Lanie's Nails Worcester
Lanie's Nails' first priority is it's clients happiness. Most woman love doing their nails, as beaut
Aan al my wonderlike kliënte van die afgelope 4 jaar...
Baie dankie vir elkeen se ondersteuning deur die jare. Ek was so bevoorreg gewees om meeste van julle op 'n ander vlak te leer ken, en daarvoor sal ek vir altyd dankbaar wees.
Ek het gemengde gevoelens oor hierdie post... Aan die eenkant is ek vreeslik hartseer en aan die anderkant is ek ongelooflik opgewonde! Die tyd het aangebreek waar ek ongelukkig vir Lanie's Nails gaan sluit - my tydelike geleentheid wat oor my pad gekom het so 4 maande terug het verander in 'n permanente pos, en begin ek Maandag.
Ek wil vir julle vra om asb vir Melanie by Mel's Nails te ondersteun - meeste van julle het haar leer ken toe sy by my in die salon gewerk het en weet dat haar werk goed en netjies is.
My hart loop oor van dankbaarheid en was ek so geseënd hierdie 4 jaar - verskriklik baie dankie vir elkeen se aandeel 🙏🏻
Alles wat mooi is vir julle awesome dames , miskien eendag kruis ons paaie weer♥️
16/05/2022
Dankie dat julle my steeds ondersteun, al is omstandighede nou anders - ek waardeer julle so baie 🤍❤
Ek hoop elkeen van julle het 'n wonderlike, geseënde Paasnaweek gehad😇🐇🧡
Daar het so tydjie terug 'n geleentheid oor my pad gekom waarvoor ek nie kon nee sê nie. 'n Halfdag pos by een van ons pediaters op Worcester- en soos baie van julle weet, geniet ek elke oomblik van naels doen, maar is kinders my ander passie. Dus, kon ek nie dit deur my vingers laat glip nie.
Moenie bekommerd wees nie, ek gaan steeds naels doen, dinge gaan net so klein bietjie verander. Vanaf die week sal ek slegs van 9h00 tot 11h30 beskikbaar wees, en dan weer volgende week 13h30 tot 17h30. So een week middae, die week daarna soggens.
Ek vra groot onverskoning vir enige ongerief. Ek hoop ek sal steeds al my dames sien🤗🥰
Baie liefde
Lanie # # #
07/04/2022
Hierdie was vir my 'n baie spesiale set...
N ongelooflike sterk vrou met soveel hartseer, maar wat haar kop om hoog hou.
D**k dis een rede waarom ek so dankbaar is vir hierdie tipe werk wat ek doen - ek hoor so baie verhale by verskillende mense, en dit maak my opreg dankbaar vir al die mooi in my lewe. Een ding wat ek verseker al geleer het is, al lyk iemand van buite heeltemal oky, sê dit nie dat hulle hart oky is nie.
Mag die Here jou koester, en vrede oor jou hart spoel my liewe mens. Jy is nooit alleen nie 🤗🤍
06/04/2022
Early Morning French
04/04/2022
Wanneer kliënte 'n afspraak maak vir 'n soak en nuwe set weet ek nooit in watter toestand die naels gaan lyk nie...
As hulle by my kom sit na byna 'n maand en die naels is nog "perfek" (net uitgegroei) maak dit my hart so warm🥰
Dankie vir jou ondersteuning xoxo
23/03/2022
Dis altyd so lekker om julle naels mooi te maak - julle daardie bietjie ekstra selfvertroue te gee❤️
11/03/2022
Dit is die lekkerste gevoel, om hierdie tipe terugvoering te kry🥰🥰
02/03/2022
Amazing hoe elkeen se smaak verskil🤩
Elke dag is 'n avontuur - nooit een dag dieselfde nie.
Dankie vir julle ondersteuning dames
# # #
01/02/2022
Dis mos hoe mens die nuwe jaar ingaan - met mooi naels 🤩💅🏻
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
69 Tulbagh Street
Worcester
6850
Opening Hours
| Monday | 09:00 - 18:00 |
| Tuesday | 09:00 - 18:00 |
| Wednesday | 09:00 - 18:00 |
| Thursday | 09:00 - 18:00 |
| Friday | 09:00 - 17:00 |
| Saturday | 09:00 - 13:00 |