Healing Hands Reflexology & Beauty Studio
All Beauty related Healing Hands maak gebruik van elektroniese toestelle en hoogs gespesialiseerde tegnieke om die gesig en liggaam te behandel. Happy Healing -♡
.Healing Hands Reflexology & Beauty Studio. ☆ The difference between ordinary and extra ordinary is that little EXTRA -☆ Healing Hands fokus daarop om die liggaam so natuurlik as moontlik te genees en te behandel. Streng reëls ten opsigte van higiëne en kliniese prosedures moet te alle tye gehandhaaf word. Die primêre doel van die Healing Hands is om mense mooier te laat lyk en voel, wat op sy beurt weer bydra tot geestesverryking. Die gelaats behandeling vir diep reiniging en probleem velle , teen veroudering en instanthouding. Healing Hands gebruik net van die top skoonheids huise bv ENVIRON, SANS SOUCIS, AHAVA. Healing Hands het 'n holistiese benadering tot skoonheid. Die beroep skakel onder meer by verskillende fasette van skoonheid, fiksheid en gesondheid in. Healing Hands ondersoek en behandel vel- en figuurprobleme, doen verslankingsbehandelings in samehang met 'n dieet aanbeveel deur 'n geneesheer. Die behandelings kan hittebehandelings, spierverferming en sellulietbehandelings insluit. Healing Hands gemoeid met die gespesialiseerde grimeertegnieke soos bruidsgrimering en grimering vir advertensies en televisiedoeleindes, permanente en tydelike verwydering van ongewenste gesig- en liggaamshare, manikure en pedikure, en die kleur van wimpers. Healing Hands is ook 'n spesialis in die aanwending van 'n verskeidenheid van elektriese toerusting en gespesialiseerde massering vir ontspanning, (Hot stone& Indian Head) sweedse masserings, baba masserings, swangerskap masserings, beserings 'injury' massering, kroniese pyn en spasma masserings, Hier help Healing Hands die kliënt om van spanning ontslae te raak deur middel van byvoorbeeld aromaterapie en refleksiologiebehandeling. Aromaterapie behels massering met olies, wat ook help met sekere kondisies. en refleksiologie drukterapie om verskillende dele van die voete wat oor die liggaam reflekteer en kan dit sommige pyne en kwale verbeter. Bv been en voet krampe, kroniese hoofpyne, spastiese kolon, swak sirkulasie, slaaploosheid om net n paar te noem. Albei behandeling word ook vir ander probleme en kwale gebruik. Kontak Carike 081 735 6535 Studio 012 252 2616 Whatsapp 076 403 7038. Healing Hands is gelee binne Hair Inker Schutte laan 44 Brits.
29/09/2026
A little update from me 🤍
Firstly, thank you so incredibly much for every message, prayer and word of support. I truly appreciate it more than you know. 🙏🏻
What we initially thought was a bad case of gastro actually turned out to be my gallbladder making me so sick. I’ve had problems with my gallbladder on and off for about four years, but unfortunately it took me becoming really ill for it to be investigated again.
They discovered gallstones, with stones causing blockage in my bile ducts, and I ultimately had to undergo an emergency operation to remove my gallbladder. Definitely not how I expected the past few days to turn out! 🥺
I am still in hospital and recovering. With all the pain medication, I’m still very drowsy and not quite fully myself or completely clear-headed yet.
So please forgive me if I haven’t answered your message. I am not ignoring anyone, and I am definitely not ignoring my business or my clients. These were completely unforeseen circumstances and unfortunately something I had no control over.
As soon as I am discharged, feeling more like myself and not as drowsy from the medication, I will work through all my messages and get back to everyone as soon as I possibly can. 🤍
Thank you for being patient with me, for understanding, and most of all, thank you for keeping me in your prayers. 🙏🏻
One day at a time. 🤍
All my love,
Carike 🤍
28/09/2026
IN STOCK SALE –
PLEASE SUPPORT MY SMALL BUSINESS
Life has thrown me a bit of an unexpected curveball. I unfortunately ended up being admitted to hospital on Friday, and I now need to undergo an emergency operation. 🏥❤️🩹
Being self-employed means that when I’m not able to work, there is unfortunately no income coming in. With the days I’ve already lost and the next few days of recovery still ahead, I’ve decided to put all my Fearfully Made earrings that I currently have IN STOCK ON SALE. 🌸✨
Every order, share and bit of support will mean more to me than you know. 🙏🏻❤️
🌷 Please note:
• Limited stock available
• Payment confirms your set
•If not paid in 24 hours it will go to the next claim.
• Courier/PUDO costs are additional
• Collection will only be available from next week, as I am currently still in hospital
I will be posting the earrings in the comments.
Please claim on the set you want.
If you’ve had your eye on a pair, now might be the perfect time to spoil yourself while supporting my little handmade business. 🥹🩷
Thank you so much for every message, prayer, share and order. I truly appreciate it more than I can put into words.
Carike | Fearfully Made 🌸
Handmade with purpose
📱 081 735 6535
28/09/2026
🌸LIMITED VOUCHER SALE 🌸
This is a little different from my usual specials, but sometimes life throws unexpected things our way. 🤍
Unfortunately, I ended up being admitted to hospital last Friday, and I now need to undergo an emergency operation.
Being self-employed means that when I’m unable to work, there is unfortunately no income coming in and with already having lost several working days and needing some recovery time after surgery, I’ve decided to do something a little different.
✨ I’m putting a limited number of treatment vouchers on SALE! ✨
Each selected treatment will have only 2–3 vouchers available at the discounted price, so once they’re sold, they’re sold.
🌷 HOW IT WORKS:
• Choose your treatment voucher - comment on the voucher you would like.
Then Whatsapp it to me on 082 641 4703
• Payment is made now to secure your voucher
• You then have 60 DAYS to use it
• Only 2–3 vouchers available per treatment
• Voucher is only secured once payment reflects
• Appointments are subject to availability (please note I am still in hospital and appointments would only be from next week)
This way, you get to spoil yourself with a treatment at a special price AND your support helps my little business through an unexpected difficult patch. 🥹🤍
Every booking, voucher purchase, share and message of support means more than you know.
Thank you for supporting Healing Hands Beauty and the person behind the business. 🌸
All my love & appreciation,
Carike 🤍
18/09/2026
VAN REMOVAL… NA ’N NUWE BEGIN
Ons het op 31 Oktober 2025 met hierdie brow journey begin… en byna ’n jaar later kan ons uiteindelik ’n “after” foto deel.
Dink net daaraan… byna ’n jaar.
’n Paar laser brow removal sessies,
2 colour correction sessies,
healing tussenin,
baie geduld…
En ook 'n hele paar rand later, 💰
en nou kon ons eers begin met die finale proses om die brows weer met Microblading op te bou.
Dit vat tyd...
Ou pigment verdwyn nie oornag nie.
Die vel moet kans kry om te herstel tussen behandelings en soms moet mens eerder stadig en versigtig werk as om ’n proses te probeer jaag. En by my bly jou vel EERSTE prioriteit, ek jaag nie die proses aan en ons sit met skade oor ons hastig wil wees nie..
En as jy al by my was, weet jy ek sal altyd vir jou sê "dit is genoeg vir vandag" ons gaan nie verder peuter en dan sit ons met skade nie. Jou vel kan ook net soveel op een slag hanteer..
Die brows is nog nie 100% klaar nie,
ons het nog ’n touch-up sessie wat voorlê. Maar ek glo regtig dat ons daarna baie naby gaan wees aan dit waarvoor Tannie van die begin af gehoop het.
Ek gaan ook nie maak asof hierdie ’n maklike een was nie. 😅
Dit is NIE maklik om iemand anders se werk en foute te probeer regmaak nie, veral nie ou powder brows waarvan daai buitelyne diep en duidelik gesit het nie. En om daarna met fyn Microblading strokes ’n meer natuurlike vorm te probeer skep… dis nie ’n grappie nie! 🙈
Ek sal jok as ek sê ek was heeltemal gechill toe ek hierdie uitdaging aangepak het gister. 😂 My senuweevlakke het beslis ’n paar keer hoog geloop, so bang ek voeter dit op oor daai lyne nog so duidelik sit, en ek moet dit beter maak , met ongelyke skewe lyne en al.
Maar as ek kyk waar ons begin het en waar ons nou is, is ek ongelooflik bly dat ons nie die proses gejaag het nie.
En Tannie… dankie. ❤️
Dankie dat Tannie, Tannie se vertroue in my gesit het. Dankie vir die geduld deur elke removal, healing en correction-fase.
En dankie dat Tannie my toegelaat het om hierdie journey saam met Tannie te stap.
Byna ’n jaar later is ons uiteindelik by die deel waarvoor ons al die tyd gewag het. 🥹
Ons is nog nie heeltemal by die eindstreep nie… maar sjoe, kyk net hoe ver het ons gekom.
Brow corrections is nie ’n quick fix nie.
Dit vat tyd. Dit vat geduld. Dit vat ’n plan. Soms vat dit maande en verskeie behandelings voordat ons eers by die finale proses kan uitkom.
Maar wanneer jy terugkyk na waar jy begin het…is die wagtyd beslis die moeite werd !!!
Healing Hands Beauty
Skin • Beauty • Aesthetics ✨
18/09/2026
🖤 TODAY WE WEAR BLACK 🖤
Not for fashion. Not for attention.
But in remembrance. In solidarity. And because enough is enough.
Today, I wear my black ribbon for every woman whose voice was silenced too soon. For every life taken. For every family left with an empty space that can never truly be filled.
We remember the women who should still be here.
We stand with the women who are afraid.
We stand with the survivors who found the courage to keep going.
And we stand together for a future where women can simply live without fear.
May this little black ribbon carry a very big message:
Her life matters.
Her voice matters.
Her safety matters.
Every woman matters. 🖤
For the women we have lost, and for the change we still desperately need.
We mourn. We remember. We stand together. 🖤
Fearfully Made Polymer clay earings
14/09/2026
30 KG… maar voel ek anders?
Ek kry so baie mense wat my vra:
“Voel jy anders noudat jy 30 kg afgeskud het?"
En my antwoord bly elke keer dieselfde…
Nie regtig nie. Dit voel maar nog dieselfde. 🤷🏻♀️
Laas week gesels ek met ’n vriendin en sy vra my weer dieselfde vraag. Ek sê toe vir haar: “Nee wat, ek voel nog soos dieselfde ek.”
Ja, my klere sit baie losser. Hemde gewys moes ek al ’n hele paar nuwe goed koop.
Maar broeke? Ek is maar so 1, dalk amper 2 sizes kleiner… en as ek eerlik is, dit maak my soms negatief.
Want in my kop dink ek:
30 kg?! Ek behoort mos nou heeltemal anders te lyk?
Toe sê sy vir my:
“Carike… 30 kg is VREK baie gewig.”
En sy sê ek moet dit bietjie anders probeer sien. Dink aan 30 × 1 kg-bakkies botter/vet wat jy elke dag saam met jou moes ronddra… en toe tref dit my nogal.
DERTIG KILOGRAM.
Dis nie “net ’n bietjie” nie.
Dis ’n hele klomp gewig wat my lyf nie meer hoef saam te dra nie.
Maar julle… kom ons praat nou oor die FUPA. 🤣🙈
Hierdie maag van my is die ding wat my nog die meeste negatief maak. Party dae kyk ek daarna en dink: 30 kg ligter en jy is nog steeds hier?! 😂
Ek sweer, as hierdie maaggie eendag besluit om sy tasse te pak, is ek sommer oornag nog 4 sizes kleiner. 🤣
Maar toe herinner my vriendin my aan iets wat ek self so maklik vergeet:
Onthou wat jou liggaam alles al deur is.
Jare se fertiliteitsbehandelings.
9 laparoscopies.
1 laparotomy.
1 normale geboorte.
1 keiser.
Hierdie lyf het deur baie gegaan.
En al daardie dinge speel ’n rol in die area waarmee ek nou so sukkel.
Ek kan nie na my maag kyk asof hy net daar is omdat ek nie hard genoeg probeer nie. Daar is ’n hele storie agter hom.
En ja… ek het selfs die masjiene om hom te behandel.
Maar het julle al probeer om body contouring masjiene ordentlik op jouself te gebruik?! Dis ’n workout op sy eie, en tussen werk, mamma wees en die lewe het ek nie altyd lus óf tyd daarvoor nie. 🫣
Maar hierdie gesprek het my weer iets laat besef:
Ons raak so vasgevang in hoe ver ons nog wil gaan, dat ons vergeet om om te draai en te kyk hoe ver ons reeds gekom het.
Ek kyk heeltyd na die maag wat nog daar is.
Na die size wat ek nóg nie dra nie.
Na die kilos wat ek nóg wil verloor.
En intussen vergeet ek soms van die 30 kg wat reeds weg is.
Ek vergeet wat my liggaam oor die jare moes deurstaan.
Ek vergeet hoeveel keer hy moes herstel.
Ek vergeet hoe hard ek gewerk het om vandag hier te wees.
So miskien moet ek ’n bietjie minder kwaad wees vir hierdie lyf… en ’n bietjie meer trots wees op hom. ❤️
Ek is nog nie waar ek wil wees nie.
Maar damn…
Ek is ook nie meer waar ek begin het nie.
30 kg ligter.
30 kg nader.
En baie meer dankbaar vir wat hierdie liggaam al vir my gedra het. 🥹❤️
En die FUPA?
Ek en sy het nog unfinished business. 🤣
Sy weet net nog nie haar eviction notice is klaar geskryf nie. 😂✌🏻
Ons sal haar ook regkry. Een dag op ’n slag. 💪🏻💕
07/09/2026
NB!
Order notice!!!!
Alle bestellings moet in en betaal wees voor maandag aand 8pm
Whatsapp op 082 641 4703
06/09/2026
NB!
Order notice!!!!
Alle bestellings moet in en betaal wees voor maandag aand 8pm
Whatsapp op 082 641 4703
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
17 Piet My Vrou Helikonpark
Randfontein
1759
Opening Hours
| Tuesday | 08:00 - 16:00 |
| Wednesday | 08:00 - 16:00 |
| Thursday | 08:00 - 16:00 |
| Friday | 08:00 - 16:00 |
| Saturday | 08:00 - 13:00 |