'n Eenstop skoonheidsalon vir Mans in die Goudveld streek, want mans mag ook bederf word! Dit is nie meer snaaks om al jou lyfhare af te skeer nie.
Enthooz Tydskrif se mode-en skoonheid rubriekskrywer, Divan Cross, voeg eersdaags self daad by sy woorde met die bekendstelling van KAALKOP Mans Skoonheidsalon in die Goudveld streek. Divan wou al baie jare hierdie mark betree en deur baie navorsing vir sy maandelikse rubrieke en vele onderhoude met plaaslike mode-en styl ikone in ons streek, het die KAALKOP-idee ontstaan.
“Mans is vandag baie me
er bewus oor hul voorkoms. Hulle spandeer baie meer tyd aan hulself en dit raak ʼn algemene verskynsel dat mans vir salonbehandelings gaan. In Kaapstad en Johannesburg is mans-skoonheidsalonne reeds ʼn algemene verskynsel. Mans oefen hard in die gym om goed te lyk en hul uiterlike voorkoms moet dit beklemtoon, sodat hulle goed kan voel oor hulself. Die meeste vroue verkies hare by mans op die regte plekke, maar hulle wil ook nie ʼn bed deel met ʼn bosaap nie.”
Die naam KAALKOP het ontstaan omdat baie mans in hierdie moderne tye met haarverlies sukkel, en dan besluit om al hul hare af te skeer. “Die vêre maak nie die voël nie!” Dit verwys ook na moderne mans en liggaamsbouers wat nie van lyfhare hou nie. Divan is ook ‘n groot aanhanger van Nataniel en daar word soms bespiegel dat hul dalk kaalkopbroers kon wees. Hoe eet mens ʼn olifant? Jy eet hom stukkie vir stukkie... daarom word fase 1 van hierdie moderne skoonheidsalon eersdaags in aksie gesit met ’n MOBIELE weergawe wat die volgende dienste (professioneel en diskreet) gaan aanbied:
DIE KAPSEL: (Hare)
Die Kaalkopsnit
Basiese Knipper Style (with Fading)
Die Verfkwas (Haarkleur)
Sonstrepe
Wyse Gryse (Platinum Kleur)
SNOEISKÊR: (Body clean-cut/Trimming)
Die Kaallyf (Vir die mans met die spiere)
Rug
Bors
Arms
Bene
Oor-, oog- en neushare
Die Mielielande
SONBRAND:
Blik-bruin (Self-tan produkte en aanwending)
Ander dienste wat later in Fase 2 by die salon beskikbaar sal wees, sluit in ʼn moderne manshaarsalon (Barber) vir haarsnitte en baarde, vollyf waks (waxing), gesigbehandelings, masserings, spuitverf (Spray-tan) en skoonheidsprodukte. Daar is ook ‘n idee van eksklusiewe en moderne mansonderklere en swemklere in Fase 3. Hou gerus hierdie blad dop vir meer inligting.