Esthetiek - by Sandra de Beer
Somatoloog met 13jaar + ondervinding in die industrie. SAAHSP | CIDESCO | ITEC
🇿🇦Trots Afrikaans
In die video vertel ek jou presies wat die behandeling behels en wat by die aanbod ingesluit is:
• vir die gesig en nek
• GRATIS
• GRATIS Wenkbroue Tint&Shape
Alles vir slegs R820 gedurende September.
📍 Esthetiek, Sinoville, Pretoria
🌐 Bespreek aanlyn: www.sdbesthetiek.com
31/08/2026
Na ’n droër winter kan jou vel maklik growwer, stywer of minder egalig voel — en September is die perfekte tyd vir ’n klein reset.
Boek Microneedling vir Gesig + Nek teen R820 en kry Dermaplaning GRATIS ingesluit.
Dermaplaning help om die oppervlakkige dooie velselle en fyn haartjies te verwyder, terwyl microneedling kollageenproduksie ondersteun en die voorkoms van tekstuur help verbeter.
Die resultaat? Vel wat gladder, vars en meer verfyn voel — net betyds vir lente.
September beskikbaarheid is beperk.
📍 Sinoville, Pretoria
📱 083 781 5637
🌐 www.sdbesthetiek.com
Boek via DM of WhatsApp.
21/08/2026
As jy nog wonder of die moeite werd is...
Kyk net die verskil. Sy lyk nie soos iemand anders nie – sy lyk net soos die beste weergawe van haarself.
En die bonus? Minder tyd voor die spieël elke oggend. 😉
💳
Eerste afspraak R1 750
8 weke opvolg R930
📧 [email protected]
📍 Sinoville, Pretoria
www.sdbesthetiek.com
Die verskil is subtiel. Die selfvertroue is groot. 😀
Die geneesde resultaat van Powder Brows. ❤️
Die beste deel van my eie baas wees?
Dat ek soms my klein assistent kan saambring werk toe. 😍
Gister het sy besluit sy is verantwoordelik vir voorraadbeheer en het elke produk wat sy kon bereik van die rak afgehaal en vir my aangegee. 😂
Ek droom daarvan om haar eendag te leer dat selfversorging belangrik is, maar vir nou is sy net gefokus op die belangrike goed:
✔️ Produkte van die rak afhaal
✔️ Alles inspekteer
✔️ En kyk of dit dalk eetbaar is
'n Mens begin mos vroeg met kwaliteitbeheer. 🤣
Maar op 'n ernstiger noot...
Ons kinders groei vandag op in 'n wêreld waar sosiale media hulle daagliks vertel hoe hulle "behoort" te lyk. Ek hoop ek kan haar leer dat selfversorging nie gaan oor onrealistiese skoonheidsideale of om iemand anders te probeer wees nie.
Ek wil hê sy moet leer dat selfversorging beteken om mooi na jouself om te sien, jou liggaam te respekteer, jou vel te versorg en jouself lief te hê — presies soos jy is. 🤍
Tot dan sal sy maar aanhou om my rakke leeg te maak en gratis produk-aanbevelings uit te deel. 😂
My man werk in die korporatiewe wêreld en spandeer baie tyd op terreine. Tussen die lang dae, stof, sonblootstelling, stres en eindelose verantwoordelikhede kry sy vel ook swaar.
So nou en dan steel ek hom vir 'n uur en gee sy vel die liefde en sorg wat dit nodig het.
Wat begin het as "Ek sal dit doen omdat jy vra", het een van sy gunsteling behandelings geword. Nie net vir sy vel nie, maar vir die kans om vir 'n uur lank heeltemal af te skakel.
Geen e-posse. Geen oproepe. Geen deadlines!
Net ontspanning.
Want gesonde vel is nie net vir vroue nie, en selfversorging is ook nie iets waaroor mans skuldig hoef te voel nie.
En eerlikwaar? Om hom halfpad deur die behandeling aan die slaap te sien raak, bly een van my gunsteling dinge.
www.sdbesthetiek.com
Dis nie net oor mooier wenkbroue nie... dis oor daardie ekstra selfvertroue wanneer jy in die spieël kyk. 🤍
Natuurlike Powder Brows wat sag genees en jou unieke gelaatstrekke komplementeer
Die geneesde resultaat is ongeveer 30% sagter as direk na die prosedure.
[email protected]
28/05/2026
gee daai sagte, natuurlike wenkbrou-effek wat jou brows voller, netjieser en meer gebalanseerd laat lyk — sonder dat dit TÉ lyk.
En ja… hulle sal nog sagter genees.
🌐 www.sdbesthetiek.com
📧 [email protected]
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
537 S H Pellissier Avenue, Sinoville
Pretoria
0129
Opening Hours
| Monday | 08:30 - 17:00 |
| Tuesday | 08:30 - 17:00 |
| Wednesday | 08:30 - 05:00 |
| Thursday | 08:30 - 17:00 |
| Friday | 08:30 - 17:00 |