Klein bederf

Klein bederf

Share

Top-kwaliteit, natuurlike produkte. Elkeen van ons produkte word gemaak met ‘n KLEIN bietjie liefde

Photos from Klein bederf's post 19/04/2024

Daar is slegs die volgende getalle oor op dié KleurVolVrou Sakkie Pakket:

8 x Lietsjie, Roos en Rooibos

12 x Fynbos & Winterblom

20 x Lemoen & Vanielje

20 x Avokado & Komkommer

Photos from Klein bederf's post 19/04/2024

DIT IS LYFBOTTER, NATUURLIK!

Klein se Lyfbotter is nie net ’n GROOT vel-bederf nie, maar ons hoor gereeld dat jy nie sommer weer tevrede gaan wees met iets anders as jy eers Klein se kwaliteit ken nie…

TOETS gerus al 15 ons gunsteling geure met die oulike 30g blikkies en wanneer jy dan jou gunsteling(e) het, is daar die groter opsies ook beskikbaar!

30g Blikkie R80
180g Pot R130

Rooibos Redding en Bokmelk is beskikbaar in:

30g Blikkie R90
180g Pot R140
300g Pot R200

28/11/2023

NOTA: Daar is slegs 20 Avo & Komkommer sakkies oor, 21 Aarbei sakkies en Waatlemoen het pas uitverkoop.

Photos from Klein bederf's post 10/11/2023

Dit is weer Fèjnbos Vrydag!

Kom ons kyk vandag na ‘n groot gunsteling onder ons "carrier"-olies... Almond!!

Sweet Almond oil is nou vir jou ‘n wenner! Dit is wonderlik vir jou vel én hare!

Hierdie "carrier"-olie is beslis een wat jy in jou badkamerkassie kan hou!

Photos from Klein bederf's post 26/10/2023

AVO JOU NOG SÊ... 🥑

Ryk, romerig en geurig. Dit is hoe ons die veelsydige superkos, avokadopeer, beskryf. Avokadopeer is baie hoog in omega 3 vetsure en met sy wonderlike kombinasie van verskeie nutriënte, kan jy nie verkeerd gaan met hierdie vrug se olies en produkte nie.

Avokadopeer bevat o.a. vitamiene A, B, C en E, asook proteïne. Hierdie vitamienes en nutriënte help met die maak van kollageen in die liggaam. Kollageen is noodsaaklik vir die onderhoud van die vel en help onder andere OOK om plooie te LOOI...

By Klein spog ons met nét die beste in Avokado produkte en olies! 🥑

Bestel joune vandag nog.

Photos from Klein bederf's post 24/10/2023

MELK&HEUNING

Ons Melk&Heuning LipSalf was van die begin af só groot treffer dat ons toe besluit het om die hele reeks te doen in hierdie sagte geur.
Melk&Heuning is sag op die neus en ook só op die vel.
Beskikbaar in alle bederwe - van KOP tot TOON… Lyfwas, Lyfbotter, Badsout, Lipsalf en NOG VELE MEER!

16/10/2023

Bessiebos kuier hierdie maand by Klein! Die geur is baie gewild... Sag en SOET.... ons Bessiebos is verseker 'n MOET!

Photos from Klein bederf's post 27/09/2023

Ons GEUR van hierdie week is die BAIE gewilde Bokmelk!

Mammas reg oor SA vertrou Klein se Bokmelk-produkte al vir meer as 5 jaar om hul gesinne se velle te voed en te vertroetel - van GROOT tot baie klein…

Probeer ons Bokmelk-reeks vandag nog!

04/08/2023

KLEIN het reeds die wêreld en haar sussie aan die gons, maar WIE is Klein en hoekom is ons produkte op almal se lippe en VEL?

Nou kan jy self van ons SPLINTERNUWE BESTES beproef met hierdie FANTASTIESE proef-pakket teen ‘n weggee prys!

Hierdie pragtige beesleer-sakkie is PROPVOL lekker bederf en omdat alles natuurlik is, is dit veilig vir klein en GROOT!

Ons het lank gesoek en baie getoets tot als PERFEK was… Voor jy kan sê “pietie-petite” gaan Klein se top-kwaliteit natuurlike produkte jou hart steel en jou huishouding oorgevat - Van kroon tot toon!

Vir SLEGS R295.00!!!!!!!
(Net die sakkie apart is meer werd)

Ingesluit:

1 x SPLINTERNUWE Byewaks LipBalm in Lietsjie&Roos

1 x SPINTERNUWE Pienk “TonicToner” 30ml - Velsorg

1 x SPLINTERNUWE MelkWas 30ml - Velsorg

1 x DagWas met Rooibos & Roos 30ml - Velsorg

1 x Looi-‘n-plooi gesigserum met o.a Rosehip, Roos- & RoosMalva olies - 3ml

1 x DagRoom 30ml - Velsorg

1 x Luuks, Beesleer-sakkie in ons pragtige TOFFIE-kleur.
Ideaal vir o.a grimering! (230x105mm)

Kry joune NOU… SLEGS beskikbaar by een van ons Klein Agente of Retailers!!!

R295.00!!!
Kry sommer klaar jou Kersgeskenke en eindjaar-PERSENTE want die waarde is meer as R500.00

Nét die beste, NATUURLIK!

20/07/2023

HANDE BEDERF

ONS HandeWAS en HandeROOM is ‘n groot gunsteling wanneer dit kom by Hande-bederf @ Klein!

Ideaal vir daai spesiale gaste, elke kleedkamer en die perfekte geskenk vir oud en jonk….

Beskikbaar in ‘n pakket of apart - in al ons verskillende geure - dit is geen wonder dat die HandeWas en -Room al in talle gastehuise PRONK…

Bestel nou

27/06/2023

"Ek wil 'n bossie Laventel vir jou pluk, vir die minder lekker dae... Ek wil dit saam met die trein stuur, vir dae wat 'n ektra drukkie en 'n Klein bietjie ekstra liefde vra..."

Ons Laventel Sjampoe & Opknapper, met Féjnbos essensiële olie, is voorwaar ’n groot gunsteling in die Junie brosjure.

250 ml Sjampoe - R 120.00
250 ml Opknapper - R 145.00

Sjampoe & Opknapper Pakket - R 260.00
Elke pakket kry ‘n GRATIS "scrunchie"!

19/06/2023

My nooi is in 'n nartjie,
my ouma in kaneel,
daar's iemand..iemand in anys,
daar's 'n vrou in elke geur!
- DJ Opperman (Sproeireën)

Ons geur van hierdie week is die baie gewilde (Top-5) Rooibos & Kaneel.

Beskikbaar in 'n wye verskeidenheid produkte, te kies en te keur!

Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


Moreletapark
Pretoria