Lowveld Naturist Club
🦓 LAEVELD NATUURISTE🐘
Bosmal• Krugermal• Natuurmal 🇿🇦
‘n Trots onafhanklike klub wat op sy eie staan, nie deel van enige ander assosiasies nie. Geen ledegeld.
Bestuur deur lede. Geen onnodige privaat info. Opregte natuurisme, respek & vryheid. 🦒
🇿🇦😂 ’n Persoonlike uitnodiging aan die Bokke…
Julle sal eintlik perfek by ons inpas! 🤣
Julle het klaar gewys julle kan gemaklik in ’n locker room wees… nou is die volgende stap die Laeveld! 😉
Julle het ’n persoonlike uitnodiging. 🇿🇦❤️ SuperSport Rugby Springboks Lions Rugby Co Stormers
12/09/2026
🇩🇪❤️ Internasionale Duitse Taaldag – 12 September 🇿🇦
Vandag vier ons Duits, maar dit herinner ons ook aan die wonderlike storie van ons Afrikaans.
Afrikaans is nie net Nederlands wat hier aangekom het nie, dit het hier in Suid-Afrika gegroei uit ’n mengelmoes van tale, mense en kulture. 🌍
Van Nederlands tot Khoi- en San-tale, Maleis, Portugees, Frans, Duits en Engels~ elkeen het op sy eie manier ’n stukkie van ons taal se storie help vorm.
’n Mengelmoes? Ja.
Maar wat ’n pragtige een! 🇿🇦❤️
🌿
03/09/2026
Vandag vier ons Internasionale Cabernet Sauvignon-dag, maar vir my gaan dit oor meer as net ’n lekker glas wyn. ❤️
Dit gaan oor die mense saam met wie jy dit geniet. Die stories rondom ’n vuur. Die groot lag. Die nuwe vriendskappe. Die bos. En daardie oomblikke waar jy net kan ontspan en jouself wees.
Ons lewe is soms so besig dat ons vergeet om stil te staan en die lekker dinge te geniet.
So vandag wil ek net sê: lig ’n glas op vir jouself, vir goeie vriende, vir nuwe avonture en vir die lewe! 🍷😂🌿
En onthou…
“Soos goeie Cabernet word goeie vriende beter met tyd… en hoe langer die aand aangaan, hoe beter raak die stories!” 🤣🍷
Cheers op ons Laeveld-familie! ❤️
15/08/2026
🌿 LAEVELD NATUURISTE — MEER AS NET ’N KLUB
Laeveld Natuuriste is gebou rondom iets eenvoudig: die liefde vir die natuur, vryheid, respek en die gemak om jouself te wees.
Vir ons beteken natuurisme nie net om sonder klere te wees nie. Dit gaan oor die vryheid om jou liggaam te aanvaar sonder skaamte, om gemaklik in jou eie vel te wees en om ander mense se liggame en grense met dieselfde respek te behandel.
Ons is bosmal, Krugermal en Laeveldmal. 🐘🌿
Ons voel tuis tussen die bome, langs die rivier, onder die Afrika~son en rondom ’n vuur saam met mense wat dieselfde waardes deel.
🌿 Hoekom natuurisme?
Vir baie mense bring natuurisme ’n gevoel van vryheid en liggaamsaanvaarding. Wanneer klere nie die fokus is nie, verdwyn baie van die sosiale druk rondom hoe ’n mens “moet” lyk. Jong of oud, kort of lank, maer of voller, ons is almal net mense.
Dit kan help om ’n mens se verhouding met jou eie liggaam te verander van kritiek na aanvaarding.
En daar is iets besonders aan die eenvoudige gevoel van son op jou vel, water om jou, voete op die grond en die natuur rondom jou.
Vir ons is dit nie ’n vertoning nie.
Dit is nie ’n kompetisie nie.
En dit is beslis nie seksueel nie.
❤️ Hoekom word natuurisme dan so dikwels verkeerd verstaan?
Omdat naaktheid en seksualiteit in baie dele van die samelewing so sterk aan mekaar gekoppel word.
Maar naaktheid is nie outomaties seksueel nie.
’n Liggaam is bloot ’n liggaam.
Natuurisme trek juis ’n duidelike grens tussen naaktheid en seksualiteit. Ons glo dat ’n natuuriste-omgewing veilig, respekvol en nie seksueel moet wees.
Daarom is ons ook duidelik oor ons standaarde.
Ons is hier om die natuur te geniet, mense te ontmoet, te lag, te kuier, te braai, rivier toe te gaan, wild te kyk en eenvoudig ’n bietjie van die wêreld se geraas af weg te kom.
🌿 Hoekom staan Laeveld op sy eie?
Omdat ons glo dat Laeveld Natuuriste sy eie identiteit het.
Ons wil nie noodwendig in iemand anders se skadu staan of probeer wees wat iemand anders dink ’n natuuristeklub behoort te wees nie.
Ons wil Laeveld wees.
Ons klub word deur ons eie mense gebou en bestuur. Ons waardes, ons standaarde en die manier waarop ons met mekaar omgaan, is belangrik vir ons.
Ons jaag nie geld nie.
Ons probeer nie onnodige persoonlike inligting van mense versamel nie.
Ons probeer ook nie groter wees bloot om groter te wees nie.
Ons wil eerder ’n gemeenskap bou waar mense weet:
Hier kan ek myself wees.
Hier word ek gerespekteer.
Hier is ek deel van die natuur.
Hier hoef ek nie voor te gee nie.
Ons staan op ons eie- nie omdat ons teen ander is nie, maar omdat ons weet wie óns is.
🐘 Ons is Laeveld
Ons is die mense wat die bos verstaan.
Die mense wat ’n sonsondergang oor die rivier kan waardeer.
Die mense wat eerder kaalvoet by ’n vuur sit as om in ’n stad se geraas vas te sit.
Die mense wat kan lag vir hulself.
Die mense wat mekaar respekteer.
Die mense wat weet dat ’n liggaam niks is om voor skaam te wees nie.
74 lede sterk~ 74 mense wat saam iets bou. ❤️
Nie perfek nie.
Nie almal dieselfde nie.
Maar saam gebind deur ’n liefde vir die Laeveld, die natuur en ’n leefstyl waarin vryheid en respek hand aan hand loop.
Dit is Laeveld Natuuriste.
🌿 Jou taal. Jou mense. Jou bos. Jou vryheid. 🌿
Jonk en oud, kort of lank, mooi of mooier 🤪 ons is almal mens. En saam met die mens is ’n hond so ’n groot deel van ons lewens. 🐕❤️
Hoe lekker om hierdie twee dae bymekaar te bring en vandag saam ons beste vriende te vier, ons liggame, ons vryheid en die vierpotige vriende wat ons lewens soveel mooier maak. 🌿🐾
Vier jouself. Vier jou hond. Vier die lewe! ❤️
Laeveld Natuuriste 🌿☀️
Laeveld is ’n klub wat op sy eie staan ~waar ons waardes en standaarde vir ons praat.
Ons praat jou taal.
Ons is jou mense.
En ons is ’n klub soos geen ander in Suid-Afrika nie. 🇿🇦
Bosmal. Krugermal. Natuurmal. 🐘🌿
Ons staan vir regte natuurisme ~soos dit bedoel is: vryheid, respek, natuur en goeie mense.
💚 Ons jaag nie geld nie.
Geen ledegeld word aan enige individu uitbetaal nie.
Ons soek ook geen onnodige privaat inligting van jou nie.
So… waarvoor wag jy? 😎
Raak vandag deel van die Laeveld Klub!
🔞 Alle nuwe lede word eers persoonlik gekontak om seker te maak jy is ’n ware natuuris en dat ons waardes by jou pas.
🌿 LAEVELD NATUURISTE — jou mense, jou taal, jou bos. 🌿
11/08/2026
Wat ‘n voorreg!
09/08/2026
🌸 Gelukkige Vrouedag aan elke wonderlike vrou! 🌸
Mag jy altyd onthou hoe sterk, mooi en kosbaar jy is. ❤️
Ons vier jóú vandag! 🌿✨
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
Phalaborwa
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Lowveld Naturist Club posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.