Ecohealth Robertson

Ecohealth Robertson

Share

Ecohealth Products:All-natural solutions to help you achieve health goals. Guaranteed effectiveness!

Photos from Ecohealth Robertson 's post 24/06/2025

🌿 Hallo!
Ek jou plaaslike EcoHealth agent in Robertson en omliggende areas. 👋

Ek het hierdie 100% natuurlike Parasite Cleanse wat jou liggaam help skoonmaak van ongewenste goggas — en jou sommer lig en gesond laat voel! 💚✨

👉 30 kapsules vir slegs R120 (aflewering uitgesluit).
Ek help graag met bestellings of enige vrae — WhatsApp my enige tyd! 📲

🌱 Ek het ook nog baie meer wonderlike produkte beskikbaar! Vra my gerus vir die volledige lysie.

📞 Stuur vir my ‘n WhatsApp: 061 110 3063

Photos from Ecohealth Robertson 's post 21/06/2025
Photos from Ecohealth Robertson 's post 10/06/2025

Ecohealth se Parasite Cleanse Kapsule

‘n Produk wat bedoel is om mense se gesondheid te bevorder, se waarde moet beoordeel word in sy veiligheid. Dit is Ecohealth se geloof. En dit is waarom Ecohealth soveel klem lê op die samestelling en ontwikkeling van natuurlike produkte.

Inleiding

Met groot trots bied Ecohealth hierdie produk aan. Al die studies en skrywes en potgooie oor wurms en parasiete, het vir my gesê, parasietbeheer is baie meer as net 'n pil wat n mens 1 x in 3-6 maande by apteek koop en jy dink jy is veilig en beskerm. Die Engelsman sou wou sê "sorted"

Toe nou soos in glad nie.

Daar is baie baie meer in en agter dit.

Dit het my baie lank gevat om die saam te stel. Ek het baie produkte oorweeg. Op hierdie besluit. Jy gaan baie leer hieruit as jy omgee oor jou en jou gesin se gesondheid. Ek het baie gewonder oor die effek op die Spirocerca Lupi wurm. Ook ander wurms vir ons diere.

Ek het dit nie getoets nie. Beveel dit daarom nie aan nie.

Hier skrywe ek vir jou hoekom ek wat gedoen het. En, ek het gaan kyk onder 'n mikroskoop wat die individuele produkte aan dermparasiete doen. Maar, dit gaan ek nie vertel nie.

Wat jul in die produk het, is 'n unieke kragtige stuk gereedskap. En die skrywe verduidelik net liggies hoekom.

Die Ecohealth Parasite Cleanse kasule se samestelling.

Oor baie jare en vele studies is die waarde van papaja as bioflavonoïede met sy vele bioaktiewe verbindings by vele studies onderneem. Papaja bevat ook tannien, fenole en ander eienskappe. In die Literatuur word die terapeutiese waardes van papaja as ‘n antioksidant vele kere aangedui en beskryf as ‘n produk wat erkende effektiewe anti-inflammatoriese en ook antikanker eienskappe bevat.

Die waardes wat in “Carica-papaja” beskryf is, is die rede waarom die produk een van die produkte is wat Ecohealth in sy “Parasite Cleanse” produkte gebruik. Die klem in die skrywe fokus a papaja as ‘n baie effektiewe natuurlike produk vir ontwurming. Mens sou wou noem byna “dodelike natuurlike produk vir wurms.

Die teenwoordigheid van so 'n kragtige natuurlike bioaktief, laat baie ander bykomende vrae ontstaan, soos, watter effek sal hierdie produk op die gevreesde Spirocerca Lupi wurm hê wat by honde voorkom.

Hierdie skrywe het nie die veiligheid en potensiaal daarvan ondersoek nie. En ook nie die ander produkte in die Parasite Cleanse se effek op honde nie. Daarom word dit nie aanbeveel nie.

Belangrik: Toxin Binder

Klem word veral hier gelê dat die doodmaak en afbreek van die wurmparasiete een belangrike aspek is. Maar die dooie giftige toksiese materiaal moet uit die liggaam en bloedstroom geoes en gebind, terselfdertyd geneutraliseer word. Hierdie versamelde afvalproduk en wurmkarkasse moet daarna uit die dermkanale uitgeskei word om die toksiese nalatenskap van die dooie giftige materiaal te voorkom. Daarom het Ecohealth ‘n natuurlike produk ook hiervoor, naamlik Toxin Binder saamgestel.

1. Papajapitte se effek op parasiete

Die ensiem in Carike-papajapitte, naamlik papaïen, word breedvoerig beskryf in natuurlike medisyne in die dat dit ‘n vernietigende effek het op dermparasiete.

In kort, die oudste mediese geskiedenis, naamlik in die Indiese Ayurvediese medisyne, is goed beskryf hoe papajapitte se inhoudelike ongunstige omstandighede in die dermkanaal veroorsaak vir wurms.

‘n Studie in Nigerië, byvoorbeeld, het bevind dat kinders in haglike lewensomstandighede met ‘n mengsel van songedroogde papajapitte en heuning, sowat 70% van die wurmparasiete uit die kinders se stoelgang verwyder het.

Papajapitte het ook Anti-amoebiese eienskappe

Naas die effek op wurmparasiete, het papajapitte ook anti-amoebiese eienskappe. Papajapitte bevat met die bioaktief “bensielisotiocyanaat”. Die aktief het ook baie goeie en ook effektiewe beheer oor skadelike amoeba spesies getoon. Veral die spesies wat breininfeksies en disenterie veroorsaak.

Bensielisotiocyanaat (BITC) is ook beskryf dat dit chemies-geïnduseerde kanker in die pankreas kan onderdruk en, ook die vorming van tumors kan voorkom.

Flavonoïede

Papaja-sade is ryk aan flavonoïede, wat antioksidante, anti-inflammatoriese en antiparasitiese eienskappe het.

Potensiële interaksies

• Antikoagulante: Papaja sade is ook ‘n natuurlike bloedverdunner en kan die effekte van bloedverdunnende medikasie verbeter. Meet die bloeddruk gereeld wanneer papaja gebruik word.

• Antibiotika: Papaja kan sekere antibiotika se doeltreffendheid verander.

2. Naeltjies of Caryophyllus Aromaticum

Naeltjies word in die Literatuur erken vir hul doeltreffendheid teen dermparasiete. Naeltjies bevat ‘n kragtige substansie genaamd “eugenol” wat baie sterk antimikrobies is.

Daar is min produkte soos naeltjies wat gekou word om skadelike bakterie in die mond en tussen die tande natuurlik dood te maak en te reguleer.

Eugenol ontwrig parasiete se sellulêre prosesse sodat dit natuurlik kan vrek. Naeltjies word ook deur die eeue gebruik om spysverteringsongemak te verlig en natuurlike dermgesondheid te verbeter. Dit laat die dermwande ook ontspan en ontwrig die parasiet se aktiwiteite.

Naeltjies is daarom 'n waardevolle toevoeging tot natuurlike antiparasitiese behandeling. Naeltjies word ook as verdowing gebruik teen tandpyn en seer tandvleis. Nog ‘n belangrike faset is dat die vele antibakteriese eienskappe wat in naeltjies voorkom, die skade wat die wurms aan weefsel van die liggaam veroorsaak, saam met die immuunstelsel herstel.

Daar is vele ander natuurlike gesondheidseienskappe van naeltjies beskrywe in ‘n skrywe op Ecohealth se Blog en ook op YouTube.

3. Artemisia annua (soet als) of Wormwood

Dit staan ook bekend as “soet-als”. Soet-als bevat die bioaktiewe verbinding “Artemisinin.” Ook ‘n produk wat wyd bestudeer is vir hul antiparasitiese eienskappe. Artemisinin veroorsaak oksidatiewe stres van die selle van parasiete.

Dit ontwrig daarmee die vermoë om te funksioneer soos om bloed of voedsel in te neem, wat tot hongerte ly en senuwees wat disfunksioneel raak en natuurlike vrektes tot gevolg het.

Die Literatuur beskrywe ook Artemisia annua by verskeie gebruike van tradisionele medisyne by siektetoestande wat antimikrobiese en anti-inflammatoriese behandeling nodig het. Die kruid kry ook erkenning vir sy vermoë om algehele dermgesondheid te verbeter.

4. Artemisia absinthium (Wilde of bitter-als) of Wormwood

Artemisia absinthium is ‘n kruid wat al eeue lank in tradisionele medisyne gebruik word vir ‘n hele reeks kwale. Dit sluit dermparasiete in. Wilde als word in die Bybel beskrywe en is bekend vir sy bitter smaak. Daar word beweer dat wilde als met suurwyn of asyn gemeng is tydens Christus se kruisiging.

Die plant bevat verskeie ander bioaktiewe verbindings wat bydra tot die medisinale doeltreffendheid daarvan.

Al hierdie bioaktiewe is effektief in die behandeling van parasiete en parasitiese infeksies.

Artemisia absinthium bevat ‘n essensiële olie, genaamd “Sesquiterpeenlaktone.”

Dit verhoog die effek van die kruid se antiparasitiese aktiwiteite met drastiese gevolge. Wilde als bevat ‘n hoë konsentrasie “Thujone.” Dit is ‘n bioaktief wat ‘n neurotoksiese effek het op dermparasiete. Thujone ontwrig die sentrale senuweestelsel, wat tot totale verlamming lei en vrektes van die wurmparasiete tot gevolg het.

Thujone is ook 'n ketoon en 'n monoterpeen. Dit meng met die GABA reseptore in die parasiete se senuweestelsels, wat hiperaktiwiteit in die parasiet se liggaam veroorsaak wat die parasiete nie kan onderhou nie.

Essensiële olies en laktone in Artemisia absinthium

Die essensiële olies wat in Artemisia absinthium voorkom, sluit in kamfer, myrseen en pineen.

Die Literatuur dui aan hoe hierdie verbindings antimikrobiese en anti-inflammatoriese effekte het wat die simptome wat met parasitiese infeksies meebring, kan verlig.

Sesquiterpeenlaktone, soos absintine en anabsinthin, verhoog die bitterheid van die kruie. Die bitterheid dra by tot die terapeutiese doeltreffendheid daarvan.

Naeltjies, bekend vir hul aromatiese eienskappe en kulinêre gebruike, word tradisioneel gebruik om dermparasiete te bestry. Die kragtige verbindings wat in naeltjies voorkom,

5. Granaatekstrak en parasietbeheer:

Granaatekstrak is nog 'n natuurlike middel wat bekend is vir sy antiparasitiese eienskappe. Ryk aan antioksidante en bioaktiewe verbindings, granaatekstrak kan die lewensiklus van parasiete ontwrig, wat dit vir hulle moeilik maak om in die ingewande te floreer.

Studies het getoon dat die verbindings in granate, soos punicalagins en ellagiensuur, sterk antimikrobiese effekte het wat kan help om dermparasiete uit te skakel en algehele spysverteringstelsel te ondersteun.

Potensiële interaksies:

• Antihipertensiewe medikasie: Granaatekstrak kan bloeddruk verlaag en die effek van bloeddrukmedikasie verhoog.

• Antifungale medikasie: Die gebruik van granaatekstrak saam met sekere antifungale middels kan hul doeltreffendheid verhoog.

• Diabetiese medikasie: Granaatekstrak bloedsuikervlakke verder verlaag as dit saam met diabetiese middels gebruik word.

6. Olyfblaarekstrak

‘n Ekstrak afkomstig van olyfblare (Olea europaea), word al eeue lank gebruik weens olyfblare se kragtige medisinale eienskappe. Dit is egter eers onlangs bevind dat olyfblaarekstrak baie sterk antiparasitiese vermoëns het in de beheer van dermparasiete. Die uittreksel is ryk aan bioaktiewe verbindings, insluitend oleuropeien.

Meganismes van aksie

Olyfblaarekstrak werk deur verskeie meganismes om dermparasiete te bestry.

• Antimikrobiese eienskappe: Oleuropeien. ‘n bioaktief in die olyfblaarekstrak, het sterk antimikrobiese eienskappe wat die ontwikkeling en groei, of volwassewording van dermparasiete kan inhibeer.

• Immuunstelsel: Olyfblare ondersteun ook met vele eienskappe die liggaam se natuurlike vermoë om parasitiese infeksies te beveg met sy immuunstelsel.

• Anti-inflammatoriese effekte: Olyfblaarekstrak verminder inflammasie in die dermkanale, soos van die ander produkte genoem. ‘n Gesonde derm is nie ‘n goeie habitat vir ‘n parasiet nie.

Wetenskaplike bevindinge

Verskeie studies het die doeltreffendheid van olyfblaarekstrak in die beheer van dermparasiete beklemtoon:

• In vitro-studies: Eksperimente in laboratoriums het getoon dat olyfblaarekstrak die groei van verskeie parasiete inhibeer, insluitend Giardia lamblia en Entamoeba histolytica.

• Dierestudies het getoon dat olyfblaarekstrak parasitiese lading verminder en algehele dermgesondheid verbeter.

• Menslike proewe kliniese proewe het bevind dat olyfblaarekstrak 'n effektiewe terapie is by die natuurlike beheer van dermparasiete by mense.

7. Rooipeper: Cayenne peper of Capsicum annuum

Rooipeper is een van Ecohealth se gunsteling produkte vir bloedgesondheid. Rooipeper se aktiewe verbinding, capsaïcine, is ook verder goed bestudeer vir sy potensiaal om dermparasiete te beheer en, om dermgesondheid te bevorder.

‘n Vreemde bevinding was dat mens glad nie met rooipeper kan oordosseer nie. Rooipeper bevat verskeie bioaktiewe verbindings. Met capsaïcine wat die mees prominente bioaktief is.

Capsaïcine is verantwoordelik vir die brandsmaak van die peper.

Rooipeper het sterk antimikrobiese en anti-inflammatoriese eienskappe.

Ander voordelige verbindings in rooipeper sluit vitamiene A, C en E in, sowel as karotenoïde en flavonoïede, wat bydra tot die algemene gesondheidsvoordele daarvan.

Rooipeper se doeltreffendheid teen dermparasiete kan toegeskryf word aan aksies.

Antimikrobiese eienskappe

Daar is gevind dat die bioaktief capsaïcine baie sterk antimikrobiese eienskappe het wat die groei van verskeie skadelike patogene soos bakterieë, swamme en parasiete in die dermkanaal en bloedstroom inhibeer.

Capsaïcine ontwrig die sellulêre membrane van hierdie organismes, wat lei tot hul natuurlike dood.

Anti-inflammatoriese effekte

Capsaïcine se anti-inflammatoriese eienskappe verminder die wonde en inflammasie wat deur parasitiese infeksies veroorsaak word en simptome soos pyn, krampe en diarree daarmee verlig.

Immuunstelsel ondersteuning

Die vitamiene en antioksidante wat in rooipeper voorkom, verhoog immuunfunksie, wat dit makliker maak vir die liggaam om parasiete te beveg.

8. Die rol van fulvicsuur

Fulvicsuur is 'n natuurlike verbinding wat in grond, kompos en mariene sedimente voorkom en het ‘n veel belangriker rol as wat besef word.

Dermparasiete het ‘n enorme effek op genoegsame absorpsie

Van voeding en kritiese mikro- en makrovoedingstowwe in die mens se liggaam. Fulvicsuur ontstaan na ‘n komplekse afbraak van organiese materiaal na gesonde voedsame bio-opneembare organiese molekules.

Fulvicsuur verbeter minerale en ander voeding se opname.

Dit is bekend dat dit op molekulêre vlak aan vrye radikale in die liggaam bind om hul skadelike effek te neutraliseer. Dit is ook natuurlik ryk aan suurstof, iets waarvan kanker en ander skadelike patogene glad nie hou nie.

Skadelike organismes floreer in komposterende, suurstofarme toestande in die liggaam. Fulvicsuur word gekenmerk deur sy klein molekulêre grootte, hoë oplosbaarheid in water en sy vermoë om komplekse verbindinge met minerale en ander voedingstowwe te vorm.

Hierdie eienskappe maak fulvicsuur 'n effektiewe draer en natuurlike middel vir verskeie gesondheidstoestande, insluitend die bestuur en beheer dermparasiete.

• Fulvicsuur verhoog voedingsabsorpsie in die liggaam. Verhoog voedingstowwe se biobeskikbaarheid en die aksie is baie belangrik by parasietbeheer.

• Parasiete parasiteer op noodsaaklike voedingstowwe wat lei tot tekorte en verswakte immuunfunksie. Die ideale toestand vir dermparasiete om in te floreer.

• Fulvicsuur het ook verskeie detokseienskappe. Wat verbind aan swaar metale, gifstowwe en ander skadelike stowwe, en dan die stowwe aktief uit die liggaam te verwyder. Hierdie ontgiftingsprosesse ondersteun die liggaam se natuurlike verdedigingsmeganismes teen parasitiese infeksies.

Ondersteun die immuunstelsel

'n Robuuste immuunstelsel is van groot belang in die verdediging teen dermparasiete se siektes wat dit kan veroorsaak. Om die liggaam te help detoks, van suurstof en voedingstowwe te voorsien, maak van fulvicsuur ‘n waardevolle komponent in parasietbestuur.

Antimikrobiese eienskappe

Fulvicsuur het ook in vele studies goeie antimikrobiese aktiwiteite teen 'n reeks patogene en getoon, soos protosoïese parasiete, soos giardia en entamoeba insluitend.

Ons het reeds genoem dat fulvicsuur aan skadelike bakterieë, virusse en swamme se molekulêre strukture bind om dit te neutraliseer en uit die liggaam te skei.

Probiotiese voordele

Die handhawing en instandhouding van 'n gesonde dermmikrobioom is noodsaaklik vir die voorkoming en bestuur van dermparasiete en ander skadelike infeksies.

Fulvicsuur dien ook as 'n prebiotikum, wat die groei van goeie voordelige bakterieë in die ingewande bevorder. Hierdie voordelige bakterieë verminder en beheer die skadelike parasiete se getalle, wat op sy beurt dermgesondheid bevorder.

05/06/2025

Vas en watervas.

Ons lees oor vas in die Bybel. Ons lees in vele gelowe hiervan. Ons lees ook van Christus se woestynbesoek waar hy vir 40 dae gevas het. Die vraag is waarom? Is daar enige voordele in hierdie proses.

Dit wil ek graag beskrywe.

En nou moet die mense wat my altyd oor SASSA aanval, asseblief ook baie mooi lees. Jy besit, gratis en verniet, een van die magtigste prosesse om jou verniet gesond te maak, gratis en verniet.

Dit verg 'n keuse en dit verg bietjie vasbyt.

En ek verduidelik iewers onder hoekom. Daar is 'n reuse wetenskap om dit te ondersteun.

En hierdie, geld ook vir mense wat al die geld in die lewe besit. Geld en medisyne kan nie gesondheid koop nie. Selfliefde en selfsorg kan.

Herstel jou liggaam se immuunpotensiaal

Daar is baie skrywes en opinies oor die voordele van vas. Dit is dus om vir ‘n periode van tyd net water in te neem, en nie enige kos nie.

‘n Samevatting van vele studies

Die hidrologie wat ons hier by die fabriek toepas, het by vele mense ongewone fantastiese resultate meegebring.

Ek het dit goed gedink om vir vele mense met gewigsprobleme, kroniese inflammasie, hardlywigheid en horde ander voor te stel, om na die hidrologie sessie, watervas te oorweeg met ‘n tipe water soos wat Ecohealth hier by die fabriek verkoop.

Ek wou die vasperiode met voeding versag, want vir vele mense is dit ‘n verdoemende vrees om te dink dat hul moet sonder kos bly en honger ly.

Maar ek verduidelik als mooi eenvoudig.

Daarom was my voorstel dat die Ecohealth se “To Go” lysie wel gebruik, wat die immuunfunksies van die liggaam voed en versnel en aanhelp. Dus die vas proses 100% ondersteun, sonder om enige skade te veroorsaak.

Dit verminder die vrees, die skok en mense wat bepaalde siektetoestande onder lede het, en ondersteun al die prosesse wat ek nou gaan beskryf in die liggaam.

Dit lewer tans verbysterende resultate.

En, ek sal binnekort goedvoelstories hieroor plaas, omdat van die dames graag wil wys wat met hul gebeur het. Watter gewigsverlies het natuurlik plaas gevind.

En, wat ek graag die meeste wil beklemtoon, bloedsuikervlakke wat besig is om te normaliseer, insuliensensitiwiteit wat verbeter het, hongerpyne wat verdwyn het, en, dit blyk, dat leptienweerstandigheid ook drasties hiermee verminder het.

Met die volgende bloedanalises en ook dalk weer hidrologie, sal ek na parasiete kyk, hoe bloedfunksies verbeter het, bloedvatgesondheid verbeter het en, wat die inflammasievlakke is, ook uriensuur.

Naas bogenoemde, het van die mense duidelik hul grense oorgesteek. Hul die vrees vir vas en honger oorwin. Hulself en hul gesondheid eerste gestel.

En, tesame met hul immuunstelsel, beheer oor hul liggame se gesondheid geneem.

Lees weer die skrywe oor “OUTOFAGIE.”

‘n Samevatting van vele studies se bevindinge gee min of meer die volgende uitkomste.

Wat gebeur met die liggaam in periodes van vas vir 72-uur.

1. Tussen 4 en 8 ure, verlaat alle voedsel die maag en pomp dit in die dunderm in.

2. In hierdie tydperke keer ‘n persoon se bloedglukose of bloedsuikervlakke na normaal toe. So ook insulienvlakke.

3. Na ongeveer 12 ure is/behoort die voedsel in die spysverteringskanaal verteer te wees, waarna die afval in die kolon gestort word. Die dunderm betree nou ‘n rusfase, waar daar natuurlike herstel in die wande en epiteelselle plaasvind.

4. Wanneer die derms in so ‘n rusfase ingaan, gaan die liggaam ook in ‘n helende tipe herstelfase in, en die liggaam se natuurlike gedrag is om selle wat beskadig is, nou te soek en te heel.

5. Dit is hier waar die sogenaamde “Human Growth Factor” uit die niet uit geproduseer word met ongeveer 50% verhoog. En met die verskyning gebeur die volgende;

a. Verhoed dat die afbreek van gesonde selle plaasvind. (Anti-kaboliese funksies).

b. Verbranding van gestoorde energie en vet in die spiere begin plaasvind

c. Veroudering van selle, spiere en bene en senuwees word teengewerk

d. Aktiveer die immuunstelsel om B- en T- selle te produseer, asook die belangrike NK-selle (Natuurlike Killer selle”) om patogene, protiste, virusse, bakterie, swamme en ook kankerselle en ander skadelike organismes te vernietig.

e. Slaapkwaliteit verhoog en verbeter

f. Spiere rus, wat beteken dit kry kans om te groei, te herstel en om te ontwikkel.

g. Gewrigsgesondheid verbeter en, kraakbeen toon wonderlike natuurlike herstel.

6. Tussen 14 en 16 uur skakel jou liggaam oor in ‘n dorsmasjien om gestoorde energie in die vorm van vet te gebruik, en as voedsel vir die liggaam om te skakel.

7. Die proses van outofagie word geaktiveer om en by 18-20 uur. Lees asb. die skrywe oor outofagie, wat ‘n natuurlike manier en metode is van die liggaam om die liggaam skoon te maak van alle verouderde selle. Dit sluit in, net om weer te beklemtoon, beskadigde selle, bakterie, virusse, skadelike patogene en alles wat nie in die liggaam hoort nie. Dit sluit ook swamme in die longe en in die sinusse wat sinus en hooikoors veroorsaak, protiste, wurms en ander parasiete.

8. By ongeveer by 24 uur, het die liggaam homself verander as nuwe hongerder stropermasjien wat op die ketone in die liggaam fokus, om dit te verbruik as voedsel.

9. Wanneer 36 uur bereik word met die watervas, verhoog outofagie in die liggaam met byna 300%. En fokus die immuunstelsel in die liggaam, om alle beheer in jou liggaam oor te neem sodat jy kan met gesondheid kan oorleef.

10. En by 48-uur, verhoog jou liggaam se produksie van die “Human Growth Hormone” na 500%. En fokus die immuunstelsel om alle faktore wat inflammasie veroorsaak in selle te vernietig. Wat inflammasie in die lyf dan drasties verminder.

Die rol, funksie en implikasies van die “HGH” hormoon

Die menslike groeihormoon (HGH), staan ook bekend as "somatotropien, 'n peptiedhormoon afgeskei deur die pituïtêre klier.

Dit het waarskynlik die mees belangrikste funksie in die stimulering van selgroei, selvoortplanting en selregenerasie by mense.

Die vrystelling van HGH word gereguleer deur die hipotalamus.

Daar is egter verskeie belangrike natuurlike stimuli wat die produksie van HGH stimuleer.

Dit sluit in goeie slaappatrone, oefening, breinvoedende dieet soos die gebruik van goeie proteïen in die vorm van vleis, neute, avokado, vis, hoender, eiers en genoegsame vet, en, die vermyding van statienmedikasie.

Wat is die funksies van HGH?

HGH is ‘n noodsaaklike hormoon tydens die kinderjare en ook adolessente jare, omdat dit die hormoon is vir die bevordering van fisiese ontwikkeling, metaboliese ontwikkeling, weefsel- en ook die generering van nuwe selle en ook die herstel daarvan. Ook die opbou van kognitiewe breinfunksies.

Die funksies van HGH

1. Bevordering van fisiese groei: HGH stimuleer die lewer om die groeifaktor (IGF-1) (‘n tipe insulien) te produseer, wat been- en kraakbeengroei bevorder.

2. Regulering van metabolisme: Dit verhoog vetmetabolisme, help met proteïensintese en gesonde omskakeling van koolhidrate.

3. Dit herstel nie net weefsel nie, dit regenereer weefsel herstel en regenerasie en is instrumenteel in die genesing van wonde, herstel van weefsels en die handhawing van spiermassa.

4. Kognitiewe funksie: HGH verbeter die gemoed, geheue en ook algehele breingesondheid.

Hoekom Ecohealth se “To Go” lysie van produkte.

1. Kolostrum is bekend vir sy volledige reeks natuurlike groeihormone, noodsaaklik vir breinontwikkeling by kinders en mense met beserings van soorte wat die brein kan en mag affekteer.

Kolostrum speel in die begin van lewe ‘n belangrike aktiveringsrol by breinontwikkeling om die selle wat moet ontwikkel, en ook belangrike groeifaktore te stimuleer.

2. Vele Literatuur bewys die invloed van kolostrum by die produksie van IgF-1, TGF-α & β. Kolostrum voorsien die voedingstowwe om vitale DNA en RNA in die liggaam te herstel.

Die formasie herstel sel en spierweefsel, regenerering en versnelling van beserings, kollageen in die vel, kraakbeen, senuweeselle, hartspiere, en nuwe bloedvate vir gesonde bloedsomloop. Veroorsaak deur beserings, trauma brandwonde, operasies, of inflammatoriese toestande in die liggaam.

3. So speel fulvicsuur, kollageen, kameelmelk, probiotika, Hippie shake, Omega-3 en magnesium kritieke rolle in die funksies van herstel in die vasproses.

21/02/2025

DROE BLOED ANNALIESE

Het jy:

• Moegheid, al het jy lank en goed geslaap?

• Kos Sensitiwiteit, en jy bou allergiee op vir enige os wat jy eet?

• Vel Probleme, soos ekseem/psoriase/aknee/uitslag?

• Gewigs Probleme, al eet jy reg en oefen?

• Lyf Pyn, asook gewrig en spier pyn?

• Soet lus, of dalk kan jy nie sonder jou brood?

• Maag Probleme, soos IBS, diarrhea, konstipasie, gas, sooibrand?

• Konsentrasie Probleme, soos "brain fog", stress, angs, hoofpyne.?

Ons mag kan help. Deur om 'n Droe Bloed Analiese te doen, kan ons moontlik bepaal waar kom die probleem vanaf. Die prent verteenwoordig 'n dermpatroon wat dermuitdagings impliseer soos dermontsteking (kolitis, enteritis), Candida, lekkende dermsindroom, strikture, divertikula of prikkelbare derm-sindroom kan insluit.

Die wit kolle in die middel van die monster gee vir ons 'n indikasie van wat in die ingewande gebeur, wat al die bogenoemde simptome kan veroorsaak.

BLOED LIEG NIE

Photos from Ecohealth Robertson 's post 16/02/2025

𝐈𝐧𝐭𝐞𝐫𝐞𝐬𝐭𝐢𝐧𝐠 𝐟𝐚𝐜𝐭𝐬 𝐚𝐛𝐨𝐮𝐭 𝐌𝐚𝐠𝐧𝐞𝐬𝐢𝐮𝐦 𝐃𝐞𝐟𝐢𝐜𝐢𝐞𝐧𝐜𝐲

𝐓𝐡𝐞 𝐟𝐨𝐥𝐥𝐨𝐰𝐢𝐧𝐠 𝐄𝐜𝐨𝐇𝐞𝐚𝐥𝐭𝐡 𝐏𝐫𝐨𝐝𝐮𝐜𝐭𝐬 𝐜𝐚𝐧 𝐚𝐬𝐬𝐢𝐬𝐭 :

𝐖𝐡𝐚𝐭 𝐚𝐫𝐞 𝐜𝐨𝐦𝐦𝐨𝐧 𝐰𝐚𝐫𝐧𝐢𝐧𝐠 𝐬𝐢𝐠𝐧𝐬 𝐨𝐟 𝐦𝐚𝐠𝐧𝐞𝐬𝐢𝐮𝐦 𝐝𝐞𝐟𝐢𝐜𝐢𝐞𝐧𝐜𝐲?
Twitches, cramps, mental health issues, fatigue, hypertension, asthma, and arrhythmia are common warning signs of magnesium deficiency.

𝐌𝐮𝐬𝐜𝐥𝐞 𝐓𝐰𝐢𝐭𝐜𝐡𝐞𝐬 𝐚𝐧𝐝 𝐂𝐫𝐚𝐦𝐩𝐬
Muscle twitches and cramps can be painful symptoms of magnesium deficiency. When your magnesium levels deplete, it’s harder for muscles to relax, leading to spasms and cramps.

𝐌𝐞𝐧𝐭𝐚𝐥 𝐇𝐞𝐚𝐥𝐭𝐡 𝐂𝐨𝐧𝐝𝐢𝐭𝐢𝐨𝐧𝐬
Deficiency in magnesium can contribute to various mental health conditions.

Anxiety is one mental health condition closely related to magnesium deficiency. Low magnesium levels can exacerbate feelings of stress and unease. Boosting magnesium intake may help alleviate some anxiety symptoms.

Depression can also be influenced by magnesium levels. Insufficient magnesium might worsen depressive symptoms while increasing magnesium intake could offer some relief.

Stress is yet another aspect of mental health that can be affected by magnesium deficiency. Remaining attentive to magnesium levels during periods of high stress can be essential for maintaining mental well-being.

𝐎𝐬𝐭𝐞𝐨𝐩𝐨𝐫𝐨𝐬𝐢𝐬
Osteoporosis is a condition where your bones become weak and brittle due to a lack of essential minerals, such as calcium and magnesium. As you age, the risk of developing osteoporosis increases, especially if you have a magnesium or vitamin D deficiency.

Magnesium plays a vital role in bone health, as it helps with the absorption and metabolism of calcium. A magnesium deficiency can lead to a decrease in bone density, making them more susceptible to fractures.

Vitamin D is also crucial in maintaining strong bones, as it aids in calcium absorption. A deficiency in vitamin D can further exacerbate the effects of a magnesium deficiency on your bone health.

Maintaining an adequate intake of magnesium and calcium, along with sufficient levels of vitamin D, is essential for maintaining strong and healthy bones and reducing the risk of osteoporosis.

𝐅𝐚𝐭𝐢𝐠𝐮𝐞 𝐚𝐧𝐝 𝐌𝐮𝐬𝐜𝐥𝐞 𝐖𝐞𝐚𝐤𝐧𝐞𝐬𝐬
When you have a magnesium deficiency, fatigue and muscle weakness can often occur. Low magnesium levels can affect your body’s ability to contract and relax muscles properly.

𝐇𝐢𝐠𝐡 𝐁𝐥𝐨𝐨𝐝 𝐏𝐫𝐞𝐬𝐬𝐮𝐫𝐞
Magnesium plays a crucial role in regulating blood pressure. Hypomagnesemia can lead to high blood pressure. This is because magnesium helps to relax and dilate blood vessels, allowing for proper blood flow.

Keep in mind that high blood pressure can also result from factors other than magnesium deficiency. Nonetheless, maintaining adequate magnesium levels is one aspect of supporting overall heart health and controlling blood pressure.

𝐀𝐬𝐭𝐡𝐦𝐚
Asthma is a condition that can be affected by magnesium deficiency.

Magnesium plays a crucial role in the function of your respiratory system by helping relax the bronchial muscles and expanding the airways. This allows more air to flow in and out of your lungs.

Photos from Ecohealth Robertson 's post 22/09/2024

MORINGA LEAVE EXTRACT CAPSULES 60 @ R155 (excl delivery cost)

Moringa powder possesses tissue protecting properties thanks to its abudance of proteins, minerals, amigo acids, antioxidants, and flavonoids.
These beneficial components can have a positive impact on the liver, kidneys heart and lungs

Moringa is also effective against a wide range of bacteria and fungi including those that cause gastric ulcers and gastric cancer

Moringa Oleifera may also assist with the following:

* Lowering Blood Sugar levels
* Reducing Inflammation
* Lowering Cholestrol
* Protecting against arsenic
toxicity

WARNING :
Please avoid when taking Blood Thinners

Photos from Ecohealth Robertson 's post 04/09/2024

ECOHEALTH : KIDDIE SHAKE

Beskikbare verpakkings :

600g
40g

Ook beskikbaar in Lactose Free : Strawberry
600g
40g

Versterk jou kind se gesondheid met hierdie heerlike Shake

Dit bevat 'n uitgebreide lys van vitamiene en minerale om breinontwikkeling en konsentrasie te bevorder. Die Kiddies Shake is ideaal vir kinders en bevat kolostrum in verskillende geure, met toegevoegde kollageen om die ontwikkelende spierstelsel te ondersteun, beenvorming en beendigtheid te bevorder.

Beskikbaar in : Aarbei, Vanilla of Sjokolade

04/09/2024
Want your business to be the top-listed Beauty Salon in Robertson?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address


Robertson

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ecohealth Robertson posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Robertson.