Nails By Anel
My product of choice is Maskcara gel it and Crystal Claws. I have 18 years of Experience.
03/07/2023
30/05/2023
'n Dogtertjie het eendag 'n pennie op die boom van 'n kosbare kruik, wat haar ouers in die Ooste gekoop het, sien lê. Sy steek haar handjie in die kruik en vat die pennie vas. Toe kon sy nie haar handjie uit die kruik se nou opening trek nie.
Haar ouers soebat haar om die pennie te los. Verniet. Hulle bied haar ander goed, selfs beter geldstukke, aan. Hulle dreig haar. Alles verniet. Sy klou haar pennie vas. Teen die aand besef hulle daar is nie 'n ander uitweg as om die kruik te breek nie. Uit liefde vir hulle kind, maar ook kwaad vir haar, breek hulle die kosbare kruik.
Toe die kleurvolle porseleinstukke van haar gebalde vuisie af wegval, kyk sy triomferend op en sê: "Ek het hom nog!"
Die ouers het die skerwe van die kruik en
die pennie bewaar, om hulle dogter later 'n groot lewensles te leer. As groter meisie was sy skaam en spyt oor haar dwaasheid.
Sy het die kruikskerwe en die pennie toe self bewaar, om haar altyd te herinner aan die stommiteit van aan 'n waardelose ding vas te klou. 'n Kosbare gesinslewe kan opgebreek word deur 'n waardelose gedrag van een van die gesinslede.
In die proses van die versoeking, lyk die skadelike ding waaraan ons vasklem so kosbaar en ons kan dit nie prysgee nie. "Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?
Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand…" (Jeremia 17:9).
Dawid het hierdie streek van die menslike hart self ervaar met sy verliefdheid op Batseba en sy moord op haar man, Urija (2 Samuel 11).
Hy het dit so vasgeklem, dat sy koningskap en sy verhouding met die Here skade gely het.
Gelukkig het hy na die Here se woord geluister en weer tot inkeer gekom. Daarom kon hy later só bid: "Here, U sien dwarsdeur my, U ken my. Deurgrond my, o God deurgrond my hart, ondersoek my. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad!" (Psalm 139:1,23).
Jeremia se raad: "Laat ons ons doen en late deeglik ondersoek en ons tot die Here bekeer…"
Here, vandag word ek stil en ek luister na U. Here dit is ons keuse hoe ons, ons lewe wil leef, mag ons die regte keuse maak en mag ons verander waar ons kan en vertrou op God met die res.
Onthou die kortste pad na God is net tot op die grond, op jou knieë.
Doen dit nou, vandag , moet nie uitstel nie
Here vergewe ons ons sondes.
Dankie daarvoor Here.
Amen.
To all those Mothers out there that don't think they are a good enough parent. Happy mothers day. You are all Special. And don't ever think you are not enough.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
130 Premier Street Rayton
Pretoria
Opening Hours
| Monday | 07:30 - 17:00 |
| Tuesday | 07:30 - 17:00 |
| Wednesday | 07:30 - 17:00 |
| Thursday | 07:30 - 17:00 |
| Friday | 07:30 - 17:00 |
| Saturday | 08:30 - 02:00 |