Ruah Upington
Hemelse bederf vir bad, stort of net in en om die huis. Natuurlike kruie wat gebruik word vir die vervaardiging van lyfsorg produkte, eie aan Suid-Afrika.
17/08/2022
Skrop die winter weg... Begin jou lyf voor te berei vir die somer! RUAH se Soutskrop is verryk met ons unieke mengsel van plaaslik vervaardigde essensiële olies en botaniese geure. Vryf dit mildelik oor jou hele lyf en fokus veral op die droë dele - dié formulasie verbeter bloedsomloop en bevorder só ‘n sagte vel. Wees voorbereid en lyk jou beste vir die somer: bestel hierdie koester produk vandag nog! Daar is grootmaat en klein potjies soutskrop by AITSA! beskikbaar! Aitsa
18/05/2022
Ons drie top verkoper!!! Lafenis vir jou vel met Ruah se lyfbotter. N heerlike afskilfering met ons soutskrop en maak van bad- of storttyd n fees met die ryk, skuimryke wasolie!! Produkte beskikbaar by Aitsa of kontak my vir spesiale bestellings, salonprodukte of geskenkbokse.
22/04/2022
Dankie Upington!
15/03/2022
Haal asem... Bederf jouself... Jy verdien dit! Kontak my gerus vir enige bestellings. Hou die blad dop vir Maart se spesiale aanbieding.
09/07/2021
Die winter slaan nou eers toe! Raak ontslae van daardie wintervel, vertrou Ruah produkte om jou vel op te kikker en te voed. Kontak my vir enige navrae.
17/05/2021
Tap daai bad en laat die geur van Roosmalva, Tiemie en Bergamot jou wegvoer na `n plek van vrede en ontspanning. Ruah se badmelk is geskik vir enige veltipe en alhoewel dit jou vel bevog en voed, maak dit nie olierig of taai nie. Hierdie is `n topverkope en soos die Engelse sê "a little goes a long way!"
14/05/2021
Wat is dan nou lekkerder as `n heerlike koppie tee in die winter. Maak van elke koppie `n spesiale geleentheid, met Ruah se Lavendula heuning en Lavendula suiker. Gebruik ook die suiker in jou ander gebak om dit `n besonderse smaak te gee.
13/05/2021
Die winter is op ons! Sorg dat jy wintergereed is met ons Ruah lyfreeks. Nou is die tyd om af te skilfer en te bevog. Maak gebruik van ons soutskrop vir `n heerlike afskilfering en dit voed ook die vel. Die lyfbotter is `n hemelse bederf met luukse reuke en geure en gee jou vel nie kans om ooit droog voor te kom nie. Bestel enige produkte is Mei ter waarde van R350.00 en kry gratis koerier.
05/05/2021
Ruah stel bekend die nuwe diffusers in verskillende ontwerpe. Geure en reuke se gewildheid het die afgelope jaar baie toegeneem en almal wil iets mooi hê wat na iets lekker ruik! Hoekom dan nie n pragtige diffuser koop en dit verryk met ons essensiële olies in lavendula, roosmaryn of roosmalva nie.
Die winter is op ons! Of jy nou reinig, afskilfer of bevog-doen dit met Ruah!
18/02/2021
Skep `n rustige en kalmerende atmosfeer in jou slaapkamer met Ruah se Slaapsag en ons lieflike kruiekerse. Hierdie produkte skep nie net geurige en salige ruimtes nie, maar help ook met daardie alewige hooikoors en toe neus. Sproei die slaapsag op jou kopkussing en word weggevoer na `n salige, diep slaap. Geskik vir alle ouderdomme.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Website
Address
Upington
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 17:00 |
| Tuesday | 09:00 - 17:00 |
| Wednesday | 09:00 - 17:00 |
| Thursday | 09:00 - 17:00 |
| Friday | 09:00 - 17:00 |
| Saturday | 09:00 - 17:00 |