Women Who Pause
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Women Who Pause, Health/Beauty, Stellenbosch.
07/09/2026
ADHD en menopouse — ’n kombinasie waaroor ons nog veels te min praat.
Ek het verlede week die Suid-Afrikaanse Multi-dissiplinêre ADHD kongres bygewoon en een van die temas wat my weer opgeval het, is hoe sterk hormonale veranderinge ADHD-simptome deur ’n vrou se lewe kan beïnvloed.
Tydens perimenopouse begin estrogeen meer wissel en uiteindelik daal. Vir sommige vroue met ADHD kan hierdie fase gepaardgaan met ’n merkbare verergering van simptome soos:
• konsentrasieprobleme en “brain fog”
• vergeetagtigheid
• sukkel om te organiseer en take klaar te maak
• emosionele disregulasie
• oorweldiging
• slaap- en gemoedsprobleme
En soms is dit juis in perimenopouse dat ’n vrou vir die eerste keer begin wonder: “Hoekom kry ek skielik nie meer alles bymekaar gehou soos voorheen nie?”
Dit beteken natuurlik nie dat elke vrou met breinmis of konsentrasieprobleme ADHD het nie. Menopouse, slaaptekort, angs, depressie en ander mediese faktore kan baie soortgelyke simptome veroorsaak.
Maar die belangrikste boodskap vir my: ons moet vroue se breingesondheid én hormonale gesondheid saam beskou.
Nog ’n herinnering dat menopouse oor baie meer as warm gloede gaan. 🌿
28/08/2026
Wat ’n besondere aand by die Silwerskermfees ✨
Meer as warm gloede het verlede week sy première gehad — en hoe spesiaal om deel te kon wees van ’n reeks wat ’n gesprek oopmaak waaroor ons eintlik lankal baie meer moes praat: menopouse.
Nie net warm gloede nie. Nie net hormone nie. Maar vroue se liggame, gesondheid, verhoudings, en welstand in hierdie lewensfase.
Vir my was dit ook besonders om al die mense agter die skerms te ontmoet, veral die vroue wat hulle treffende stories vertel en om saam die eindproduk op die groot skerm te sien.
Ons sien baie uit daarna dat julle dit binnekort ook kan kyk — en dat ons die gesprek saamsaam verder kan voer.
Ons (Renscha en Amelia) is baie opgewonde om deel van hierdie dokumentêr te kan wees en op hierdie manier saamsaam die stories en feite rondom menopause te deel met meer vroue in ons land.
Meer as Warm Gloede premiére vanjaar by die Silwerskermfees!
Meer as Warm Gloede is ’n vierdelige Afrikaanse dokumentêre reeks wat die stilte en mites rondom menopouse breek. Ons volg Antoinette Louw se persoonlike reis en ontmoet Suid-Afrikaanse vroue, dokters en kenners wat eerlik praat oor wat werklik verander: van slaap, hormone en emosies tot breinfunksie, identiteit, verhoudings en intimiteit.
Maar jy hoef nie noodwendig die Silwerskermfees by te woon om ’n eerste kykie te kry nie.
As deel van vanjaar se Artscape Women’s Humanity Festival, bied ons ’n spesiale vertoning van Episode 1 aan:
📍 Artscape, Kaapstad
📅 Saterdag 22 Augustus 2026
⏰ 10:00–12:00
Let wel: Die RSVP skakel is onder in die kommentaar.
In Episode 1 ontmasker Antoinette mites rondom menopouse, ondersoek ons die rol van hormone en kyk ons na die langdurige impak van die 2002 WHI-studie.
En onder dit alles lê ’n vraag wat soveel vroue herken:
*Waarom is ons steeds so onvoorbereid op menopouse?*
Indien jou Augustus reeds te besig is, moet nie bekommer nie! Ons maak in Oktober ’n draai by die *Toyota Stellenbosch Woordfees*. Kom kyk, luister en praat saam met ons. 🌸
Meer as Warm Gloede is vanaf Desember 2026 op kykNET, kanaal 144 te sien.
14/02/2026
Gelukkige Valentynsdag! Stop ‘n oomblik en luister na jou hart.
Stuur hierdie vir ‘n vriendin, of ‘tag’/merk iemand in die ‘comments’ om ons hart aftiklysie te ontvang.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
Stellenbosch