Voet Vissies Potch
n Spesialiteits spa wat fokus op hand en voet behandelings met die hulp van garra rufa vissies (dr fish) asook Bio sculpture gel behandelings
Goeiemore almal!
Soos meeste van julle reeds weet is daar n pienkvoet oppad en sal Voet Vissies ongelukkig weens omstandighede moet sluit vanaf einde Oktober 2016. Ek sal wel nog op beperkte basis beskikbaar wees gedurende Oktober vir afsprake so laat weet gerus vroegtydig as ek kan help. Ek wil graag vir almal bedank vir al die getroue ondersteuning en sal julle op hoogte hou van enige nuus en verwikkelinge in terme van die voet vissies!!
Lekker dag vir julle!!
22/07/2016
AUGUSTUS SPECIAL!!!
30 minute knibbel met n parrafin dip vir R200 of indien 2 persone saamkom, R350 vir albei!
kom bederf bietjie daardie droë , winters voete en ontspan lekker met n warm koppie koffie!! Bespreek vroegtydig via sms/whatsapp/messenger by 0721433445
23/06/2016
Onthou asb Voet Vissies se nuwe tuiste is in Tuscany Ridge estate. Open vanaf 28 Junie! kom geniet n lekker koffie en versnapering terwyl die vissies knibbel! Werk ook aan n paar lekker spesiale aanbiedinge so hou asb die blad dop...
Hi almal! weens omstandighede skuif Voet Vissies van Twin Oaks na my huis in Tuscany Ridge estate. Julle kan steeds staatmaak op top gehalte diens en produkte in n lekker rustige atmosfeer. Voet Vissies sal wel sluit vir die trek die week van die 20ste maar sal weer vanaf 28 Junie volstoom aan die gang wees. Sien uit om julle almal te ontvang met n lekker warm koffie/tee en eet dingetjie by Voet Vissies se nuwe tuiste!!! xx
13/05/2016
Nog n suksesvolle pamper partytjie by Voet Vissies!! Baie dankie Janette en Annemarie dat julle die middag by Voet Vissies kom geniet het!!
MOEDERSDAG SPESIALE AANBIEDING!Bring jou moeder en betaal slegs R250 vir n 30 minute knibbel met koffie en koek ingesluit, vir 2! Spesiale aanbieding hardloop vir die hele Mei maand so onthou asb om vroegtydig te bespreek!!!
Onthou Voet Vissies is gesluit van eerskomende Donderdag, 21 April, tot die 28ste. Hou die blad dop vir Mei maand se moedersdag promosies!!!
Goeienaand almal! ek vra om verskoning as ek nie altyd bereikbaar is op my selfoon. Ek is nie altyd in staat om te antwoord maar los gerus n boodskap of stuur sommer n whatsapp/sms. Ek is ook bereikbaar via messenger. Ek kyk gedurig so sal so vinnig moontlik terugvoer gee!
Voet Vissies gaan gesluit wees vanaf 21 - 28 April so bespreek asb vroegtydig as julle nog wil kom kuier voor dan!! Hou die blad dop vir nuwe verwikkelinge binnekort... lekker daggie vir almal!
06/04/2016
So paar goeie redes om die voet vissies te besoek...!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
7 Little Swift Street
Potchefstroom
2532