Kydelé
Die "kroon" simboliseer eer, trots en vroulikheid – maar nie een wat blink van goud nie, eerder een wat gebou is met dade van omgee.
"Deernis" beteken diepe medelye, omgee en sagtheid. Dit is die tipe liefde wat nie net voel nie, maar iets doén.
29/05/2026
🌸✨ 𝗪𝗮𝘁 ’𝗻 𝗼𝗻𝗴𝗲𝗹𝗼𝗼𝗳𝗹𝗶𝗸𝗲 𝗿𝗲𝗶𝘀!✨🌸
Ek is opreg dankbaar om te kan deel dat ek as
𝟮𝗱𝗲 𝗣𝗿𝗶𝗻𝘀𝗲𝘀 by Mej Upington Skoukoningin 2026 gekroon is 👑💖
Hierdie ervaring was soveel meer as net ’n kompetisie vir my — dit was ’n reis van groei, selfvertroue, nuwe vriendskappe en onvergeetlike oomblikke.
Aan my 𝗺𝗲𝗱𝗲-𝗳𝗶𝗻𝗮𝗹𝗶𝘀𝘁𝗲: julle was almal pragtig, sterk en inspirerend. Ek is dankbaar dat ek saam met elkeen van julle hierdie ervaring kon deel 🌷 Julle het elkeen iets spesiaals na die verhoog gebring.
Aan die Awesome 𝗚𝗹𝗮𝗺 𝗦𝗾𝗮𝘂𝗱
💄✨ Make-Up WV Make-up Artistry
💇♀️ Hare carstens Mooi nooi
💃 Elite Modeling Academy Yolande Fourie
baie dankie vir julle talent, geduld en harde werk agter die skerms. Julle het my laat voel en lyk op my beste 💄✨ Ek waardeer julle baie!
Dankie ook aan die 𝗼𝗿𝗴𝗮𝗻𝗶𝘀𝗲𝗲𝗿𝗱𝗲𝗿𝘀
Ansori Badenhorst JP En Mandi Windt , vir die geleentheid en platform om te groei en te skyn en ons 𝗕𝗲𝗼𝗼𝗿𝗱𝗲𝗹𝗮𝗮𝗿𝘀 van 2026
Len Fourie strauss Jeannette En Riccardo Borghesi Visser Ramolefi
Ek stap vorentoe met ’n dankbare hart en soveel trots op wat ons almal bereik het 💖
All rounder😃 Toks Bosman
En natuurlik my Familie my grootste steunpilare en supporters. 🩷 Christil Oosthuizen
25/05/2026
💜🌸 Vandag kon ons ook die jong meisies van Laerskool Upington ondersteun deur sanitêre produkte af te gee. 🌸💜
Vir baie mense lyk dit dalk klein, maar vir ’n jong meisie beteken dit waardigheid, selfvertroue en die gevoel dat sy raakgesien word. ✨
Dit bly vir my ongelooflik spesiaal om deur “Sponsor ’n Boks” hoop te kan gee en ’n verskil te maak waar dit die nodigste is. 🤍
Dankie aan elke persoon wat help om hierdie projek moontlik te maak. Saam raak ons lewens aan. 💫
💜
Mej Upington Skoukoningin Upington Landbou Expo
25/05/2026
🐾💜 Vandag kon ek ook ’n bydrae maak deur hondekos aan RAW te skenk. 💜🐾
Elke klein gebaar van liefde en omgee maak ’n groot verskil vir diere wat sorg en beskerming nodig het. ✨
Dankie aan Rescue Animal Welfare vir die ongelooflike werk wat julle doen vir ons viervoetige vriende. 🤍
🌸 Wanneer ons saamstaan, kan ons nie net mense help nie — maar ook die stemloses wat ons nodig het. 🌸
🐾💜
Mej Upington Skoukoningin Upington Landbou Expo
25/05/2026
💜🌸 Vandag kon ek Kydele Oosthuizen met liefde 2 bokse sanitêre produkte aan Prudence se “Help A Sister” campaign oorhandig. 🌸💜
Die liefde en ondersteuning vir hierdie projek is ongelooflik mooi om te sien, en dit wys net weer hoeveel mense bereid is om saam ’n verskil te maak. ✨
Elke donasie bring hoop, waardigheid en ondersteuning aan jong meisies wat dit die nodigste het.
Dankie Prudence Duiker vir jou passie en mooi hart vir die gemeenskap🩷
💜
Mej Upington Skoukoningin Upington Landbou Expo
24/05/2026
✨👑 Die wagtyd is amper verby!
Kom ondersteun ons ongelooflike Mej. Mej Upington Skoukoningin Finaliste 2026 terwyl hulle die verhoog by Upington Landbou Expo laat skitter met selfvertroue en styl! 💜🌟
En asof dit nie genoeg is nie… 🎶
Die aand word nóg groter met LIVE optrede deur Intrusive Band! 🔥🎤
📍 Upington Landbou Expo
📅 Donderdag, 28 Mei 2026
⏰ 19:00
Dis meer as net ’n kompetisie — dis ’n viering van ons gemeenskap, talent en trots! 💫👑
24/05/2026
💪🌾 Vandag wil ek net ’n oomblik vat om waardering te wys vir die hardwerkende manne van 🌾💪
Dankie vir julle harde werk, deursettingsvermoë en alles wat julle elke dag doen — selfs in moeilike omstandighede. Julle opoffering en toewyding gaan nie ongesiens verby nie. 🤍
Dis mense soos julle wat gemeenskappe sterk hou en inspireer met julle krag en nederigheid. ✨
Mag julle altyd weet dat julle waardeer word. 🌟
💪🌾 Mej Upington Skoukoningin Upington Landbou Expo
24/05/2026
💜✨ Dit was vir my ’n groot voorreg om ’n donasie aan Jogebed Care Centre Upington te kon oorhandig. ✨💜
Elke bydrae, groot of klein, bring hoop, liefde en ondersteuning aan kinders wat dit die nodigste het. 🤍
Dankie aan elke persoon wat help om hierdie mooi oomblikke moontlik te maak — saam kan ons werklik ’n verskil maak in iemand se lewe. 🌸
✨ Kindness costs nothing, but means everything. ✨ Mej Upington Skoukoningin
💜
Upington Landbou Expo
24/05/2026
Wat 'n voorreg!
Dankie vir die geleentheid.
21/05/2026
🌿 Skenking aan Oranjehof Huis vir Bejaardes– Sponsor ’n Boks Projek 🌿
Ons hart is vol dankbaarheid 💛
As deel van ons Mej Upington Skoukoningin Finalis Sponsor ’n Boks projek het ons vandag ’n spesiale donasie oorhandig aan die inwoners van Oranjehof Ouetehuis 🏡
Met liefde saamgestel en gevul met klein noodsaaklikhede en bederfies — net om ’n glimlag te bring en te wys dat hulle nie vergeet word nie 🎁✨
Dit is vir ons ’n voorreg om deel te wees van ’n projek wat omgee, waardigheid en menslikheid bevorder.
Dankie aan elke sponsor en bydrae wat dit moontlik gemaak het 🙏
Saam maak ons ’n verskil — een boksie op ’n slag 💛 Kydele Oosthuizen Toks Bosman Mr & Miss / Mrs Northern Cape Provincial Pageant
21/05/2026
🌿 Acts of Kindness by of Sharon 🌿
Deel saam met ons nog ’n mooi oomblik van omgee en liefde 💛
Kydele Oosthuizen , saam met Mrs Northern Cape, Toks Bosman ,het by die Rose of Sharon DayCarel vir die kleintjies spesiale bederfies gaan uitdeel 🍬🎁
Die glimlaggies, opgewondenheid en dankbare hartjies herinner ons weer hoe klein gebare ’n groot impak kan hê op ’n kind se dag 🌼
Dankie aan elkeen wat help om vriendelikheid te versprei — een kindertjie op ’n slag 💛
https://www.facebook.com/roseof.sharon.517666
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
Cnr Dr Nelson Mandela Dr And Van Riebeeck St
Upington
8801