalogus met ons nuwe pryse. Ek het goeie nuus, daar is 'n paar veranderinge by Klein. Bestellings gaan nie meer 7 tot 9 werksdae neem as ek bestel nie. Indien ek 'n bestelling plaas, dan gaan die bestelling binne 48 uur uit. Julle gaan nie meer so lank wag vir bestellings nie! Geniet ons nuwe 2026 katalogus. Ons Vakansie Brosjure kom 10 Oktober uit en ons Kers Brosjure 10 November. Vriendelike groete! 🐑🌸☘️

Kontak my Juanita by 083 500 4509

01/09/2025

KLEIN VERJAAR KOMPETISIE

Hierdie is ons EERSTE van VIER kompetisies in ons Verjaarsdag Maand 🎂🥳

Vir hierdie week se kompetisie gaan jy 'n foto van jou KLEIN produk(te) neem en in hierdie "post" se kommentaar blokkie gaan deel (Jy of iemand in jou gesin kan ook natuurlik in die foto wees sou jy wou...dis altyd lekker om ons Klein-familie te sien)

WAT JY DIE WEEK KAN WEN...Ons BAIE GEWILDE Velsorg Serum Pakket ter waarde van R1180!

Stap 1. Neem jou produkte af
Stap 2. "Post" die foto hier in die kommentaar blokkie
Stap 3. Noem ook in jou post waar jy woon 🩷

BAIE STERKTE AAN ALMAL WAT GAAN DEELNEEM…
Gaan groot, jy kan soveel keer deelneem soos jy wil!

Die gelukkige wenner sal Maandag, 8 September aangekondig word.

Photos from Klein Bederf Handelshoek Jeffreysbaai's post 01/09/2025

Hier is hy, ons September Brosjure! Geniet hom, die GESKENKBOKSE is ’n lekker idee om solank eindjaar- en Kersgeskenke te begin koop. Dan het ons ook 'n jaarlikse prysverhoging saam met die 2026 Katalogus launch op 7 September, so “stock op” as jy teen ou prys wil pakkies pak vir Kerstyd. Laat weet indien jy iets wil bestel teen ou pryse in ons gewone katologus voor 7 Sept.🌸☘️🐑

Juanita Marais 083 500 4509
Of bestel aanlyn by:
https://kleinbederf.com/?agent=1738

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Jeffrey's Bay?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


10 Die Heide Street
Jeffrey's Bay
6330

Opening Hours

Tuesday 10:00 - 18:00
Wednesday 10:00 - 18:00
Thursday 10:00 - 18:00
Friday 10:00 - 18:00
Saturday 10:00 - 00:30